1 Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom A„ron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.

2 En A„ron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.

3 Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na A„ron gebring.

4 En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar 'n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.

5 Toe A„ron dit sien, het hy daarvoor 'n altaar gebou. En A„ron het uitgeroep en gesê: M"re is daar fees tot eer van die HERE.

6 En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.

7 Toe sê die HERE vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.

8 En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.

9 Verder het die HERE vir Moses gesê: Ek het hierdie volk gesien, en kyk, dit is 'n hardnekkige volk.

10 Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot 'n groot nasie maak.

11 Maar Moses het die HERE sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o HERE, sou u toorn ontvlam teen u volk wat U met grote krag en met 'n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?

12 Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: In kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van u toorn, en laat dit U berou oor die onheil van u volk.

13 Gedenk aan Abraham, Isak en Israel, u knegte, vir wie U by Uself gesweer en aan wie U gesê het: Ek sal julle nageslag vermenigvuldig soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan Ek gespreek het, sal Ek aan julle nageslag gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe.

14 Toe het dit die HERE berou oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy sy volk sou aandoen.

15 En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe.

16 En die tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.

17 En toe Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer.

18 Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang.

19 En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel.

20 En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.

21 En Moses het vir A„ron gesê: Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so 'n groot sonde oor hulle gebring het?

22 Toe antwoord A„ron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, dat hulle deur en deur sleg is.

23 Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.

24 Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat die dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom.

25 Toe Moses sien dat die volk bandeloos was -- want A„ron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders --

26 het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie v¡r die HERE is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel.

27 En hy het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.

28 En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op die dag omtrent drie duisend man geval.

29 Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om te offer aan die HERE -- want elkeen is teen sy seun en teen sy broer -- sodat Hy vandag 'n seën oor julle kan gee.

30 En die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Julle het 'n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.

31 En Moses het na die HERE teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het 'n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak.

32 Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het!

33 Toe het die HERE Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, die sal Ek uitdelg uit my boek.

34 Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek.

35 So het die HERE dan die volk getref, omdat hulle die kalf gemaak het wat A„ron vervaardig het.

1 א וירא העם כי בשש משה לרדת מן ההר ויקהל העם על אהרן ויאמרו אליו קום עשה לנו אלהים אשר ילכו לפנינו--כי זה משה האיש אשר העלנו מארץ מצרים לא ידענו מה היה לו

2 ב ויאמר אלהם אהרן פרקו נזמי הזהב אשר באזני נשיכם בניכם ובנתיכם והביאו אלי

3 ג ויתפרקו כל העם את נזמי הזהב אשר באזניהם ויביאו אל אהרן

4 ד ויקח מידם ויצר אתו בחרט ויעשהו עגל מסכה ויאמרו--אלה אלהיך ישראל אשר העלוך מארץ מצרים

5 ה וירא אהרן ויבן מזבח לפניו ויקרא אהרן ויאמר חג ליהוה מחר

6 ו וישכימו ממחרת ויעלו עלת ויגשו שלמים וישב העם לאכל ושתו ויקמו לצחק  {פ}

7 ז וידבר יהוה אל משה  לך רד--כי שחת עמך אשר העלית מארץ מצרים

8 ח סרו מהר מן הדרך אשר צויתם--עשו להם עגל מסכה וישתחוו לו ויזבחו לו ויאמרו אלה אלהיך ישראל אשר העלוך מארץ מצרים

9 ט ויאמר יהוה אל משה  ראיתי את העם הזה והנה עם קשה ערף הוא

10 י ועתה הניחה לי ויחר אפי בהם ואכלם ואעשה אותך לגוי גדול

11 יא ויחל משה את פני יהוה אלהיו ויאמר למה יהוה יחרה אפך בעמך אשר הוצאת מארץ מצרים בכח גדול וביד חזקה

12 יב למה יאמרו מצרים לאמר ברעה הוציאם להרג אתם בהרים ולכלתם מעל פני האדמה שוב מחרון אפך והנחם על הרעה לעמך

13 יג זכר לאברהם ליצחק ולישראל עבדיך אשר נשבעת להם בך ותדבר אלהם ארבה את זרעכם ככוכבי השמים וכל הארץ הזאת אשר אמרתי אתן לזרעכם ונחלו לעלם

14 יד וינחם יהוה על הרעה אשר דבר לעשות לעמו  {פ}

15 טו ויפן וירד משה מן ההר ושני לחת העדת בידו  לחת כתבים משני עבריהם--מזה ומזה הם כתבים

16 טז והלחת--מעשה אלהים המה והמכתב מכתב אלהים הוא--חרות על הלחת

17 יז וישמע יהושע את קול העם ברעה ויאמר אל משה קול מלחמה במחנה

18 יח ויאמר אין קול ענות גבורה ואין קול ענות חלושה קול ענות אנכי שמע

19 יט ויהי כאשר קרב אל המחנה וירא את העגל ומחלת ויחר אף משה וישלך מידו את הלחת וישבר אתם תחת ההר

20 כ ויקח את העגל אשר עשו וישרף באש ויטחן עד אשר דק ויזר על פני המים וישק את בני ישראל

21 כא ויאמר משה אל אהרן מה עשה לך העם הזה  כי הבאת עליו חטאה גדלה

22 כב ויאמר אהרן אל יחר אף אדני אתה ידעת את העם כי ברע הוא

23 כג ויאמרו לי--עשה לנו אלהים אשר ילכו לפנינו  כי זה משה האיש אשר העלנו מארץ מצרים--לא ידענו מה היה לו

24 כד ואמר להם למי זהב התפרקו ויתנו לי ואשלכהו באש ויצא העגל הזה

25 כה וירא משה את העם כי פרע הוא  כי פרעה אהרן לשמצה בקמיהם

26 כו ויעמד משה בשער המחנה ויאמר מי ליהוה אלי ויאספו אליו כל בני לוי

27 כז ויאמר להם כה אמר יהוה אלהי ישראל שימו איש חרבו על ירכו עברו ושובו משער לשער במחנה והרגו איש את אחיו ואיש את רעהו ואיש את קרבו

28 כח ויעשו בני לוי כדבר משה ויפל מן העם ביום ההוא כשלשת אלפי איש

29 כט ויאמר משה מלאו ידכם היום ליהוה כי איש בבנו ובאחיו--ולתת עליכם היום ברכה

30 ל ויהי ממחרת ויאמר משה אל העם אתם חטאתם חטאה גדלה ועתה אעלה אל יהוה אולי אכפרה בעד חטאתכם

31 לא וישב משה אל יהוה ויאמר  אנא חטא העם הזה חטאה גדלה ויעשו להם אלהי זהב

32 לב ועתה אם תשא חטאתם ואם אין--מחני נא מספרך אשר כתבת

33 לג ויאמר יהוה אל משה  מי אשר חטא לי אמחנו מספרי

34 לד ועתה לך נחה את העם אל אשר דברתי לך--הנה מלאכי ילך לפניך וביום פקדי ופקדתי עלהם חטאתם

35 לה ויגף יהוה את העם על אשר עשו את העגל אשר עשה אהרן  {ס}