1 Brothers, even if a man is caught in some fault, you who are spiritual must restore such a one in a spirit of gentleness, looking to yourself so that you also aren’t tempted. 2 Bear one another’s burdens, and so fulfill the law of Christ. 3 For if a man thinks himself to be something when he is nothing, he deceives himself. 4 But let each man examine his own work, and then he will have reason to boast in himself, and not in someone else. 5 For each man will bear his own burden.
6 But let him who is taught in the word share all good things with him who teaches.
7 Don’t be deceived. God is not mocked, for whatever a man sows, that he will also reap. 8 For he who sows to his own flesh will from the flesh reap corruption. But he who sows to the Spirit will from the Spirit reap eternal life. 9 Let’s not be weary in doing good, for we will reap in due season if we don’t give up. 10 So then, as we have opportunity, let’s do what is good toward all men, and especially toward those who are of the household of the faith.
11 See with what large letters I write to you with my own hand. 12 As many as desire to make a good impression in the flesh compel you to be circumcised, just so they may not be persecuted for the cross of Christ. 13 For even they who receive circumcision don’t keep the law themselves, but they desire to have you circumcised, so that they may boast in your flesh. 14 But far be it from me to boast except in the cross of our Lord Jesus Christ, through which the world has been crucified to me, and I to the world. 15 For in Christ Jesus neither is circumcision anything, nor uncircumcision, but a new creation. 16 As many as walk by this rule, peace and mercy be on them, and on God’s Israel.
17 From now on, let no one cause me any trouble, for I bear the marks of the Lord Jesus branded on my body.
18 The grace of our Lord Jesus Christ be with your spirit, brothers. Amen.
1 Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.
2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
3 Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.
4 Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie.
5 Want elkeen sal sy eie pak dra.
6 Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.
7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
9 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.
11 Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe.
12 Almal wat 'n mooi vertoning in die vlees wil maak, die dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie.
13 Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem.
14 Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.
15 Want in Christus Jesus het n•g die besnydenis n•g die onbesnedenheid enige krag, maar 'n nuwe skepsel.
16 En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!
17 Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam.
18 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees, broeders! Amen.