1 Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was.
2 Maar daar was onder die kinders van Israel nog sewe stamme oor wie se erfenis hulle nie verdeel het nie.
3 Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle gegee het?
4 Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die land deurgaan en dit beskrywe met die oog op hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom
5 en dit onder mekaar in sewe dele verdeel: Juda moet sy gebied in die suide behou, en die huis van Josef moet sy gebied in die noorde behou.
6 Maar julle moet die land in sewe dele beskrywe en die beskrywing hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp, hier voor die aangesig van die HERE onse God.
7 Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van die HERE hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van die HERE, hulle gegee het.
8 Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het Josua hulle bevel gegee om die land te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die land en beskrywe dit, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die aangesig van die HERE in Silo.
9 En die manne het gegaan en die land deurgetrek en dit in 'n boek beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na Josua gekom in die laer van Silo.
10 Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van die HERE; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel volgens hulle afdelings.
11 En die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef;
12 en hulle lyn aan die noordekant was: van die Jordaan af; dan loop die lyn op na die noordelike hang van J,rigo, en dit loop op in die gebergte in westelike rigting en loop dood by die woestyn van Bet-Awen;
13 en daarvandaan loop die lyn oor na Lus, na die suidelike hang van Lus, dit is Bet-el; verder loop die lyn af na Atrot-Addar, op die gebergte wat suid lê van Bet-Horon-Onder;
14 dan buig die lyn om en swaai na die westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon lê; verder loop dit dood by Kirjat-Ba„l, dit is Kirjat-Je rim, die stad van die kinders van Juda; dit is die westekant;
15 en die suidekant begin by die uiteinde van Kirjat-Je rim; en die lyn loop aan in die weste en dan na die waterfontein van Neftoag;
16 dan loop die lyn af na die uiteinde van die berg wat teenoor die dal Ben-Hinnom, noordelik in die dal van die Refa‹ete lê; dan loop dit af na die dal Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, en loop af na die fontein Rogel;
17 verder buig dit noord om en loop aan na die fontein Semes; dan loop dit aan na die klipkrale wat teenoor die hoogte van Adummim lê, en loop af na die klip van Bohan, die seun van Ruben;
18 dan gaan dit oor na die hang teenoor die Araba in noordelike rigting en loop af na die Araba;
19 verder loop die lyn oor na die hang van Bet-Hogla in noordelike rigting; dan loop die lyn dood by die noordelike tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike lyn;
20 en die Jordaan begrens dit aan die oostekant. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin na hulle geslagte, volgens sy lyne rondom.
21 En die stede van die stam van die kinders van Benjamin, volgens hulle geslagte, was: J,rigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis,
22 en Bet-Araba en Semar im en Bet-el,
23 en Ha„wim en Para en Ofra,
24 en Kefar-Ha„mmoni en Ofni en Gaba: twaalf stede met hulle dorpe;
25 G¡beon en Rama en Beërot,
26 en Mispe en Kef¡ra en Mosa,
27 en Rekem en J¡rpeël en T reala,
28 en Sela, Elef en Jebusi, dit is Jerusalem, G¡beat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte.
1 א ויקהלו כל עדת בני ישראל שלה וישכינו שם את אהל מועד והארץ נכבשה לפניהם
2 ב ויותרו בבני ישראל אשר לא חלקו את נחלתם--שבעה שבטים
3 ג ויאמר יהושע אל בני ישראל עד אנה אתם מתרפים לבוא לרשת את הארץ אשר נתן לכם יהוה אלהי אבותיכם
4 ד הבו לכם שלשה אנשים לשבט ואשלחם ויקמו ויתהלכו בארץ ויכתבו אותה לפי נחלתם--ויבאו אלי
5 ה והתחלקו אתה לשבעה חלקים יהודה יעמד על גבולו מנגב ובית יוסף יעמדו על גבולם מצפון
6 ו ואתם תכתבו את הארץ שבעה חלקים והבאתם אלי הנה ויריתי לכם גורל פה לפני יהוה אלהינו
7 ז כי אין חלק ללוים בקרבכם כי כהנת יהוה נחלתו וגד וראובן וחצי שבט המנשה לקחו נחלתם מעבר לירדן מזרחה אשר נתן להם משה עבד יהוה
8 ח ויקמו האנשים וילכו ויצו יהושע את ההלכים לכתב את הארץ לאמר לכו והתהלכו בארץ וכתבו אותה ושובו אלי ופה אשליך לכם גורל לפני יהוה בשלה
9 ט וילכו האנשים ויעברו בארץ ויכתבוה לערים לשבעה חלקים על ספר ויבאו אל יהושע אל המחנה שלה
10 י וישלך להם יהושע גורל בשלה לפני יהוה ויחלק שם יהושע את הארץ לבני ישראל כמחלקתם {פ}
11 יא ויעל גורל מטה בני בנימן--למשפחתם ויצא גבול גורלם בין בני יהודה ובין בני יוסף
12 יב ויהי להם הגבול לפאת צפונה מן הירדן ועלה הגבול אל כתף יריחו מצפון ועלה בהר ימה והיה (והיו) תצאתיו מדברה בית און
13 יג ועבר משם הגבול לוזה אל כתף לוזה נגבה--היא בית אל וירד הגבול עטרות אדר על ההר אשר מנגב לבית חרון תחתון
14 יד ותאר הגבול ונסב לפאת ים נגבה מן ההר אשר על פני בית חרון נגבה והיה (והיו) תצאתיו אל קרית בעל היא קרית יערים עיר בני יהודה זאת פאת ים
15 טו ופאת נגבה מקצה קרית יערים ויצא הגבול ימה ויצא אל מעין מי נפתוח
16 טז וירד הגבול אל קצה ההר אשר על פני גי בן הנם אשר בעמק רפאים צפונה וירד גי הנם אל כתף היבוסי נגבה וירד עין רגל
17 יז ותאר מצפון ויצא עין שמש ויצא אל גלילות אשר נכח מעלה אדמים וירד אבן בהן בן ראובן
18 יח ועבר אל כתף מול הערבה צפונה וירד הערבתה
19 יט ועבר הגבול אל כתף בית חגלה צפונה והיה (והיו) תצאותיו (תצאות) הגבול אל לשון ים המלח צפונה אל קצה הירדן נגבה זה גבול נגב
20 כ והירדן יגבל אתו לפאת קדמה זאת נחלת בני בנימן לגבולתיה סביב--למשפחתם {פ}
21 כא והיו הערים למטה בני בנימן--למשפחותיהם יריחו ובית חגלה ועמק קציץ
22 כב ובית הערבה וצמרים ובית אל
23 כג והעוים והפרה ועפרה
24 כד וכפר העמני (העמנה) והעפני וגבע ערים שתים עשרה וחצריהן
25 כה גבעון והרמה ובארות
26 כו והמצפה והכפירה והמצה
27 כז ורקם וירפאל ותראלה
28 כח וצלע האלף והיבוסי היא ירושלם גבעת קרית--ערים ארבע עשרה וחצריהן זאת נחלת בני בנימן למשפחתם {פ}