Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 47

AFR53

1

2

"

3

4

西

5

"静默无声"或译:"被毁坏了"

"在它们的平原上"或参照《七十士译本》译作"亚衲族"〔参书11:21~22〕

"

6

7

沿

Profesie teen die Filistyne.

1 DIE woord van die Here wat aangaande die Filistyne tot die profeet Jeremia gekom het voordat Farao Gasa verslaan het.

2 So die Here: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal 'n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil,

3 weens die stampgeluid van sy perde se pote, weens die geraas van sy waens, die gedreun van sy wiele. Die vaders kyk nie om na die kinders nie so slap is die hande

4 weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want die Here maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.

5 'n Kaal plek het op Gasa gekom; Áskelon is vernietig, die oorblyfsel van hulle dal. Hoe lank sal jy jou stukkend kerwe?

6 Wee, swaard van die Here, hoe lank sal jy geen rus nie? Keer terug in jou skede, rus en wees stil.

7 Hoe sou dit rus , terwyl die Here daaraan bevel gegee het teen Áskelon en teen die seekus? Daar het Hy dit bestel.

Veja também