1 Poi mi mostrò il fiume dell’acqua della vita, limpido come cristallo, che procedeva dal trono di Dio e dell’Agnello. 2 In mezzo alla piazza della città e d’ambo i lati del fiume stava l’albero della vita che dà dodici raccolti e porta il suo frutto ogni mese; e le foglie dell’albero sono per la guarigione delle nazioni. 3 Non ci sarà più alcuna maledizione; in essa sarà il trono di Dio e dell’Agnello, i suoi servitori lo serviranno. 4 Essi vedranno la sua faccia e avranno in fronte il suo nome. 5 E non ci sarà più notte; essi non avranno bisogno di luce di lampada né di luce di sole, perché li illuminerà il Signore Dio ed essi regneranno nei secoli dei secoli.
6 Poi mi disse: "Queste parole sono fedeli e veritiere e il Signore, il Dio degli spiriti dei profeti, ha mandato il suo angelo per mostrare ai suoi servi le cose che devono avvenire tra breve".
7 "Ecco, io vengo presto. Beato chi custodisce le parole della profezia di questo libro".
8 Io, Giovanni, sono quello che ha udito e visto queste cose. E dopo averle udite e viste, mi prostrai per adorare ai piedi dell’angelo che mi aveva mostrato queste cose. 9 Ma egli mi disse: "Guardati dal farlo; io sono tuo conservo e dei tuoi fratelli, i profeti, e di quelli che custodiscono le parole di questo libro. Adora Dio".
10 Poi mi disse: "Non sigillare le parole della profezia di questo libro, perché il tempo è vicino. 11 Chi è ingiusto sia ingiusto ancora; chi è contaminato si contamini ancora; e chi è giusto pratichi ancora la giustizia e chi è santo si santifichi ancora".
12 "Ecco, io vengo presto e con me avrò il premio da dare a ciascuno secondo le sue opere. 13 Io sono l’Alfa e l’Omega, il primo e l’ultimo, il principio e la fine. 14 Beati quelli che lavano le loro vesti per avere diritto all’albero della vita e per entrare per le porte nella città! 15 Fuori i cani, gli stregoni, i fornicatori, gli omicidi, gli idolatri e chiunque ama e pratica la menzogna. 16 Io, Gesù, ho mandato il mio angelo per attestarvi queste cose in seno alle chiese. Io sono la radice e la discendenza di Davide, la lucente stella mattutina".
17 E lo Spirito e la sposa dicono: "Vieni". E chi ode dica: "Vieni". E chi ha sete venga: chi vuole prenda in dono dell’acqua della vita.
18 Io lo dichiaro a ognuno che ode le parole della profezia di questo libro: se qualcuno vi aggiunge qualcosa, Dio aggiungerà ai suoi mali le piaghe descritte in questo libro 19 e, se qualcuno toglie qualcosa dalle parole del libro di questa profezia, Dio gli toglierà la sua parte dell’albero della vita e della città santa, che sono descritti in questo libro.
20 Colui che attesta queste cose dice: "Sì, vengo presto!".
Amen! Vieni, Signore Gesù!
21 La grazia del Signore Gesù sia con tutti.
1 EN hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.
2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.
3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.
4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.
5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
6 EN hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.
7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.
8 En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.
9 Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.
10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.
11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.
14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.
16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!
21 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.