以实玛利刺杀基大利
1 但在七月的时候,王裔以利沙玛的孙子、尼探雅的儿子以实玛利,也是王的一位大臣,带了十个人和他一起到米斯巴去见亚希甘的儿子基大利;他们在米斯巴一起吃饭的时候,2 尼探雅的儿子以实玛利和与他一起的那十个人就起来,用刀袭击沙番的孙子、亚希甘的儿子基大利,就是巴比伦王指派管理那地的,把他杀掉。3 以实玛利也击杀了所有在米斯巴和基大利一起的犹大人,以及在那里所遇见的迦勒底军兵。4 他杀了基大利以后,没有人知道;第二天,5 有八十个人从示剑、示罗和撒玛利亚前来,胡须剃去,衣服撕裂,身体割破,手里拿着素祭和乳香,要带到耶和华的殿里去。6 尼探雅的儿子以实玛利从米斯巴出来迎接他们,边走边哭,遇见了他们,就对他们说:"请你们来见亚希甘的儿子基大利!"7 他们到了城中,尼探雅的儿子以实玛利和与他一起的人,就把他们杀了,扔在坑里。8 只是他们中间有十个人却对以实玛利说:"请不要杀死我们!因为我们有许多小麦、大麦、油和蜜,埋藏在田间。"他就住了手,没有把这十个人在他们的兄弟中一同杀死。9 以实玛利把他和基大利所击杀的人的尸体全部扔在坑里本句原文意思不确定;这坑是从前亚撒王为了防御以色列王巴沙而挖掘的。尼探雅的儿子以实玛利用那些被杀的人的尸体填满了那坑。10 以实玛利还掳去所有留在米斯巴的余民,包括王的众公主和所有留在米斯巴的人民;这些人都是护卫长尼布撒拉旦交给亚希甘的儿子基大利管理的。尼探雅的儿子以实玛利把他们掳走,往亚扪那里去。
约哈难救回被掳的人
11 加利亚的儿子约哈难和与他一起的众将领,听见了尼探雅的儿子以实玛利所行的一切恶事,12 就率领所有的人,去攻打尼探雅的儿子以实玛利,在基遍的大水池边追上他。13 在以实玛利那里的众民,看见了加利亚的儿子约哈难和与他一起的众将领,就都欢喜。14 于是以实玛利从米斯巴掳去的众民都转身,归到加利亚的儿子约哈难那里。15 尼探雅的儿子以实玛利带着八个人逃脱了约哈难的手,到亚扪那里去。16 加利亚的儿子约哈难和与他一起的众将领,就夺回了全部余民,包括军兵、妇女、孩童和宫中的臣宰,就是尼探雅的儿子以实玛利在刺杀亚希甘的儿子基大利以后,从米斯巴掳走的。约哈难把这些人都从基遍带回来。17 他们去到伯利恒附近的基罗特金罕,停留在那里,想要往埃及去,18 躲避迦勒底人。他们惧怕迦勒底人,因为尼探雅的儿子以实玛利杀了巴比伦王指派管理那地的亚希甘的儿子基大利。
Ismael vermoor Gedálja en ander Jode en Chaldeërs.
1 MAAR in die sewende maand het Ismael, die seun van Netánja, die seun van Elisáma, uit die koninklike geslag en uit die owerstes van die koning, en tien man saam met hom by Gedálja, die seun van Ahíkam, gekom in Mispa; en hulle het daar saam brood geëet, in Mispa.
2 Toe het Ismael, die seun van Netánja, opgestaan en die tien manne wat by hom was, en hulle het Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, met die swaard verslaan. So het hy hom dan gedood wat die koning van Babel oor die land aangestel het.
3 Ook het Ismael al die Jode verslaan wat by hom, by Gedálja, in Mispa was, en die Chaldeërs, die krygsmanne, wat daar te vinde was.
4 En op die tweede dag, nadat hy Gedálja gedood het, sonder dat dit nog bekend was,
5 kom daar manne van Sigem, van Silo en van Samaría, tagtig man, met afgeskeerde baard en geskeurde klere, wat hulleself stukkend gekerwe het; en spysoffer en wierook was in hulle hand om dit na die huis van die Here te bring.
6 Daarop gaan Ismael, die seun van Netánja, hulle tegemoet uit Mispa, terwyl hy aldeur loop en huil; en toe hy hulle teëkom, sê hy vir hulle: Kom na Gedálja, die seun van Ahíkam!
7 Maar toe hulle binne-in die stad kom, het Ismael, die seun van Netánja, hulle gedood en in die put gegooi, hy en die manne wat by hom was.
8 Maar onder hulle was daar tien man wat vir Ismael gesê het: Maak ons nie dood nie, want ons het verborge voorrade in die veld: koring en gars en olie en heuning. Toe het hy daarvan afgesien en hulle nie saam met hulle broers gedood nie.
9 En die put waar Ismael al die lyke van die manne wat deur hom verslaan is, langs Gedálja ingegooi het, was dié wat koning Asa gemaak het tot verdediging teen Baésa, die koning van Israel — dié het Ismael, die seun van Netánja, vol gemaak met die wat verslaan was.
10 En Ismael het die hele oorblyfsel van die volk wat in Mispa was, as gevangenes weggevoer; die dogters van die koning en die hele volk wat in Mispa oorgebly het, wat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, aan Gedálja, die seun van Ahíkam, toevertrou het — Ismael, die seun van Netánja, het hulle as gevangenes weggevoer en hy het weggetrek om oor te gaan na die kinders van Ammon.
11 Toe Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, hoor al die onheil wat Ismael, die seun van Netánja, aangerig het,
12 het hulle al die manne geneem en weggetrek om teen Ismael, die seun van Netánja, te veg; en hulle het hom aangetref by die groot water wat by Gíbeon is.
13 En toe die hele volk wat by Ismael was, Jóhanan, die seun van Karéag, sien en al die owerstes van die leërs saam met hom, was hulle bly;
14 en die hele volk wat Ismael uit Mispa as gevangenes weggevoer het, het omgedraai en weer oorgeloop na Jóhanan, die seun van Karéag.
15 Maar Ismael, die seun van Netánja, het van Jóhanan ontsnap saam met agt man en weggetrek na die kinders van Ammon.
16 Toe het Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, die hele oorblyfsel van die volk geneem wat Ismael, die seun van Netánja, uit Mispa as gevangenes weggevoer het, nadat hy Gedálja, die seun van Ahíkam, verslaan het — naamlik manne, krygsmanne, en vroue en kinders en hofdienaars, wat hy van Gíbeon teruggebring het.
17 En hulle het weggetrek en vertoef in Gerut-Kimham wat naby Betlehem lê, om verder na Egipte te trek,
18 vanweë die Chaldeërs; want hulle was vir hulle bevrees, omdat Ismael, die seun van Netánja, Gedálja, die seun van Ahíkam, verslaan het, wat deur die koning van Babel oor die land aangestel was.