Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 45

AFR53

1 西巴录从耶利米口中把这些话写在书卷上2 "的 3 "4 "5 使使"

Barug word deur God by monde van die profeet berispe en getroos.

1 DIE woord wat die profeet Jeremia aan Barug, die seun van Nería, meegedeel het toe hy hierdie woorde uit die mond van Jeremia in 'n boek geskrywe het, in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda:

2 So spreek die Here, die God van Israel, aangaande jou, o Barug!

3 Jy : Wee my tog, want die Here het kommer aan my smart toegevoeg; ek is moeg van my gesug en vind geen rus nie!

4 So moet jy vir hom : So spreek die Here: Kyk, wat Ek gebou het, breek Ek self af; en wat Ek geplant het, ruk Ek self uit; en dit betref die hele aarde.

5 En sou vir jou groot dinge soek? Soek dit nie; want kyk, Ek bring onheil oor alle vlees, spreek die Here; maar Ek sal jou siel vir jou as buit gee in al die plekke waarheen jy sal gaan.

Veja também