1 'n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek.2 Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.3 Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.4 Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.5 Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.6 Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.7 Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.8 Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.9 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;10 want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.11 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
Publicidade
Salmos 16
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos