1 In die derde jaar van die regering van Jojakim, die koning van Juda, het Nebukadn,sar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.
2 En die Here het Jojakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met 'n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land S¡near gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.
3 Daarop het die koning aan Aspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring:
4 jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer.
5 En die koning het vir hulle 'n daaglikse porsie bestem uit die spys van die koning en van die wyn wat hy gedrink het; om hulle so drie jaar lank op te voed, sodat hulle aan die einde daarvan voor die koning kan dien.
6 En onder hulle was uit die kinders van Juda: Daniël, Han nja, M¡sael en As rja.
1 א בשנת שלוש למלכות יהויקים מלך יהודה--בא נבוכדנאצר מלך בבל ירושלם ויצר עליה
2 ב ויתן אדני בידו את יהויקים מלך יהודה ומקצת כלי בית האלהים ויביאם ארץ שנער בית אלהיו ואת הכלים הביא בית אוצר אלהיו
3 ג ויאמר המלך לאשפנז רב סריסיו להביא מבני ישראל ומזרע המלוכה--ומן הפרתמים
4 ד ילדים אשר אין בהם כל מאום וטובי מראה ומשכלים בכל חכמה וידעי דעת ומביני מדע ואשר כח בהם לעמד בהיכל המלך וללמדם ספר ולשון כשדים
5 ה וימן להם המלך דבר יום ביומו מפת בג המלך ומיין משתיו ולגדלם שנים שלוש ומקצתם--יעמדו לפני המלך
6 ו ויהי בהם מבני יהודה--דניאל חנניה מישאל ועזריה