Elía word in die hemel opgeneem.
1 EN toe die Here Elía in 'n storm na die hemel sou opneem, het Elía met Elísa uit Gilgal uitgegaan.
2 En Elía het vir Elísa gesê: Bly tog hier, want die Here stuur my na Bet-el. Maar Elísa het gesê: So waar as die Here leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het na Bet-el afgegaan.
3 Toe gaan die profete-seuns wat in Bet-el was, na Elísa uit en vra hom: Weet u dat die Here vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.
4 En Elía sê vir hom: Elísa, bly tog hier, want die Here stuur my na Jérigo. Maar hy sê: So waar as die Here leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het in Jérigo aangekom.
5 Daarop kom die profete-seuns wat in Jérigo was, na Elísa toe aan en vra hom: Weet u dat die Here vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.
6 En Elía sê vir hom: Bly tog hier, want die Here stuur my na die Jordaan. Maar hy sê: So waar as die Here leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle twee het gegaan.
7 En vyftig man van die profete-seuns het geloop en op 'n afstand eenkant gestaan, terwyl hulle twee by die Jordaan staan.
8 Toe neem Elía sy mantel en rol dit op en slaan op die water; en dit is na weerskante verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgegaan het.
9 En nadat hulle deur was, sê Elía vir Elísa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En Elísa antwoord: Laat dan tog 'n dubbele deel van u gees op my kom.
10 En hy sê: Jy het 'n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal dit nie wees nie.
11 En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens 'n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.
12 En Elísa het dit gesien en geroep: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur.
Elísa tree as profeet op. Sy wonders.
13 DAARNA tel hy die mantel van Elía op wat van hom afgeval het, en hy draai om en gaan op die wal van die Jordaan staan;
14 en hy neem die mantel van Elía wat van hom afgeval het, en slaan op die water en sê: Waar is die Here, die God van Elía, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en Elísa het deurgegaan.
15 En die profete-seuns wat in Jérigo was, het dit op 'n afstand gesien en gesê: Die gees van Elía rus op Elísa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig
16 en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskien die Gees van die Here hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur hulle nie!
17 Maar toe hulle tot vervelens toe by hom aanhou, sê hy: Stuur. Daarop stuur hulle vyftig man uit, en dié het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie.
18 En hulle het na hom teruggekeer terwyl hy nog in Jérigo vertoef; en hy vra hulle: Het ek julle nie gesê: Moenie gaan nie?
19 En die manne van die stad het vir Elísa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid.
20 En hy antwoord: Bring vir my 'n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring.
21 Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die Here: Ek het dié water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie.
22 En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van Elísa wat hy gespreek het.
23 En daarvandaan het hy opgegaan na Bet-el; en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en vir hom sê: Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!
24 Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien en hulle gevloek in die Naam van die Here; en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee-en-veertig kinders verskeur.
25 En hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan en daarvandaan na Samaría teruggekom.
1 Глава 2. [1]Втор 11:30.Нав 4:19. В то время, как Господь восхотел вознести Илию в вихре на небо, шел Илия с Елисеем из Галгала. 2 [2]Быт 12:8.4 Цар 4:30.Руфь 1:16. И сказал Илия Елисею: останься здесь, ибо Господь посылает меня в Вефиль. Но Елисей сказал: жив Господь и жива душа твоя! не оставлю тебя. И пошли они в Вефиль. 3 И вышли сыны пророков, которые в Вефиле, к Елисею и сказали ему: знаешь ли, что сегодня Господь вознесет господина твоего над главою твоею? Он сказал: я также знаю, молчите. 4 [4]Втор 34:3. И сказал ему Илия: Елисей, останься здесь, ибо Господь посылает меня в Иерихон. И сказал он: жив Господь и жива душа твоя! не оставлю тебя. И пришли в Иерихон. 5 И подошли сыны пророков, которые в Иерихоне, к Елисею и сказали ему: знаешь ли, что сегодня Господь берет господина твоего и вознесет над главою твоею? Он сказал: я также знаю, молчите. 6 И сказал ему Илия: останься здесь, ибо Господь посылает меня к Иордану. И сказал он: жив Господь и жива душа твоя! не оставлю тебя. И пошли оба. 7 Пятьдесят человек из сынов пророческих пошли и стали вдали напротив их, а они оба стояли у Иордана. 8 [8]Исх 14:21.Нав 3:16;4:23. И взял Илия милоть свою, и свернул, и ударил ею по воде, и расступилась она туда и сюда, и перешли оба посуху. 9 [9]3 Цар 3:5.Мк 6:22. Когда они перешли, Илия сказал Елисею: проси, что сделать тебе, прежде нежели я буду взят от тебя. И сказал Елисей: дух, который в тебе, пусть будет на мне вдвойне. 10 И сказал он: трудного ты просишь. Если увидишь, как я буду взят от тебя, то будет тебе так, а если не увидишь, не будет.
11 [11]Сир 48:13.1 Мак 2:58. Когда они шли и дорогою разговаривали, вдруг явилась колесница огненная и кони огненные, и разлучили их обоих, и понесся Илия в вихре на небо. 12 [12]Евр 11:5. Елисей же смотрел и воскликнул: отец мой, отец мой, колесница Израиля и конница его! И не видел его более. И схватил он одежды свои и разодрал их на две части. 13 И поднял милоть Илии, упавшую с него, и пошел назад, и стал на берегу Иордана; 14 и взял милоть Илии, упавшую с него, и ударил ею по воде, и сказал: где Господь, Бог Илии, — Он Самый? И ударил по воде, и она расступилась туда и сюда, и перешел Елисей. 15 [15]4 Цар 2:7.3 Цар 18:12. И увидели его сыны пророков, которые в Иерихоне, издали, и сказали: опочил дух Илии на Елисее. И пошли навстречу ему, и поклонились ему до земли, 16 и сказали ему: вот, есть у нас, рабов твоих, человек пятьдесят, люди сильные; пусть бы они пошли и поискали господина твоего; может быть, унес его Дух Господень и поверг его на одной из гор, или на одной из долин. Он же сказал: не посылайте. 17 [17]4 Цар 8:11. Но они приступали к нему долго, так что наскучили ему, и он сказал: пошлите. И послали пятьдесят человек, и искали три дня, и не нашли его, 18 и возвратились к нему, между тем как он оставался в Иерихоне, и сказал им: не говорил ли я вам: не ходите? 19 [19]Исх 15:23. И сказали жители того города Елисею: вот, положение этого города хорошо, как видит господин мой; но вода нехороша и земля бесплодна. 20 И сказал он: дайте мне новую чашу и положите туда соли. И дали ему. 21 И вышел он к истоку воды, и бросил туда соли, и сказал: так говорит Господь: Я сделал воду сию здоровою, не будет от нее впредь ни смерти, ни бесплодия. 22 И вода стала здоровою до сего дня, по слову Елисея, которое он сказал. 23 И пошел он оттуда в Вефиль. Когда он шел дорогою, малые дети вышли из города и насмехались над ним и говорили ему: иди, плешивый! иди, плешивый! 24 [24]Втор 18:19.Пс 43:6.Прем 11:18. Он оглянулся и увидел их и проклял их именем Господним. И вышли две медведицы из леса и растерзали из них сорок два ребенка. 25 [25]Нав 19:26. Отсюда пошел он на гору Кармил, а оттуда возвратился в Самарию.