1 Dopo queste cose vidi una porta aperta nel cielo, e la prima voce, che mi aveva già parlato come uno squillo di tromba, mi disse: "Sali qua e io ti mostrerò le cose che devono avvenire in seguito".
2 Subito fui rapito nello Spirito; ed ecco, un trono era posto nel cielo e sul trono c’era uno seduto. 3 Colui che vi sedeva era nell’aspetto simile a una pietra di diaspro e di sardonico e intorno al trono c’era un arcobaleno che, a vederlo, somigliava a uno smeraldo.
4 Attorno al trono c’erano ventiquattro troni; sui troni sedevano ventiquattro anziani, vestiti di vesti bianche, e avevano delle corone d’oro sul capo.
5 Dal trono procedevano lampi, voci e tuoni; davanti al trono c’erano sette lampade ardenti, che sono i sette spiriti di Dio; 6 davanti al trono c’era come un mare di vetro, simile al cristallo; in mezzo al trono e intorno al trono, quattro creature viventi, piene di occhi davanti e di dietro. 7 La prima creatura vivente era simile a un leone, la seconda simile a un vitello, la terza aveva la faccia come di un uomo e la quarta era simile a un’aquila volante. 8 Le quattro creature viventi avevano ognuna sei ali, ed erano piene di occhi tutt’intorno e di dentro, e non cessavano mai, giorno e notte, di dire: "Santo, santo, santo è il Signore Dio, l’Onnipotente, che era, che è e che viene".
9 Ogni volta che le creature viventi rendono gloria, onore e grazie a colui che siede sul trono, a colui che vive nei secoli dei secoli, 10 i ventiquattro anziani si prostrano davanti a colui che siede sul trono e adorano colui che vive nei secoli dei secoli e gettano le loro corone davanti al trono, dicendo: 11 "Degno sei, o Signore e Dio nostro, di ricevere la gloria, l’onore e la potenza, poiché tu creasti tutte le cose, e per la tua volontà esistettero e furono create".
1 NÁ hierdie dinge het ek gesien — kyk, 'n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos 'n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.
2 En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en Een sit op die troon.
3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was 'n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos 'n smarag.
4 En rondom die troon was daar vier-en-twintig trone, en op die trone het ek die vier-en-twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad.
5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;
6 en voor die troon was daar 'n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter.
7 En die eerste lewende wese was soos 'n leeu, en die tweede lewende wese was soos 'n kalf, en die derde lewende wese het 'n gesig gehad soos 'n mens, en die vierde lewende wese was soos 'n arend wat vlieg.
8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!
9 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,
10 val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê:
11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.