1 Paŭlo, servisto de Dio kaj apostolo de Jesuo Kristo, laŭ la fido de la elektitoj de Dio, kaj laŭ la scio de la vero, kiu estas laŭ pieco,2 kun espero al eterna vivo, kiun la senmensoga Dio promesis antaŭ la tempoj eternaj,3 sed ĝustatempe Li elmontris Sian vorton en la anonco, kiu estas al mi konfidita konforme al la ordono de Dio, nia Savanto;4 al Tito, mia vera filo laŭ komuna fido:Graco kaj paco de Dio, la Patro, kaj de Kristo Jesuo, nia Savanto.5 Pro tio mi lasis vin en Kreto, ke vi aranĝu la aferojn mankohavajn kaj starigu presbiterojn en ĉiu urbo, kiel mi ordonis al vi;6 se iu troviĝas neriproĉebla, edzo de unu edzino, kies infanoj estas kredantoj, kaj ne estas akuzitaj pri diboĉo, nek ribelemaj.7 Ĉar episkopo devas esti sen riproĉo, kiel administranto de Dio; ne obstina, ne kolerema, ne drinkema, ne malpacema, ne avidanta malhonoran gajnon;8 sed gastama, bonamanta, sobra, justa, sankta, sinreganta,9 tenanta la fidelan vorton, kiu estas laŭ la instruado, por ke li povu admoni pri la sana doktrino kaj ankaŭ refuti la kontraŭdirantojn.10 Ĉar ekzistas multaj homoj ribelemaj, vantaj parolantoj kaj trompistoj, precipe tiuj el la cirkumcido,11 kies buŝoj devas esti fermitaj; homoj, kiuj renversas tutajn domojn, instruantaj nekonvenaĵojn por malhonora gajno.12 Unu el ili, profeto samnacia, diris:La Kretanoj ĉiam estas mensogantoj, malbonaj bestoj, mallaboremaj manĝeguloj.13 Tiu atesto estas vera. Tial akre riproĉu ilin, por ke ili estu sanaj en la fido,14 ne atentante Judajn fabelojn, kaj ordonojn de tiuj homoj, kiuj deturnas sin de la vero.15 Ĉe la puraj, ĉio estas pura; sed ĉe la malpuraj kaj nekredantaj, nenio estas pura; sed ilia menso kaj ilia konscienco estas malpurigitaj.16 Ili pretendas koni Dion; sed per siaj agoj ili malkonfesas Lin, estante abomenaj kaj malobeemaj kaj por ĉiu bona faro senvaloraj.
1 Paulus, 'n dienskneg van God en 'n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,2 in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,3 en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser -- aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof:4 Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!5 Om hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het --6 as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.7 Want 'n opsiener moet as 'n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie;8 maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers;9 een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.10 Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is;11 hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins.12 Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike.13 Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees,14 en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.15 Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.16 Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.