Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Reis 13

SYNOD

Jóahas en Joas konings van Israel.

1 IN die drie-en-twintigste jaar van Joas, die seun van Ahásia, die koning van Juda, het Jóahas, die seun van Jehu, koning geword oor Israel in Samaría sewentien jaar lank.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here, en agter die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aan geloop; hy het daar nie van afgewyk nie.

3 Daarom het die toorn van die Here teen Israel ontvlam, sodat Hy hulle oorgegee het in die hand van Hásael, die koning van Aram, en in die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, al die dae.

4 Maar Jóahas het die aangesig van die Here om genade gesmeek. Toe verhoor die Here hom, want Hy het die verdrukking van Israel gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk.

5 (Die Here het aan Israel 'n verlosser gegee, sodat hulle onder die mag van Aram uitgekom het en die kinders van Israel in hul tente kon woon soos gister en eergister.

6 Nogtans het hulle nie afgewyk van die sondes van die huis van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel, en selfs die heilige boomstam het in Samaría bly staan.)

7 Voorwaar, hy het vir Jóahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tienduisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.

8 En die verdere geskiedenis van Jóahas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

9 En Jóahas het ontslaap met sy vaders en is in Samaría begrawe, en sy seun Joas het in sy plek koning geword.

10 In die sewen-en-dertigste jaar van Joas, die koning van Juda, het Joas, die seun van Jóahas, koning geword oor Israel in Samaría sestien jaar lank.

11 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here; hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel.

12 En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy teen Amásia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

13 En Joas het ontslaap met sy vaders, en Jeróbeam het op sy troon gaan sit; en Joas is begrawe in Samaría by die konings van Israel.

Dood van Elísa.

14 EN toe Elísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!

15 Daarop Elísa vir hom: Neem 'n boog en pyle. En hy het vir hom 'n boog en pyle geneem.

16 En hy vir die koning van Israel: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê.

17 Verder hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa : Skiet! En hy het geskiet. Toe hy: 'n Pyl van oorwinning van die Here en 'n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek.

18 Verder hy: Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe hy vir die koning van Israel: Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou.

19 Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en : Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan.

20 Daarna het Elísa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar.

21 En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van Elísa gegooi; en toe die man met die gebeente van Elísa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.

22 En Hásael, die koning van Aram, het Israel verdruk al die dae van Jóahas.

23 Maar die Here was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm en Hom tot hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob; en Hy wou hulle nie vernietig en tot nog toe nie van sy aangesig wegwerp nie.

24 En Hásael, die koning van Aram, het gesterwe; en sy seun Bénhadad het in sy plek koning geword.

25 En Joas, die seun van Jóahas, het weer die stede uit die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, teruggeneem wat hy aan sy vader Jóahas in die oorlog ontruk het; Joas het hom drie maal verslaan en die stede van Israel herower.

1 В двадцать третий год Иоаса, сына Охозиина, царя Иудейского, воцарился Иоахаз, сын Ииуя, над Израилем в Самарии, и царствовал семнадцать лет, 2 Глава 13. [2]4 Цар 10:29;14:24;15:9. и делал неугодное в очах Господних, и ходил в грехах Иеровоама, сына Наватова, который ввел Израиля в грех, и не отставал от них. 3 [3]3 Цар 19:15,17.4 Цар 8:12.Ам 1:4. И возгорелся гнев Господа на Израиля, и Он предавал их в руку Азаила, царя Сирийского, и в руку Венадада, сына Азаилова, во все дни. 4 И помолился Иоахаз лицу Господню, и услышал его Господь, потому что видел стеснение Израильтян, как теснил их царь Сирийский. 5 [5]4 Цар 14:17. И дал Господь Израильтянам избавителя, и вышли они из-под руки Сириян, и жили сыны Израилевы в шатрах своих, как вчера и третьего дня. 6 Однакож не отступали от грехов дома Иеровоама, который ввел Израиля в грех; ходили в них, и дубрава стояла в Самарии. 7 [7]4 Цар 8:12.2 Пар 24:23. У Иоахаза оставалось войска только пятьдесят всадников, десять колесниц и десять тысяч пеших, оттого, что истребил их царь Сирийский и обратил их в прах на попрание.

8 Прочее об Иоахазе и обо всем, что он сделал, и о мужественных подвигах его, написано в летописи царей Израильских. 9 И почил Иоахаз с отцами своими, и похоронили его в Самарии. И воцарился Иоас, сын его, вместо него.

10 В тридцать седьмой год Иоаса, царя Иудейского, воцарился Иоас, сын Иоахазов, над Израилем в Самарии, и царствовал шестнадцать лет, 11 [11]4 Цар 13:2;14:24. и делал неугодное в очах Господних; не отставал от всех грехов Иеровоама, сына Наватова, который ввел Израиля в грех, но ходил в них.

12 [12]2 Пар 25:17.4 Цар 14:8. Прочее об Иоасе и обо всем, что он сделал, и о мужественных подвигах его, как он воевал с Амасиею, царем Иудейским, написано в летописи царей Израильских. 13 [13]4 Цар 14:16. И почил Иоас с отцами своими, а Иеровоам сел на престоле его. И погребен Иоас в Самарии с царями Израильскими.

14 [14]4 Цар 2:12. Елисей заболел болезнью, от которой потом и умер. И пришел к нему Иоас, царь Израильский, и плакал над ним, и говорил: отец мой! отец мой! колесница Израиля и конница его! 15 И сказал ему Елисей: возьми лук и стрелы. И взял он лук и стрелы. 16 И сказал царю Израильскому: положи руку твою на лук. И положил он руку свою. И наложил Елисей руки свои на руки царя, 17 и сказал: отвори окно на восток. И он отворил. И сказал Елисей: выстрели. И он выстрелил. И сказал: эта стрела избавления от Господа и стрела избавления против Сирии, и ты поразишь Сириян в Афеке вконец. 18 И сказал [Елисей]: возьми стрелы. И он взял. И сказал царю Израильскому: бей по земле. И ударил он три раза, и остановился. 19 И разгневался на него человек Божий, и сказал: надобно было бы бить пять или шесть раз, тогда ты побил бы Сириян совершенно, а теперь только три раза поразишь Сириян. 20 И умер Елисей, и похоронили его. И полчища Моавитян пришли в землю в следующем году. 21 [21]Сир 48:14. И было, что, когда погребали одного человека, то, увидев это полчище, погребавшие бросили того человека в гроб Елисеев; и он при падении своем коснулся костей Елисея, и ожил, и встал на ноги свои.

22 Азаил, царь Сирийский, теснил Израильтян во все дни Иоахаза. 23 [23]Быт 17:7.Исх 2:24.Лев 26:42. Но Господь умилосердился над ними, и помиловал их, и обратился к ним ради завета Своего с Авраамом, Исааком и Иаковом, и не хотел истребить их, и не отверг их от лица Своего доныне. 24 И умер Азаил, царь Сирийский, и воцарился Венадад, сын его, вместо него. 25 И взял назад Иоас, сын Иоахаза, из руки Венадада, сына Азаила, города, которые он взял войною из руки отца его Иоахаза. Три раза разбил его Иоас и возвратил города Израилевы.

Veja também