Deus é nosso refúgio
Deus é nosso refúgio e fortaleza, socorro bem presente nas angústias. Quando o mundo treme, o crente encontra paz sob as asas do Altíssimo.
Refúgio e fortaleza
Deus é nosso refúgio e fortaleza. Quem habita no abrigo do Altíssimo descansa à sombra do Todo-Poderoso.
1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.
1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.
1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.2 En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.3 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
1 'n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek.
1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?2 As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet -- my teëstanders en my vyande, ja, myne -- struikel hulle self en val.3 Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.
1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.2 By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.3 Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.4 Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.5 U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.
3 Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.
Proteção e segurança
O Senhor é a minha rocha e a minha fortaleza. Melhor é confiar no Senhor do que confiar no homem.
8 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.9 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.
5 Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.6 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!7 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
17 Maar ,k sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was 'n rotsvesting vir my en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was. [ (Psalms 59:18) My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God. ]
1 'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag.2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.10 So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.
7 U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!
Em todo tempo
O Senhor é bom e é fortaleza no dia da angústia. A torre forte do nome do Senhor protege os seus em toda circunstância.
7 Die HERE is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.
4 Want U was 'n vesting vir die arme, 'n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; 'n skuilplek teen die stortreën, 'n skaduwee teen die hitte -- want die geblaas van die tiranne is soos 'n stortreën teen 'n muur.
26 In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.
29 Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.