Die sewe jaar hongersnood. Die eiendom van die Sunamitiese vrou.
1 EN Elísa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want die Here het 'n hongersnood geroep — wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.
2 Die vrou maak haar toe klaar om te doen volgens die woord van die man van God: sy het getrek met haar huisgesin en as vreemdeling sewe jaar lank in die land van die Filistyne vertoef.
3 En aan die einde van sewe jaar het die vrou uit die land van die Filistyne teruggekom en uitgegaan om 'n beroep te doen op die koning vanweë haar huis en haar grond.
4 Die koning was juis besig om met Gehási, die dienaar van die man van God, te spreek en te sê: Vertel my tog al die groot dinge wat Elísa gedoen het.
5 En terwyl hy die koning vertel hoe hy die dooie lewendig gemaak het, roep die vrou wie se seun hy lewendig gemaak het, juis die koning aan vanweë haar huis en haar grond. En Gehási sê: My heer die koning, dít is die vrou, en dít is haar seun wat Elísa lewendig gemaak het.
6 En die koning het die vrou ondervra, en sy het hom vertel. Toe gee die koning haar 'n sekere hofdienaar en sê: Laat haar alles terugkry wat aan haar behoort, en ook die hele opbrings van die grond, van die dag af dat sy die land verlaat het, tot nou toe.
Hásael word koning van Aram.
7 EN Elísa het in Damaskus aangekom, terwyl Bénhadad, die koning van Aram, siek was; en aan hom is meegedeel en gesê: Die man van God het hierheen gekom.
8 Toe sê die koning vir Hásael: Neem 'n geskenk in jou hand en gaan die man van God tegemoet en raadpleeg die Here deur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?
9 Daarop het Hásael hom tegemoetgegaan en 'n geskenk in sy hand geneem, naamlik allerhande kosbare goed van Damaskus, 'n vrag vir veertig kamele; en hy het gekom en voor hom gaan staan en gesê: U seun Bénhadad, die koning van Aram, stuur my na u om te vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?
10 En Elísa antwoord hom: Gaan sê: Jy sal sekerlik nie gesond word nie; want die Here het my laat sien dat hy sekerlik sal sterwe.
11 En hy het sy gesig strak na hom gerig totdat hy verleë was; en die man van God het geween.
12 Toe sê Hásael: Waarom ween my heer? En hy antwoord: Omdat ek weet watter kwaad jy die kinders van Israel sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard ombring en hulle jong kinders verpletter en hulle swanger vroue oopsny.
13 Maar Hásael sê: Wat is u dienaar, die hond, dat hy hierdie groot ding sou doen? En Elísa antwoord: Die Here het my jou laat sien as koning oor Aram.
14 Daarop het hy van Elísa af weggegaan, en toe hy by sy heer kom, het dié hom gevra: Wat het Elísa vir jou gesê? En hy antwoord: Hy het vir my gesê: U sal sekerlik gesond word.
15 Maar die volgende dag het hy die bedsprei geneem en dit in die water gesteek en oor sy gesig uitgesprei, sodat hy gesterf het; en Hásael het in sy plek koning geword.
Jehóram en Ahásia konings van Juda.
16 EN in die vyfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, terwyl Jósafat koning was van Juda, het Jehóram, die seun van Jósafat, die koning van Juda, koning geword.
17 Hy was twee-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem.
18 En hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.
19 Maar die Here wou Juda nie vernietig nie ter wille van Dawid, sy kneg, volgens sy belofte aan hom dat Hy hom altyd 'n lamp vir sy seuns sou gee.
20 In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en 'n koning oor hulle aangestel.
21 Daarom het Joram oorgetrek na Saïr, en al die strydwaens saam met hom; en toe hy hom in die nag gereedgemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat hom omsingel het, saam met die owerstes van die strydwaens; en die manskappe het na hulle tente gevlug.
22 So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword.
23 En die verdere geskiedenis van Joram en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
24 En Joram het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Ahásia het in sy plek koning geword.
25 In die twaalfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, het Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, koning geword.
26 Twee-en-twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri, die koning van Israel.
27 En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab.
28 En hy het met Joram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek by Ramot in Gílead teen Hásael, die koning van Aram; maar die Arameërs het Joram gewond.
29 En koning Joram het teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram; en Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.
1 Глава 8. [1]4 Цар 4:35. И говорил Елисей женщине, сына которой воскресил он, и сказал: встань, и пойди, ты и дом твой, и поживи там, где можешь пожить, ибо призвал Господь голод, и он придет на сию землю на семь лет. 2 И встала та женщина, и сделала по слову человека Божия; и пошла она и дом ее, и жила в земле Филистимской семь лет. 3 По прошествии семи лет возвратилась эта женщина из земли Филистимской и пришла просить царя о доме своем и о поле своем. 4 Царь тогда разговаривал с Гиезием, слугою человека Божия, и сказал: расскажи мне все замечательное, что́ сделал Елисей. 5 И между тем как он рассказывал царю, что тот воскресил умершего, женщина, которой сына воскресил он, просила царя о доме своем и о поле своем. И сказал Гиезий: господин мой царь, это та самая женщина и тот самый сын ее, которого воскресил Елисей. 6 И спросил царь у женщины, и она рассказала ему. И дал ей царь одного из придворных, сказав: возвратить ей все принадлежащее ей и все доходы с поля, с того дня, как она оставила землю, поныне.
7 И пришел Елисей в Дамаск, когда Венадад, царь Сирийский, был болен. И донесли ему, говоря: пришел человек Божий сюда. 8 [8]4 Цар 5:5. И сказал царь Азаилу: возьми в руку твою дар и пойди навстречу человеку Божию, и вопроси Господа чрез него, говоря: выздоровею ли я от сей болезни? 9 И пошел Азаил навстречу ему, и взял дар в руку свою и всего лучшего в Дамаске, сколько могут нести сорок верблюдов, и пришел и стал пред лице его, и сказал: сын твой Венадад, царь Сирийский, послал меня к тебе спросить: «выздоровею ли я от сей болезни?» 10 И сказал ему Елисей: пойди, скажи ему: «выздоровеешь»; однакож открыл мне Господь, что он умрет. 11 [11]4 Цар 2:17.Иер 14:17.Лк 19:41. И устремил на него Елисей взор свой, и так оставался до того, что привел его в смущение; и заплакал человек Божий. 12 [12]4 Цар 10:32;12:17;13:3. И сказал Азаил: отчего господин мой плачет? И сказал он: оттого, что я знаю, какое наделаешь ты сынам Израилевым зло; крепости их предашь огню, и юношей их мечом умертвишь, и грудных детей их побьешь, и беременных женщин у них разрубишь. 13 [13]3 Цар 19:15. И сказал Азаил: что такое раб твой, пес [мертвый], чтобы мог сделать такое большое дело? И сказал Елисей: указал мне Господь в тебе царя Сирии. 14 И пошел он от Елисея, и пришел к государю своему. И сказал ему этот: что говорил тебе Елисей? И сказал: он говорил мне, что ты выздоровеешь. 15 А на другой день он взял одеяло, намочил его водою и положил на лице его, и он умер. И воцарился Азаил вместо него.
16 [16]2 Пар 21:3. В пятый год Иорама, сына Ахавова, царя Израильского, за Иосафатом, царем Иудейским, воцарился Иорам, сын Иосафатов, царь Иудейский. 17 [17]2 Пар 21:20. Тридцати двух лет был он, когда воцарился, и восемь лет царствовал в Иерусалиме, 18 [18]4 Цар 16:3.2 Пар 18:1;21:6. и ходил путем царей Израильских, как поступал дом Ахавов, потому что дочь Ахава была женою его, и делал неугодное в очах Господних. 19 [19]2 Цар 7:16. Однакож не хотел Господь погубить Иуду, ради Давида, раба Своего, так как Он обещал дать ему светильник в детях его на все времена. 20 [20]Быт 27:40.2 Пар 21:8. Во дни его выступил Едом из-под руки Иуды, и поставили они над собою царя. 21 И пошел Иорам в Цаир, и все колесницы с ним; и встал он ночью, и поразил Идумеян, окружавших его, и начальников над колесницами, но народ убежал в шатры свои. 22 [22]Нав 21:13. И выступил Едом из-под руки Иуды до сего дня. В то же время выступила и Ливна.
23 Прочее об Иораме и обо всем, что он сделал, написано в летописи царей Иудейских. 24 [24]2 Пар 22:1. И почил Иорам с отцами своими, и погребен с отцами своими в городе Давидовом. И воцарился Охозия, сын его, вместо него.
25 В двенадцатый год Иорама, сына Ахавова, царя Израильского, воцарился Охозия, сын Иорама, царя Иудейского. 26 [26]4 Цар 11:1. Двадцати двух лет был Охозия, когда воцарился, и один год царствовал в Иерусалиме. Имя же матери его Гофолия, дочь Амврия, царя Израильского. 27 [27]2 Пар 22:3. И ходил путем дома Ахавова, и делал неугодное в очах Господних, подобно дому Ахавову, потому что он был в родстве с домом Ахавовым. 28 [28]3 Цар 22:29. И пошел он с Иорамом, сыном Ахавовым, на войну с Азаилом, царем Сирийским, в Рамоф Галаадский, и ранили Сирияне Иорама. 29 [29]4 Цар 9:15. И возвратился Иорам царь, чтобы лечиться в Изрееле от ран, которые причинили ему Сирияне в Рамофе, когда он воевал с Азаилом, царем Сирийским. И Охозия, сын Иорама, царь Иудейский, пришел посетить Иорама, сына Ахавова, в Изреель, так как он был болен.