1 Israel was 'n weelderig uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het; hoe meer vrug hy gedra het, des te meer altare het hy gebou; hoe beter dit met sy land gesteld was, des te beter het hy die klippilare gemaak.

2 Vals is hulle hart; nou sal hulle daarvoor boet; Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes.

3 Ja, nou sal hulle sê: Ons het geen koning nie, want ons het die HERE nie gevrees nie; en die koning -- wat sou hy vir ons kan doen?

4 Hulle het groot woorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit -- en soos 'n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye.

5 Oor die kalf van Bet-Awen sal die inwoners van Samar¡a besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is.

6 Hy sal ook self na Assur weggevoer word as 'n geskenk aan koning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit.

7 Samar¡a word vernietig, sy koning is soos 'n spaander op die water.

8 En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; en hulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!

9 Sedert die dae van G¡bea het jy gesondig, o Israel! Daar staan hulle -- moet die stryd teen die kwaaddoeners hulle nie oorval in G¡bea nie?

10 Dit is my begeerte om hulle te tugtig, en volke sal teen hulle versamel word as hulle gebind word aan hulle twee ongeregtighede.

11 Maar Efraim is 'n geleerde jong koei wat gewillig dors; nogtans sal Ek self oor haar mooi nek gaan: Ek sal Efraim laat trek; Juda sal die ploeg trek, Jakob sal die eg sleep.

12 Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle 'n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.

13 Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde.

14 Daarom sal daar oorlogsrumoer onder jou volke ontstaan en al jou vestings verwoes word net soos Salman Bet-Arbel verwoes het in die dag van oorlog: moeders is met kinders en al verpletter.

15 Net so het Bet-el aan julle gedoen weens julle ontsettende boosheid; in die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel.

1 א גפן בוקק ישראל פרי ישוה לו כרב לפריו הרבה למזבחות--כטוב לארצו היטיבו מצבות

2 ב חלק לבם עתה יאשמו הוא יערף מזבחותם ישדד מצבותם

3 ג כי עתה יאמרו אין מלך לנו  כי לא יראנו את יהוה והמלך מה יעשה לנו

4 ד דברו דברים אלות שוא כרת ברית ופרח כראש משפט על תלמי שדי

5 ה לעגלות בית און יגורו שכן שמרון  כי אבל עליו עמו וכמריו עליו יגילו--על כבודו כי גלה ממנו

6 ו גם אותו לאשור יובל מנחה למלך ירב בשנה אפרים יקח ויבוש ישראל מעצתו

7 ז נדמה שמרון מלכה כקצף על פני מים

8 ח ונשמדו במות און חטאת ישראל--קוץ ודרדר יעלה על מזבחותם ואמרו להרים כסונו ולגבעות נפלו עלינו  {פ}

9 ט מימי הגבעה חטאת ישראל שם עמדו לא תשיגם בגבעה מלחמה על בני עלוה

10 י באותי ואסרם ואספו עליהם עמים באסרם לשתי עינתם (עונותם)

11 יא ואפרים עגלה מלמדה אהבתי לדוש ואני עברתי על טוב צוארה ארכיב אפרים יחרוש יהודה ישדד לו יעקב

12 יב זרעו לכם לצדקה קצרו לפי חסד נירו לכם ניר ועת לדרוש את יהוה עד יבוא וירה צדק לכם

13 יג חרשתם רשע עולתה קצרתם אכלתם פרי כחש--כי בטחת בדרכך ברב גבוריך

14 יד וקאם שאון בעמך וכל מבצריך יושד כשד שלמן בית ארבאל ביום מלחמה  אם על בנים רטשה

15 טו ככה עשה לכם בית אל מפני רעת רעתכם בשחר נדמה נדמה מלך ישראל