1 Verder het die HERE vir Moses gesê: Gaan na Farao toe, want k het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek hierdie tekens van My onder hulle kan verrig,

2 en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.

3 Toe gaan Moses en A„ron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

4 Want as jy weier om my volk te laat trek, kyk, dan bring Ek môre sprinkane in jou grondgebied,

5 en hulle sal die oppervlakte van die land oordek, sodat 'n mens die land nie sal kan sien nie. En hulle sal die oorblyfsel afeet van wat gered is, wat vir julle van die hael oorgebly het; en al die bome wat vir julle uit die veld opgroei, sal hulle afeet.

6 En jou huise en die huise van al jou dienaars en die huise van al die Egiptenaars sal vol van hulle wees -- soos jou vaders en die vaders van jou vaders nie gesien het van die dag af dat hulle op die aarde gewees het tot vandag toe nie. Daarop het hy omgedraai en van Farao af weggegaan.

7 Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons 'n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle die HERE hulle God kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie?

8 Daarop bring hulle Moses en A„ron na Farao terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien die HERE julle God. Wie is dit eintlik wat wil gaan?

9 En Moses antwoord: Ons wil gaan met ons jong mense en ons ou mense, met ons seuns en ons dogters; met ons kleinvee en ons beeste wil ons gaan, want ons wil 'n fees vir die HERE hou.

10 Toe sê hy vir hulle: Mag die HERE so met julle wees as wat ek julle en julle kinders sal laat trek! Pas op, want julle het 'n verkeerde ding voor oë.

11 Nie so nie! Gaan dan, julle manne, en dien die HERE, want d¡t het julle verlang. En hulle het hulle van Farao af weggedrywe.

12 Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor Egipteland vanweë die sprinkane, dat hulle opkom oor Egipteland en al die plante van die land opeet, alles wat die hael laat oorbly het.

13 En Moses het sy staf oor Egipteland uitgesteek, en die HERE het 'n oostewind in die land gebring, daardie hele dag en die hele nag; toe dit môre word, het die oostewind die sprinkane aangevoer:

14 die sprinkane het opgekom oor die hele Egipteland en in die hele gebied van Egipte gaan sit, 'n baie groot menigte -- tevore was daar so 'n sprinkaanswerm nie gewees nie, en daarna sal so iets nie weer voorkom nie.

15 En hulle het die oppervlakte van die hele land bedek, sodat die land swart was; en hulle het al die plante van die land opgeëet en al die vrugte van die bome wat die hael laat oorbly het -- daar het geen groenigheid aan die bome of plante van die veld in die hele Egipteland oorgebly nie.

16 Toe het Farao gou vir Moses en A„ron laat roep en gesê: Ek het gesondig teen die HERE julle God en teen julle.

17 Vergeef dan tog nou net die keer my sonde, en bid tot die HERE julle God, dat Hy net hierdie dood van my af wegneem.

18 En hy het van Farao af weggegaan en tot die HERE gebid.

19 Daarop laat die HERE die wind omslaan in 'n baie sterk westewind; die het die sprinkane opgetel en hulle in die Skelfsee gedrywe. Daar het nie een sprinkaan in die hele gebied van Egipte oorgebly nie.

20 Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie.

21 Verder het die HERE vir Moses gesê: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal duisternis oor Egipteland kom, sodat 'n mens die duisternis kan gryp.

22 Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar 'n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank.

23 Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.

24 Toe het Farao Moses laat roep en gesê: Gaan heen, dien die HERE; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. Selfs julle kinders kan met julle saamgaan.

25 Maar Moses antwoord: U moet self ook slagoffers en brandoffers met ons saam gee, dat ons dit aan die HERE onse God kan aanbied.

26 En ons vee moet ook met ons saamgaan: daar mag geen klou agterbly nie! Want daarvan moet ons neem om die HERE onse God te dien. En ons weet nie waarmee ons die HERE onse God sal dien voordat ons daar kom nie.

27 Maar die HERE het Farao se hart verhard, en hy wou hulle nie laat trek nie.

28 Maar Farao sê vir hom: Gaan weg van my af! Pas op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe.

29 En Moses antwoord: U het reg gepraat. Ek sal u aangesig nie weer sien nie.

1 א ויאמר יהוה אל משה בא אל פרעה  כי אני הכבדתי את לבו ואת לב עבדיו למען שתי אתתי אלה בקרבו

2 ב ולמען תספר באזני בנך ובן בנך את אשר התעללתי במצרים ואת אתתי אשר שמתי בם וידעתם כי אני יהוה

3 ג ויבא משה ואהרן אל פרעה ויאמרו אליו כה אמר יהוה אלהי העברים עד מתי מאנת לענת מפני שלח עמי ויעבדני

4 ד כי אם מאן אתה לשלח את עמי--הנני מביא מחר ארבה בגבלך

5 ה וכסה את עין הארץ ולא יוכל לראת את הארץ ואכל את יתר הפלטה הנשארת לכם מן הברד ואכל את כל העץ הצמח לכם מן השדה

6 ו ומלאו בתיך ובתי כל עבדיך ובתי כל מצרים אשר לא ראו אבתיך ואבות אבתיך מיום היותם על האדמה עד היום הזה ויפן ויצא מעם פרעה

7 ז ויאמרו עבדי פרעה אליו עד מתי יהיה זה לנו למוקש--שלח את האנשים ויעבדו את יהוה אלהיהם הטרם תדע כי אבדה מצרים

8 ח ויושב את משה ואת אהרן אל פרעה ויאמר אלהם לכו עבדו את יהוה אלהיכם מי ומי ההלכים

9 ט ויאמר משה בנערינו ובזקנינו נלך בבנינו ובבנותנו בצאננו ובבקרנו נלך--כי חג יהוה לנו

10 י ויאמר אלהם יהי כן יהוה עמכם כאשר אשלח אתכם ואת טפכם ראו כי רעה נגד פניכם

11 יא לא כן לכו נא הגברים ועבדו את יהוה--כי אתה אתם מבקשים ויגרש אתם מאת פני פרעה  {ס}

12 יב ויאמר יהוה אל משה נטה ידך על ארץ מצרים בארבה ויעל על ארץ מצרים ויאכל את כל עשב הארץ את כל אשר השאיר הברד

13 יג ויט משה את מטהו על ארץ מצרים ויהוה נהג רוח קדים בארץ כל היום ההוא וכל הלילה הבקר היה--ורוח הקדים נשא את הארבה

14 יד ויעל הארבה על כל ארץ מצרים וינח בכל גבול מצרים  כבד מאד--לפניו לא היה כן ארבה כמהו ואחריו לא יהיה כן

15 טו ויכס את עין כל הארץ ותחשך הארץ ויאכל את כל עשב הארץ ואת כל פרי העץ אשר הותיר הברד ולא נותר כל ירק בעץ ובעשב השדה בכל ארץ מצרים

16 טז וימהר פרעה לקרא למשה ולאהרן ויאמר חטאתי ליהוה אלהיכם--ולכם

17 יז ועתה שא נא חטאתי אך הפעם והעתירו ליהוה אלהיכם ויסר מעלי רק את המות הזה

18 יח ויצא מעם פרעה ויעתר אל יהוה

19 יט ויהפך יהוה רוח ים חזק מאד וישא את הארבה ויתקעהו ימה סוף  לא נשאר ארבה אחד בכל גבול מצרים

20 כ ויחזק יהוה את לב פרעה ולא שלח את בני ישראל  {פ}

21 כא ויאמר יהוה אל משה נטה ידך על השמים ויהי חשך על ארץ מצרים וימש חשך

22 כב ויט משה את ידו על השמים ויהי חשך אפלה בכל ארץ מצרים שלשת ימים

23 כג לא ראו איש את אחיו ולא קמו איש מתחתיו--שלשת ימים ולכל בני ישראל היה אור במושבתם

24 כד ויקרא פרעה אל משה ויאמר לכו עבדו את יהוה--רק צאנכם ובקרכם יצג  גם טפכם ילך עמכם

25 כה ויאמר משה גם אתה תתן בידנו זבחים ועלת ועשינו ליהוה אלהינו

26 כו וגם מקננו ילך עמנו לא תשאר פרסה--כי ממנו נקח לעבד את יהוה אלהינו ואנחנו לא נדע מה נעבד את יהוה עד באנו שמה

27 כז ויחזק יהוה את לב פרעה ולא אבה לשלחם

28 כח ויאמר לו פרעה לך מעלי השמר לך אל תסף ראות פני--כי ביום ראתך פני תמות

29 כט ויאמר משה כן דברת  לא אסף עוד ראות פניך  {פ}