Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Reis 24

SYNOD

1 IN sy dae het Nebukadnésar, die koning van Babel, opgetrek, en Jójakim het drie jaar lank sy dienaar geword; daarna het hy weer teen hom gerebelleer.

2 Toe stuur die Here die bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon Hy stuur hulle teen Juda om dit te verdelg volgens die woord van die Here wat hy gespreek het deur die diens van sy knegte, die profete.

3 Sekerlik het dit volgens die bevel van die Here oor Juda gekom, om hulle van sy aangesig te verwyder vanweë die sondes van Manasse, volgens alles wat hy gedoen het;

4 en ook oor die onskuldige bloed wat hy vergiet het, sodat hy Jerusalem met onskuldige bloed gevul het; daarom wou die Here nie vergewe nie.

5 En die verdere geskiedenis van Jójakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

6 En Jójakim het ontslaap met sy vaders, en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword.

7 En die koning van Egipte het nie verder meer uit sy land uitgetrek nie, want die koning van Babel het van die spruit van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles geneem wat aan die koning van Egipte behoort het.

8 Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Nehústa, 'n dogter van Élnatan, van Jerusalem.

9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here net soos sy vader gedoen het.

Begin van die ballingskap.

10 IN dié tyd het die dienaars van Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem opgetrek en die stad is beleër.

11 En toe Nebukadnésar, die koning van Babel, by die stad kom, terwyl sy dienaars dit beleër,

12 het Jójagin, die koning van Juda, uitgegaan na die koning van Babel, hy en sy moeder en sy dienaars en sy owerstes en sy hofdienaars, en die koning van Babel het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering.

13 En hy het daarvandaan uitgebring al die skatte van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning en al die goud van die voorwerpe afgesny wat Salomo, die koning van Israel, gemaak het in die tempel van die Here, soos die Here gespreek het.

14 En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë, tienduisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie, behalwe die arm mense van die land.

15 En hy het Jójagin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars; ook die magtiges van die land het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan.

16 En al die mense van vermoë, seweduisend, en die smede en die slotmakers, duisend, almal helde wat oorlog kan voer dié het die koning van Babel in ballingskap na Babel gebring.

Sedekía die laaste koning van Juda. Nebukadnésar maak 'n einde aan die ryk van Juda.

17 EN die koning van Babel het Mattánja, die oom van Jójagin, in sy plek koning gemaak en sy naam verander in Sedekía.

18 Een-en-twintig jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, 'n dogter van Jeremia, uit Libna.

19 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here net soos Jójakim gedoen het.

20 Want weens die toorn van die Here het dit oor Jerusalem en Juda gekom, totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het. En Sedekía het teen die koning van Babel gerebelleer.

1 Глава 24. [1]2 Пар 36:6.Дан 1:1. Во дни его выступил Навуходоносор, царь Вавилонский, и сделался Иоаким подвластным ему на три года, но потом отложился от него. 2 [2]4 Цар 22:15.Иер 13:9. И посылал на него Господь полчища Халдеев, и полчища Сириян, и полчища Моавитян, и полчища Аммонитян, посылал их на Иуду, чтобы погубить его по слову Господа, которое Он изрек чрез рабов Своих пророков. 3 [3]4 Цар 21:11. По повелению Господа было это с Иудою, чтобы отвергнуть его от лица Его за грехи Манассии, за всё, что он сделал; 4 [4]4 Цар 21:16. и за кровь невинную, которую он пролил, наполнив Иерусалим кровью невинною, Господь не захотел простить.

5 [5]2 Пар 36:5. Прочее об Иоакиме и обо всем, что он сделал, написано в летописи царей Иудейских. 6 [6]Мф 1:11. И почил Иоаким с отцами своими, и воцарился Иехония, сын его, вместо него. 7 [7]Быт 15:18. Царь Египетский не выходил более из земли своей, потому что взял царь Вавилонский все, от потока Египетского до реки Евфрата, что принадлежало царю Египетскому.

8 [8]2 Пар 36:9. Восемнадцати лет был Иехония, когда воцарился, и три месяца царствовал в Иерусалиме; имя матери его Нехушта, дочь Елнафана, из Иерусалима. 9 [9]4 Цар 23:32. И делал он неугодное в очах Господних во всем так, как делал отец его.

10 [10]Дан 1:1. В то время подступили рабы Навуходоносора, царя Вавилонского, к Иерусалиму, и подвергся город осаде. 11 И пришел Навуходоносор, царь Вавилонский, к городу, когда рабы его осаждали его. 12 [12]Иер 22:24;29:2. И вышел Иехония, царь Иудейский, к царю Вавилонскому, он и мать его, и слуги его, и князья его, и евнухи его, и взял его царь Вавилонский в восьмой год своего царствования. 13 [13]2 Пар 36:10.1 Езд 1:7.Дан 5:2. И вывез он оттуда все сокровища дома Господня и сокровища царского дома; и изломал, как изрек Господь, все золотые сосуды, которые Соломон, царь Израилев, сделал в храме Господнем; 14 [14]Есф 2:6.Ис 3:3.Иер 29:2. и выселил весь Иерусалим, и всех князей, и все храброе войско, десять тысяч было переселенных, и всех плотников и кузнецов; никого не осталось, кроме бедного народа земли. 15 [15]2 Пар 36:10.Есф 2:6. И переселил он Иехонию в Вавилон; и мать царя, и жен царя, и евнухов его, и сильных земли отвел на поселение из Иерусалима в Вавилон. 16 И все войско числом семь тысяч, и художников и строителей тысячу, всех храбрых, ходящих на войну, отвел царь Вавилонский на поселение в Вавилон. 17 [17]Иер 37:1. И воцарил царь Вавилонский Матфанию, дядю Иехонии, вместо него, и переменил имя его на Седекию.

18 [18]2 Пар 36:11.Иер 52:1. Двадцати одного года был Седекия, когда воцарился, и одиннадцать лет царствовал в Иерусалиме; имя матери его Хамуталь, дочь Иеремии, из Ливны. 19 [19]4 Цар 23:32. И делал он неугодное в очах Господних во всем так, как делал Иоаким. 20 [20]4 Цар 17:18.2 Пар 36:13. Гнев Господень был над Иерусалимом и над Иудою до того, что Он отверг их от лица Своего. И отложился Седекия от царя Вавилонского.

Veja também