Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Reis 10

SYNOD

Die koningin van Skeba kom Salomo besoek.

1 EN toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die Here, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.

2 En sy het na Jerusalem gekom met 'n baie groot trek, met kamele wat speserye en 'n menigte goud en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.

3 En Salomo het haar al haar woorde verklaar; geen woord was vir die koning te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.

4 Toe die koningin van Skeba dan al die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,

5 en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die Here, was daar in haar geen gees meer nie.

6 Daarop sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid;

7 en ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het.

8 Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor.

9 Geloofd sy die Here u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die Here Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.

10 Verder het sy aan die koning honderd-en-twintig talente goud en 'n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; daar het nooit weer so 'n menigte speserye ingekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.

11 Maar ook die skepe van Hiram wat goud uit Ofir gaan haal het, het uit Ofir 'n groot menigte sandelhout en edelgesteentes gebring.

12 En van die sandelhout het die koning trapleunings gemaak vir die huis van die Here en die huis van die koning, en siters en harpe vir die sangers; so het daar geen sandelhout ingekom en is daar nie gesien tot vandag toe nie.

13 En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee wat sy gevra het, bo wat hy haar na die vermoë van koning Salomo gegee het. Daarop het sy omgedraai en na haar land getrek, sy en haar dienaars.

Rykdom, weelde en roem van Salomo.

14 EN die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was seshonderd-ses-en-sestig talente goud,

15 behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die wins van die handelaars en van al die konings van die gemengde bevolking en van die goewerneurs van die land.

16 En koning Salomo het tweehonderd groot skilde van geslae goud gemaak; seshonderd sikkels goud het hy op elke groot skild gebruik;

17 en driehonderd klein skilde van geslae goud; drie mines goud het hy op elke klein skild gebruik, en die koning het dit in die huis van die Líbanon-bos gesit.

18 Verder het die koning 'n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.

19 Die troon het ses trappe gehad, en die kopstuk van die troon was van agter rond, en aan weerskante was trapleunings by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan.

20 Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan; so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie.

21 En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die Líbanon-bos van fyn goud; silwer was daar nie by nie: dit is in die dae van Salomo as niks gereken nie.

22 Want die koning het Tarsis-skepe op die see gehad by die skepe van Hiram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue.

23 So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde, in rykdom en wysheid.

24 En die hele wêreld het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,

25 terwyl elkeen van hulle sy geskenk saambring: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere en wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar.

26 Verder het Salomo strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertienhonderd waens en twaalfduisend perderuiters gehad het; en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.

27 Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.

28 En die uitvoer van perde vir Salomo was uit Egipte en uit Kwé; handelaars van die koning het dit uit Kwé gaan haal teen koopprys.

29 En 'n wa het uit Egipte opgekom, en dit is verkoop vir seshonderd sikkels silwer, en 'n perd vir honderd-en-vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en vir die konings van Aram deur hulle uitgevoer.

1 Глава 10. [1]2 Пар 9:1.Мф 12:42.Лк 11:31. Царица Савская, услышав о славе Соломона во имя Господа, пришла испытать его загадками. 2 И пришла она в Иерусалим с весьма большим богатством: верблюды навьючены были благовониями и великим множеством золота и драгоценными камнями; и пришла к Соломону и беседовала с ним обо всем, что было у нее на сердце. 3 [3]2 Пар 9:2. И объяснил ей Соломон все слова ее, и не было ничего незнакомого царю, чего бы он не изъяснил ей. 4 [4]2 Пар 9:3. И увидела царица Савская всю мудрость Соломона и дом, который он построил, 5 и пищу за столом его, и жилище рабов его, и стройность слуг его, и одежду их, и виночерпиев его, и всесожжения его, которые он приносил в храме Господнем. И не могла она более удержаться 6 [6]2 Пар 9:5. и сказала царю: верно то, что я слышала в земле своей о делах твоих и о мудрости твоей; 7 но я не верила словам, доколе не пришла, и не увидели глаза мои: и вот, мне и вполовину не сказано; мудрости и богатства у тебя больше, нежели как я слышала. 8 [8]2 Пар 9:7.Лк 2:47.Откр 7:15. Блаженны люди твои и блаженны сии слуги твои, которые всегда предстоят пред тобою и слышат мудрость твою! 9 Да будет благословен Господь Бог твой, Который благоволил посадить тебя на престол Израилев! Господь, по вечной любви Своей к Израилю, поставил тебя царем, творить суд и правду. 10 [10]2 Пар 9:9. И подарила она царю сто двадцать талантов золота и великое множество благовоний и драгоценные камни; никогда еще не приходило такого множества благовоний, какое подарила царица Савская царю Соломону. 11 И корабль Хирамов, который привозил золото из Офира, привез из Офира великое множество красного дерева и драгоценных камней. 12 [12]Еккл 2:8. И сделал царь из сего красного дерева перила для храма Господня и для дома царского, и гусли и псалтири для певцов; никогда не приходило столько красного дерева и не видано было до сего дня. 13 [13]2 Пар 9:12. И царь Соломон дал царице Савской все, чего она желала и чего просила, сверх того, что подарил ей царь Соломон своими руками. И отправилась она обратно в свою землю, она и все слуги ее.

14 [14]2 Пар 9:13. В золоте, которое приходило Соломону в каждый год, весу было шестьсот шестьдесят шесть талантов золотых, 15 сверх того, что получаемо было от разносчиков товара и от торговли купцов, и от всех царей Аравийских и от областных начальников. 16 [16]3 Цар 14:26. И сделал царь Соломон двести больших щитов из кованого золота, по шестисот сиклей пошло на каждый щит; 17 [17]Иер 46:3. и триста меньших щитов из кованого золота, по три мины золота пошло на каждый щит; и поставил их царь в доме из Ливанского дерева. 18 [18]2 Пар 9:17. И сделал царь большой престол из слоновой кости и обложил его чистым золотом; 19 к престолу было шесть ступеней; верх сзади у престола был круглый, и были с обеих сторон у места сиденья локотники, и два льва стояли у локотников; 20 и еще двенадцать львов стояли там на шести ступенях по обе стороны. Подобного сему не бывало ни в одном царстве. 21 [21]2 Пар 9:20. И все сосуды для питья у царя Соломона были золотые, и все сосуды в доме из Ливанского дерева были из чистого золота; из серебра ничего не было, потому что серебро во дни Соломоновы считалось ни за что; 22 [22]3 Цар 9:27.2 Пар 9:21. ибо у царя был на море Фарсисский корабль с кораблем Хирамовым; в три года раз приходил Фарсисский корабль, привозивший золото и серебро, и слоновую кость, и обезьян, и павлинов.

23 [23]3 Цар 3:12.2 Пар 1:1;9:22. Царь Соломон превосходил всех царей земли богатством и мудростью. 24 И все [цари] на земле искали видеть Соломона, чтобы послушать мудрости его, которую вложил Бог в сердце его. 25 И они подносили ему, каждый от себя, в дар: сосуды серебряные и сосуды золотые, и одежды, и оружие, и благовония, коней и мулов, каждый год. 26 [26]2 Пар 1:14. И набрал Соломон колесниц и всадников; у него было тысяча четыреста колесниц10:26 В греческом переводе: сорок тысяч коней колесничных. и двенадцать тысяч всадников; и разместил он их по колесничным городам и при царе в Иерусалиме. [И господствовал он над всеми морями от реки до земли Филистимской и до пределов Египта.] 27 [27]2 Пар 1:15. И сделал царь серебро в Иерусалиме равноценным с простыми камнями, а кедры, по их множеству, сделал равноценными с сикоморами, растущими на низких местах. 28 [28]Втор 17:16.2 Пар 1:16. Коней же царю Соломону приводили из Египта и из Кувы; царские купцы покупали их из Кувы за деньги. 29 Колесница из Египта получаема и доставляема была за шестьсот сиклей серебра, а конь за сто пятьдесят. Таким же образом они руками своими доставляли все это царям Хеттейским и царям Арамейским.

Veja também