1 Samar¡a sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle sal val deur die swaard, hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue oopgesny word.
2 Bekeer jou, Israel, tot die HERE jou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid.
3 Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.
4 Assur kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie en tot die werk van ons hande nie meer sê: Onse God nie! Want by U vind die wees ontferming.
5 Ek sal hulle afkerigheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend.
6 Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos 'n lelie en sy wortels uitslaan soos die L¡banon.
7 Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos die van 'n olyfboom en sy geur soos die L¡banon.
8 Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van die L¡banon.
9 Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos 'n groen sipres; uit My word jou vrug gevind. [ (Hosea 14:10) Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die HERE is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel! ]
1 א תאשם שמרון כי מרתה באלהיה בחרב יפלו--עלליהם ירטשו והריותיו יבקעו {פ}
2 ב שובה ישראל עד יהוה אלהיך כי כשלת בעונך
3 ג קחו עמכם דברים ושובו אל יהוה אמרו אליו כל תשא עון וקח טוב ונשלמה פרים שפתינו
4 ד אשור לא יושיענו על סוס לא נרכב ולא נאמר עוד אלהינו למעשה ידינו--אשר בך ירחם יתום
5 ה ארפא משובתם--אהבם נדבה כי שב אפי ממנו
6 ו אהיה כטל לישראל יפרח כשושנה ויך שרשיו כלבנון
7 ז ילכו ינקותיו ויהי כזית הודו וריח לו כלבנון
8 ח ישבו ישבי בצלו יחיו דגן ויפרחו כגפן זכרו כיין לבנון
9 ט אפרים מה לי עוד לעצבים אני עניתי ואשורנו אני כברוש רענן--ממני פריך נמצא [ (Hosea 14:10) י מי חכם ויבן אלה נבון וידעם כי ישרים דרכי יהוה וצדקים ילכו בם ופשעים יכשלו בם {ש} ]