Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Reis 11

SYNOD

Atália roei die koninklike geslag uit en regeer oor Juda. Joas bly gespaar. Dood van Atália.

1 TOE Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar klaargemaak en die hele koninklike geslag omgebring.

2 Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie.

3 En hy was saam met haar in die huis van die Here verborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer.

4 Maar in die sewende jaar het Jójada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van die hardlopers laat haal en by hom in die huis van die Here laat kom en met hulle 'n verbond gesluit onder eedswering in die huis van die Here, en vir hulle die koning se seun gewys.

5 Daarna gee hy hulle bevel en : Dit moet julle doen: 'n derde deel van julle wat op die sabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning,

6 en 'n derde deel by die poort Sur, en 'n derde deel by die poort agter die hardlopers, en julle moet wag hou by die huis om dit te verdedig.

7 En die twee ander afdelings van julle, almal wat op die sabbat uitgaan, moet die wag by die huis van die Here by die koning hou;

8 en julle moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en die een wat in die rye inkom, moet gedood word; en julle moet by die koning wees as hy uit- en ingaan.

9 Die owerstes oor honderd het toe gedoen net soos die priester Jójada beveel het en elkeen sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan, en na die priester Jójada gekom.

10 En die priester het aan die owerstes oor honderd die spiese en die skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van die Here was.

11 En die hardlopers het gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis na die altaar en na die huis toe, rondom by die koning.

12 Daarna het hy die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf en met die hande geklap en gesê: Mag die koning lewe!

13 Toe Atália die stem van die hardlopers en van die volk hoor, het sy na die volk in die huis van die Here gekom;

14 en toe sy die koning sien staan op die verhoog, volgens die gewoonte, met die owerstes en die trompetblasers by die koning, terwyl die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

15 Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, bevel gegee en vir hulle gesê: Neem haar weg tot binne die rye in en maak dood met die swaard die wat agter haar aankom want die priester het gesê: Sy moet nie in die huis van die Here gedood word nie.

16 En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het deur die ingang vir die perde in die huis van die koning gekom en is daar gedood.

17 En Jójada het die verbond gesluit tussen die Here en die koning en die volk, dat hulle 'n volk van die Here sou wees; ook tussen die koning en die volk.

18 Daarna het die hele volk van die land in die tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgeslaan. Verder het die priester wagte aangestel oor die huis van die Here.

19 Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die hele volk van die land; en hulle het die koning afgebring uit die huis van die Here en deur die poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en hy het op die koningstroon gaan sit.

20 En die hele volk van die land was bly, en die stad rustig. Maar hulle het Atália met die swaard in die huis van die koning gedood.

21 Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het.

1 Глава 11. [1]2 Пар 22:10. Гофолия, мать Охозии, видя, что сын ее умер, встала и истребила все царское племя. 2 [2]2 Пар 22:11.4 Цар 8:19. Но Иосавеф, дочь царя Иорама, сестра Охозии, взяла Иоаса, сына Охозии, и тайно увела его из среды умерщвляемых сыновей царских, его и кормилицу его, в постельную комнату; и скрыли его от Гофолии, и он не умерщвлен. 3 [3]2 Пар 22:12. И был он с нею скрываем в доме Господнем шесть лет, между тем как Гофолия царствовала над землею.

4 [4]2 Пар 23:3. В седьмой год послал Иодай, и взял сотников из телохранителей и скороходов, и привел их к себе в дом Господень, и сделал с ними договор, и взял с них клятву в доме Господнем, и показал им царского сына. 5 И дал им приказание, сказав: вот что вы сделайте: третья часть из вас, из приходящих в субботу, будет содержать стражу при царском доме; 6 [6]2 Пар 23:4–5.4 Цар 15:35. третья часть у ворот Сур, и третья часть у ворот сзади телохранителей, и содержите стражу дома, чтобы не было повреждения; 7 [7]1 Пар 9:25.3 Цар 2:3. и две части из вас, из всех отходящих в субботу, будут содержать стражу при доме Господнем для царя; 8 и окружите царя со всех сторон, каждый с оружием своим в руке своей; и кто вошел бы в ряды, тот да будет умерщвлен. И будьте при царе, когда он выходит и когда входит. 9 И сделали сотники всё, что приказал Иодай священник, и взяли каждый людей своих, приходящих в субботу и отходящих в субботу, и пришли к Иодаю священнику. 10 [10]2 Пар 23:9. И раздал священник сотникам копья и щиты царя Давида, которые были в доме Господнем. 11 И стали скороходы, каждый с оружием в руке своей, от правой стороны дома до левой стороны дома, у жертвенника и у дома, вокруг царя. 12 [12]2 Пар 23:11.Втор 17:18.1 Цар 10:24. И вывел он царского сына, и возложил на него царский венец и украшения, и воцарили его, и помазали его, и рукоплескали и восклицали: да живет царь! 13 [13]2 Пар 23:12. И услышала Гофолия голос бегущего народа, и пошла к народу в дом Господень. 14 [14]4 Цар 23:3.3 Цар 8:22.2 Пар 23:13. И видит, и вот царь стоит на возвышении, по обычаю, и князья и трубы подле царя; и весь народ земли веселится, и трубят трубами. И разодрала Гофолия одежды свои, и закричала: заговор! заговор! 15 [15]2 Пар 23:14. И дал приказание Иодай священник сотникам, начальствующим над войском, и сказал им: «выведите ее за ряды, а кто пойдет за нею, умерщвляйте мечом», так как думал священник, чтобы не умертвили ее в доме Господнем. 16 [16]2 Пар 23:15. И дали ей место, и она прошла через вход конский к дому царскому, и умерщвлена там.

17 [17]2 Пар 23:16. И заключил Иодай завет между Господом и между царем и народом, чтоб он был народом Господним, и между царем и народом. 18 [18]4 Цар 10:26.2 Пар 23:17. И пошел весь народ земли в дом Ваала, и разрушили жертвенники его, и изображения его совершенно разбили, и Матфана, жреца Ваалова, убили пред жертвенниками. И учредил священник наблюдение над домом Господним. 19 [19]2 Пар 23:20. И взял сотников и телохранителей и скороходов и весь народ земли, и проводили царя из дома Господня, и пришли по дороге чрез ворота телохранителей в дом царский; и он воссел на престоле царей. 20 [20]2 Пар 23:21. И веселился весь народ земли, и город успокоился. А Гофолию умертвили мечом в царском доме. 21 Семи лет был Иоас, когда воцарился.

Veja também