1 Tiam Jozef ĵetis sin sur la vizaĝon de sia patro, kaj ploris super li kaj kisis lin.2 Kaj Jozef ordonis al siaj servantoj kuracistoj, balzami lian patron; kaj la kuracistoj balzamis Izraelon.3 Kaj pasis super li kvardek tagoj; ĉar tiel longe daŭras la tagoj de balzamado. Kaj la Egiptoj ploris pri li sepdek tagojn.4 Kiam pasis la tagoj de lia priplorado, Jozef ekparolis al la domanoj de Faraono, dirante: Se mi akiris vian favoron, diru al Faraono jene:5 Mia patro ĵurigis min, dirante: Jen mi mortas; en mia tombo, kiun mi elfosis al mi en la lando Kanaana, tie vi min enterigu. Nun mi volus iri, enterigi mian patron, kaj reveni.6 Kaj Faraono diris: Iru kaj enterigu vian patron, kiel li ĵurigis vin.7 Kaj Jozef iris, por enterigi sian patron; kaj kun li iris ĉiuj servantoj de Faraono, la ĉefoj de lia domo kaj ĉiuj ĉefoj de la lando Egipta,8 kaj la tuta domo de Jozef, kaj liaj fratoj kaj la domo de lia patro; nur siajn infanojn kaj siajn malgrandajn kaj grandajn brutojn ili restigis en la lando Goŝen.9 Kun ili iris ankaŭ ĉaroj kaj rajdantoj; kaj la anaro estis tre granda.10 Ili venis al la placo Atad, kiu estas transe de Jordan, kaj ili faris tie grandan kaj fortan priploradon; kaj li funebris pri sia patro dum sep tagoj.11 Kiam la loĝantoj de la lando Kanaana vidis la funebron sur la placo Atad, ili diris: Ĝi estas granda funebro ĉe la Egiptoj; tial la loko ricevis la nomon Abel-Micraim. Ĝi estas transe de Jordan.12 Kaj liaj infanoj faris kun li, kiel li ordonis al ili.13 Kaj liaj filoj forportis lin en la landon Kanaanan, kaj enterigis lin en la kampa duobla kaverno, kiun Abraham aĉetis kune kun la kampo kiel tomban posedaĵon de el Efron la Ĥetido, antaŭ Mamre.14 Kaj Jozef revenis Egiptujon, li kaj liaj fratoj, kaj ĉiuj, kiuj iris kun li, por enterigi lian patron, post kiam ili enterigis lian patron.15 Kiam la fratoj de Jozef vidis, ke ilia patro mortis, ili diris: Eble Jozef ekmalamos nin, kaj repagos al ni pro la tuta malbono, kiun ni faris al li?16 Tial ili sendis al Jozef, por diri al li: Via patro ordonis antaŭ sia morto jene:17 Tiel diru al Jozef: Mi petas vin, pardonu la kulpon de viaj fratoj kaj ilian pekon, ĉar ili faris al vi malbonon. Nun pardonu do la kulpon de la sklavoj de la Dio de via patro. Kaj Jozef ploris, kiam ili parolis al li.18 Kaj iris liaj fratoj mem kaj ĵetis sin teren antaŭ li, kaj diris: Jen ni estas sklavoj al vi.19 Sed Jozef diris al ili: Ne timu; ĉar ĉu mi estas anstataŭ Dio?20 Vi intencis fari al mi malbonon; sed Dio aranĝis de tio bonon, por fari tiel, kiel nun estas, por konservi la vivon de multe da homoj.21 Kaj nun ne timu; mi nutros vin kaj viajn infanojn. Kaj li konsolis ilin kaj parolis al ili kore.22 Kaj Jozef loĝis en Egiptujo, li kaj la domo de lia patro; kaj Jozef vivis cent dek jarojn.23 Kaj Jozef vidis ĉe Efraim infanojn ĝis la tria generacio; ankaŭ la infanoj de Maĥir, filo de Manase, naskiĝis sur la genuoj de Jozef.24 Kaj Jozef diris al siaj fratoj: Mi mortas, sed Dio rememoros vin, kaj elkondukos vin el ĉi tiu lando en la landon, pri kiu Li ĵuris al Abraham, Isaak, kaj Jakob.25 Kaj Jozef ĵurigis la filojn de Izrael, dirante: Kiam Dio rememoros vin, tiam elportu miajn ostojn el ĉi tie.26 Kaj Jozef mortis en la aĝo de cent dek jaroj; kaj oni balzamis lin kaj metis lin en ĉerkon en Egiptujo.
1 Toe val Josef op sy vader se aangesig, en hy het oor hom geween en hom gesoen.2 En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om sy vader te balsem. En die geneeshere het Israel gebalsem.3 En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank beween.4 En toe die dae van geween oor hom verby was, het Josef met die huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan guns in julle oë gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao:5 My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan sterwe; in my graf wat ek vir my in die land Kana„n uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom.6 En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het.7 Toe het Josef opgetrek om sy vader te begrawe, en al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis, het saam met hom opgetrek, en al die oudstes van Egipteland;8 ook die hele huis van Josef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Gosen laat agterbly.9 En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as ruiters, sodat dit 'n baie groot trek was.10 En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar 'n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank.11 Toe die inwoners van die land, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is 'n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle dit Abel-Misraim genoem, wat oos van die Jordaan lê.12 En sy seuns het met hom gedoen net soos hy hulle beveel het:13 sy seuns het hom weggebring na die land Kanaän en hom begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magp,la, die stuk grond wat Abraham as eiendomsgraf gekoop het van Efron, die Hetiet, oos van Mamre.14 Daarna het Josef na Egipte teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat hy sy vader begrawe het.15 Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het!16 Daarom het hulle hierdie boodskap na Josef gestuur: U vader het voor sy dood bevel gegee met hierdie woorde:17 So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek.18 En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe.19 Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God?20 Want julle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.21 Wees dan nou nie bevrees nie: ,k sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.22 En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En Josef het honderd en tien jaar gelewe.23 En Josef het van Efraim kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë gebore.24 En Josef het aan sy broers gesê: Ek gaan sterwe, maar God sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het.25 En Josef het die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee -- bring dan my gebeente hiervandaan op.26 En Josef het gesterwe, honderd en tien jaar oud. En hulle het hom gebalsem, en hy is in 'n kis gesit in Egipte.