Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Reis 14

SYNOD

Amásia koning van Juda. Joas en Jeróbeam, die tweede, konings van Israel.

1 IN die tweede jaar van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, het Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, koning geword.

2 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het; en negen-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Joáddan van Jerusalem.

3 En hy het gedoen wat reg was in die van die Here, hoewel nie soos sy vader Dawid nie; net soos sy vader Joas gedoen het, het hy gedoen.

4 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.

5 En sodra die koningskap in sy hand bevestig was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, omgebring.

6 Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die Here dít beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe.

7 het die Edomiete in die Soutdal verslaan, tienduisend man, en Sela in die oorlog verower en dit Jókteël genoem, tot vandag toe.

8 Toe stuur Amásia boodskappers na Joas, die seun van Jóahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te : Kom, laat ons mekaar se aangesig sien.

9 Maar Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, dít laat weet: Die distel wat op die Líbanon is, het die seder wat op die Líbanon is, laat weet: Gee jou dogter aan my seun as vrou! Maar die diere van die veld wat op die Líbanon is, het verbygegaan en die distel vertrap.

10 U het inderdaad die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoogmoedig; geniet die eer en bly tuis. Waarom wil u u tog in die ongeluk stort, dat u sou val, u en Juda saam met u?

11 Maar Amásia het nie geluister nie. Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hy en Amásia, die koning van Juda, het mekaar se aangesig gesien by Bet-Semes wat aan Juda behoort.

12 En Juda is voor Israel verslaan, en hulle het gevlug elkeen na sy tente toe.

13 En Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Ahásia, by Bet-Semes gevang; en hy het in Jerusalem gekom en vierhonderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort.

14 En hy het al die goud en die silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die huis van die Here en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, en ook die gyselaars, en omgedraai na Samaría.

15 En die verdere geskiedenis van Joas, wat hy gedoen het, en sy magtige dade en hoe hy teen Amásia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

16 En Joas het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samaría by die konings van Israel; en sy seun Jeróbeam het in sy plek koning geword.

17 En Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het die dood van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, vyftien jaar gelewe.

18 En die verdere geskiedenis van Amásia, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

19 En hulle het 'n sameswering in Jerusalem teen hom gesmee, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aan gestuur na Lagis en hom daar gedood.

20 En hulle het hom op perde vervoer, en hy is begrawe in Jerusalem by sy vaders in die stad van Dawid.

21 En die hele volk van Juda het Asárja geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amásia.

22 het Elat gebou en weer aan Juda teruggebring, nadat die koning met sy vaders ontslaap het.

23 In die vyftiende jaar van Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het Jeróbeam, die seun van Joas, die koning van Israel, in Samaría koning geword een-en-veertig jaar lank.

24 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here, hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

25 het die grondgebied van Israel herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die woord van die Here, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy dienskneg Jona, die seun van Amíttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was.

26 Want die Here het gesien dat die ellende van Israel baie bitter was en dit met almal sonder uitsondering gedaan was en Israel geen helper gehad het nie.

27 En die Here het nog nie gespreek dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jeróbeam, die seun van Joas.

28 En die verdere geskiedenis van Jeróbeam en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg en hoe hy Damaskus en Hamat van Juda aan Israel teruggebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

29 En Jeróbeam het ontslaap met sy vaders, met die konings van Israel, en sy seun Sagaría het in sy plek koning geword.

1 Во второй год Иоаса, сына Иоахазова, царя Израильского, воцарился Амасия, сын Иоаса, царь Иудейский: 2 Глава 14. [2]2 Пар 25:1. двадцати пяти лет был он, когда воцарился, и двадцать девять лет царствовал в Иерусалиме. Имя матери его Иегоаддань, из Иерусалима. 3 И делал он угодное в очах Господних, впрочем, не так, как отец его Давид: он во всем поступал так, как отец его Иоас. 4 [4]3 Цар 3:2;15:14.4 Цар 12:3. Только высоты не были отменены: народ совершал еще жертвы и курения на высотах.

5 Когда утвердилось царство в руках его, тогда он умертвил слуг своих, убивших царя, отца его. 6 [6]Втор 24:16.2 Пар 25:4.Иез 18:20. Но детей убийц не умертвил, так как написано в книге закона Моисеева, в которой заповедал Господь, говоря: «не должны быть наказываемы смертью отцы за детей, и дети не должны быть наказываемы смертью за отцов, но каждый за свое преступление должен быть наказываем смертью». 7 [7]2 Пар 25:11. Он поразил десять тысяч Идумеян на долине Соляной, и взял Селу войною, и дал ей имя Иокфеил, которое остается и до сего дня.

8 [8]4 Цар 13:12.2 Пар 25:17. Тогда послал Амасия послов к Иоасу, царю Израильскому, сыну Иоахаза, сына Ииуева, сказать: выйди, повидаемся лично. 9 [9]Суд 9:14.2 Пар 25:18. И послал Иоас, царь Израильский, к Амасии, царю Иудейскому, сказать: терн, который на Ливане, послал к кедру, который на Ливане же, сказать: «отдай дочь свою в жену сыну моему». Но прошли дикие звери, что на Ливане, и истоптали этот терн. 10 Ты поразил Идумеян, и возгордилось сердце твое. Величайся и сиди у себя дома. К чему тебе затевать ссору на свою беду? Падешь ты и Иуда с тобою. 11 [11]2 Пар 25:20. Но не послушался Амасия. И выступил Иоас, царь Израильский, и увиделись лично он и Амасия, царь Иудейский, в Вефсамисе, что в Иудее. 12 [12]2 Пар 25:22. И разбиты были Иудеи Израильтянами, и разбежались по шатрам своим. 13 [13]Зах 14:10. И Амасию, царя Иудейского, сына Иоаса, сына Охозиина, захватил Иоас, царь Израильский, в Вефсамисе, и пошел в Иерусалим и разрушил стену Иерусалимскую от ворот Ефремовых до ворот угольных на четыреста локтей. 14 [14]2 Пар 25:24. И взял все золото и серебро, и все сосуды, какие нашлись в доме Господнем и в сокровищницах царского дома, и заложников, и возвратился в Самарию.

15 [15]2 Пар 25:26. Прочее об Иоасе, что он сделал, и о мужественных подвигах его, и как он воевал с Амасиею, царем Иудейским, написано в летописи царей Израильских. 16 [16]4 Цар 13:13. И почил Иоас с отцами своими, и погребен в Самарии с царями Израильскими. И воцарился Иеровоам, сын его, вместо него.

17 [17]2 Пар 25:25. И жил Амасия, сын Иоасов, царь Иудейский, по смерти Иоаса, сына Иоахазова, царя Израильского, пятнадцать лет.

18 [18]2 Пар 25:26. Прочие дела Амасии записаны в летописи царей Иудейских. 19 [19]3 Цар 15:27.4 Цар 12:20. И составили против него заговор в Иерусалиме, и убежал он в Лахис. И послали за ним в Лахис, и умертвили его там. 20 [20]2 Пар 25:28. И привезли его на конях, и погребен он был в Иерусалиме с отцами своими в городе Давидовом. 21 [21]4 Цар 15:1–2.2 Пар 26:1. И взял весь народ Иудейский Азарию, которому было шестнадцать лет, и воцарили его вместо отца его Амасии. 22 [22]Втор 2:8.2 Пар 26:2. Он обстроил Елаф, и возвратил его Иуде, после того как царь почил с отцами своими.

23 [23]Ос 1:1.Ам 1:1;7:9. В пятнадцатый год Амасии, сына Иоасова, царя Иудейского, воцарился Иеровоам, сын Иоасов, царь Израильский, в Самарии, и царствовал сорок один год, 24 [24]3 Цар 15:26.4 Цар 13:2. и делал он неугодное в очах Господних: не отступал от всех грехов Иеровоама, сына Наватова, который ввел Израиля в грех. 25 [25]Чис 34:3,8.Иона 1:1. Он восстановил пределы Израиля, от входа в Емаф до моря пустыни, по слову Господа Бога Израилева, которое Он изрек чрез раба Своего Иону, сына Амафиина, пророка из Гафхефера, 26 [26]4 Цар 13:4.Втор 32:36. ибо Господь видел бедствие Израиля, весьма горькое, так что не оставалось ни заключенного, ни оставшегося, и не было помощника у Израиля. 27 И не восхотел Господь искоренить имя Израильтян из поднебесной, и спас их рукою Иеровоама, сына Иоасова.

28 [28]2 Пар 12:15. Прочее об Иеровоаме и обо всем, что он сделал, и о мужественных подвигах его, как он воевал и как возвратил Израилю Дамаск и Емаф, принадлежавшие Иуде, написано в летописи царей Израильских. 29 [29]4 Цар 15:8. И почил Иеровоам с отцами своими, с царями Израильскими. И воцарился Захария, сын его, вместо него.

Veja também