1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.

2 In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.

3 Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.

4 Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat n om verstandig te wees, om goed te doen.

5 Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.

6 o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.

7 U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!

8 Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.

9 Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.

10 Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.

11 Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.

12 Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie. [ (Psalms 36:13) Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie. ]