1 Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE.

2 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.

3 Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kana„n te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het;

4 en k het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink.

5 Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur 'n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;

6 en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle 'n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.

7 En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, die HERE.

8 Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens.

9 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

10 Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek.

11 Maar Moses het voor die aangesig van die HERE gespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is?

12 Daarop het die HERE met Moses en A„ron gespreek en hulle met 'n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.

13 Dit is die hoofde van hulle families. Die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die geslagte van Ruben.

14 En die seuns van S¡meon: J,muel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kana„nitiese vrou; dit is die geslagte van S¡meon.

15 En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Mer ri. En die lewensjare van Levi was honderd sewe en dertig jaar.

16 Die seuns van Gerson: Libni en S¡me‹volgens hulle geslagte.

17 En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël; en die lewensjare van Kehat was honderd drie en dertig jaar.

18 En die seuns van Mer ri: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming.

19 En Amram het Jog,bed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom A„ron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd sewe en dertig jaar.

20 En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri.

21 En die seuns van Ussiël: M¡sael, lsafan en Sitri.

22 En A„ron het Elis,ba, die dogter van Amm¡nadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar: Nadab en Ab¡hu, Ele sar en Itamar.

23 En die seuns van Korag: Assir en lkana en Ab¡asaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.

24 En Ele sar, die seun van A„ron, het vir hom een van die dogters van Putiël as vrou geneem; en sy het vir hom P¡nehas gebaar. Dit is die familie-hoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.

25 Dit is A„ron en Moses aan wie die HERE gesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulle leërskare.

26 Dit is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en A„ron.

27 Die dag toe die HERE met Moses gespreek het in Egipteland,

28 het die HERE Moses aangespreek met die woorde: Ek is die HERE. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.

29 Toe sê Moses voor die aangesig van die HERE: Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?

1 א ויאמר יהוה אל משה עתה תראה אשר אעשה לפרעה  כי ביד חזקה ישלחם וביד חזקה יגרשם מארצו  {ס}

2 ב וידבר אלהים אל משה ויאמר אליו אני יהוה

3 ג וארא אל אברהם אל יצחק ואל יעקב--באל שדי ושמי יהוה לא נודעתי להם

4 ד וגם הקמתי את בריתי אתם לתת להם את ארץ כנען--את ארץ מגריהם אשר גרו בה

5 ה וגם אני שמעתי את נאקת בני ישראל אשר מצרים מעבדים אתם ואזכר את בריתי

6 ו לכן אמר לבני ישראל אני יהוה והוצאתי אתכם מתחת סבלת מצרים והצלתי אתכם מעבדתם וגאלתי אתכם בזרוע נטויה ובשפטים גדלים

7 ז ולקחתי אתכם לי לעם והייתי לכם לאלהים וידעתם כי אני יהוה אלהיכם המוציא אתכם מתחת סבלות מצרים

8 ח והבאתי אתכם אל הארץ אשר נשאתי את ידי לתת אתה לאברהם ליצחק וליעקב ונתתי אתה לכם מורשה אני יהוה

9 ט וידבר משה כן אל בני ישראל ולא שמעו אל משה מקצר רוח ומעבדה קשה  {פ}

10 י וידבר יהוה אל משה לאמר

11 יא בא דבר אל פרעה מלך מצרים וישלח את בני ישראל מארצו

12 יב וידבר משה לפני יהוה לאמר  הן בני ישראל לא שמעו אלי ואיך ישמעני פרעה ואני ערל שפתים  {פ}

13 יג וידבר יהוה אל משה ואל אהרן ויצום אל בני ישראל ואל פרעה מלך מצרים--להוציא את בני ישראל מארץ מצרים  {ס}

14 יד אלה ראשי בית אבתם  בני ראובן בכר ישראל חנוך ופלוא חצרן וכרמי--אלה משפחת ראובן

15 טו ובני שמעון ימואל וימין ואהד ויכין וצחר ושאול בן הכנענית אלה משפחת שמעון

16 טז ואלה שמות בני לוי לתלדתם--גרשון וקהת ומררי ושני חיי לוי שבע ושלשים ומאת שנה

17 יז בני גרשון לבני ושמעי למשפחתם

18 יח ובני קהת--עמרם ויצהר וחברון ועזיאל ושני חיי קהת שלש ושלשים ומאת שנה

19 יט ובני מררי מחלי ומושי אלה משפחת הלוי לתלדתם

20 כ ויקח עמרם את יוכבד דדתו לו לאשה ותלד לו את אהרן ואת משה ושני חיי עמרם שבע ושלשים ומאת שנה

21 כא ובני יצהר--קרח ונפג וזכרי

22 כב ובני עזיאל--מישאל ואלצפן וסתרי

23 כג ויקח אהרן את אלישבע בת עמינדב אחות נחשון--לו לאשה ותלד לו את נדב ואת אביהוא את אלעזר ואת איתמר

24 כד ובני קרח אסיר ואלקנה ואביאסף אלה משפחת הקרחי

25 כה ואלעזר בן אהרן לקח לו מבנות פוטיאל לו לאשה ותלד לו את פינחס אלה ראשי אבות הלוים--למשפחתם

26 כו הוא אהרן ומשה--אשר אמר יהוה להם הוציאו את בני ישראל מארץ מצרים על צבאתם

27 כז הם המדברים אל פרעה מלך מצרים להוציא את בני ישראל ממצרים הוא משה ואהרן

28 כח ויהי ביום דבר יהוה אל משה--בארץ מצרים  {ס}

29 כט וידבר יהוה אל משה לאמר אני יהוה דבר אל פרעה מלך מצרים את כל אשר אני דבר אליך

30 ל ויאמר משה לפני יהוה  הן אני ערל שפתים ואיך ישמע אלי פרעה  {פ}