1 As Efraim net gespreek het, was daar siddering; hoog het hy gestaan in Israel. Maar hy het hom skuldig gemaak deur die Ba„l en gesterwe.

2 En nou gaan hulle voort om te sondig en het vir hulle 'n gegote beeld van hulle silwer gemaak, afgode volgens hulle insig, geheel en al smidswerk; van hulle word gesê: Die mense wat offer, vereer kalwers met kusse!

3 Daarom sal hulle wees soos 'n môre wolk en soos dou wat vroeg weer verdwyn, soos kaf wat wegvlieg van die dorsvloer en soos rook uit die venster.

4 Tog was Ek, die HERE, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.

5 Ek het jou in die woestyn geken, in die land van droogtes.

6 Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.

7 Toe het Ek vir hulle soos 'n leeu geword, soos 'n luiperd lê Ek by die pad en loer.

8 Ek val hulle aan soos 'n beer wat van kleintjies beroof is, en Ek skeur hulle borskas oop; en soos 'n leeuin verslind Ek hulle daar, die wilde diere van die veld sal hulle verskeur.

9 Dit is jou verderf, o Israel, dat jy teen My, jou helper, is.

10 Waar is nou jou koning, dat hy jou kan verlos in al jou stede, en jou regters van wie jy gesê het: Gee my 'n koning en vorste?

11 Ek gee jou 'n koning in my toorn, en Ek neem hom weg in my grimmigheid.

12 Saamgebind is die ongeregtigheid van Efraim, weggebêre is sy sonde.

13 Barensweë sal hom oorval, hy is 'n onverstandige kind; want as die tyd daar is, stel hy hom nie in die kindergeboorte nie.

14 Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf? Berou bly vir my oë verborge.

15 Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom 'n oostewind, 'n wind van die HERE, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Di, sal 'n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof.

1 א כדבר אפרים רתת נשא הוא בישראל ויאשם בבעל וימת

2 ב ועתה יוספו לחטא ויעשו להם מסכה מכספם כתבונם עצבים מעשה חרשים כלה להם הם אמרים זבחי אדם עגלים ישקון

3 ג לכן יהיו כענן בקר וכטל משכים הלך כמץ יסער מגרן וכעשן מארבה

4 ד ואנכי יהוה אלהיך מארץ מצרים ואלהים זולתי לא תדע ומושיע אין בלתי

5 ה אני ידעתיך במדבר--בארץ תלאבות

6 ו כמרעיתם וישבעו--שבעו וירם לבם על כן שכחוני

7 ז ואהי להם כמו שחל--כנמר על דרך אשור

8 ח אפגשם כדב שכול ואקרע סגור לבם ואכלם שם כלביא חית השדה תבקעם

9 ט שחתך ישראל כי בי בעזרך

10 י אהי מלכך אפוא ויושיעך בכל עריך ושפטיך--אשר אמרת תנה לי מלך ושרים

11 יא אתן לך מלך באפי ואקח בעברתי  {פ}

12 יב צרור עון אפרים צפונה חטאתו

13 יג חבלי יולדה יבאו לו הוא בן לא חכם כי עת לא יעמד במשבר בנים

14 יד מיד שאול אפדם ממות אגאלם אהי דבריך מות אהי קטבך שאול--נחם יסתר מעיני

15 טו כי הוא בין אחים יפריא יבוא קדים רוח יהוה ממדבר עלה ויבוש מקורו ויחרב מעינו--הוא ישסה אוצר כל כלי חמדה