Publicidade

Oséias 6

1 Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.2 Hy sal ons n twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.3 En laat ons ken -- laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.4 Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos 'n môre wolk en soos 'n dou wat vroeg weer verdwyn.5 Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal.6 Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel.8 G¡lead is 'n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore.9 En soos 'n rower op die loer lê, loer 'n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen.10 In die huis van Israel het Ek 'n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.11 Ook vir jou, o Juda, is daar 'n oes beskik as Ek die lot van my volk verander.

1 א לכו ונשובה אל יהוה כי הוא טרף וירפאנו יך ויחבשנו 2 ב יחינו מימים ביום השלישי יקמנו ונחיה לפניו 3 ג ונדעה נרדפה לדעת את יהוה כשחר נכון מצאו ויבוא כגשם לנו כמלקוש יורה ארץ 4 ד מה אעשה לך אפרים מה אעשה לך יהודה וחסדכם כענן בקר וכטל משכים הלך 5 ה על כן חצבתי בנביאים--הרגתים באמרי פי ומשפטיך אור יצא 6 ו כי חסד חפצתי ולא זבח ודעת אלהים מעלות 7 ז והמה כאדם עברו ברית שם בגדו בי 8 ח גלעד קרית פעלי און--עקבה מדם 9 ט וכחכי איש גדודים חבר כהנים דרך ירצחו שכמה  כי זמה עשו 10 י בבית ישראל ראיתי שעריריה (שערוריה) שם זנות לאפרים נטמא ישראל 11 יא גם יהודה שת קציר לך בשובי שבות עמי  {פ}

Publicidade

Veja também

Publicidade
Oséias
Ver todos os capítulos de Oséias