1 Wie is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die wysheid van 'n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander.
2 Ek sê: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by God.
3 Haas jou nie om van hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met 'n slegte saak nie, want alles wat hy wil, doen hy.
4 Want die woord van die koning is magtig, en wie kan vir hom sê: Wat doen u?
5 Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van 'n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.
6 Want vir elke ding is daar 'n tyd en 'n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom.
7 Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees -- wie kan hom dit te kenne gee?
8 Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie, en daar is geen vrystelling in die oorlog nie; so sal ook die goddeloosheid hom wat dit begaan, nie red nie.
9 Dit alles het ek gesien deurdat ek my hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word, in 'n tyd waarin die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.
10 So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.
11 Omdat die oordeel oor 'n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen;
12 aangesien 'n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe -- alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, omdat hulle voor sy aangesig vrees,
13 en dit nie goed sal gaan met die goddelose, en hy die dae nie sal verleng soos 'n skaduwee nie, omdat hy voor die aangesig van God nie vrees nie.
14 Dit is 'n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.
15 Daarom het ek die vreugde geprys, dat daar niks beters is vir die mens onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat dit hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son.
16 Toe ek my hart daarop gerig het om wysheid te leer ken en om te aanskou die dinge wat op die aarde gedoen word -- ja, selfs bedags en snags niemand met sy oë die slaap sien nie --
17 het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die mens hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan -- hy sal dit nie kan uitvind nie!
1 Who is like the wise man? and to whom is the sense of anything clear? A man's wisdom makes his face shining, and his hard face will be changed.
2 I say to you, Keep the king's law, from respect for the oath of God.
3 Be not quick to go from before him. Be not fixed in an evil design, because he does whatever is pleasing to him.
4 The word of a king has authority; and who may say to him, What is this you are doing?
5 Whoever keeps the law will come to no evil: and a wise man's heart has knowledge of time and of decision.
6 For every purpose there is a time and a decision, because the sorrow of man is great in him.
7 No one is certain what is to be, and who is able to say to him when it will be?
8 No man has authority over the wind, to keep the wind; or is ruler over the day of his death. In war no man's time is free, and evil will not keep the sinner safe.
9 All this have I seen, and have given my heart to all the work which is done under the sun: there is a time when man has power over man for his destruction.
10 And then I saw evil men put to rest, taken even from the holy place; and they went about and were praised in the town because of what they had done. This again is to no purpose.
11 Because punishment for an evil work comes not quickly, the minds of the sons of men are fully given to doing evil.
12 Though a sinner does evil a hundred times and his life is long, I am certain that it will be well for those who go in fear of God and are in fear before him.
13 But it will not be well for the evil-doer; he will not make his days long like a shade, because he has no fear before God.
14 There is a thing which is to no purpose done on the earth: that there are good men to whom is given the same punishment as those who are evil, and there are evil men who get the reward of the good. I say that this again is to no purpose.
15 So I gave praise to joy, because there is nothing better for a man to do under the sun than to take meat and drink and be happy; for that will be with him in his work all the days of his life which God gives him under the sun.
16 When I gave my mind to the knowledge of wisdom and to seeing the business which is done on the earth (and there are those whose eyes see not sleep by day or by night),
17 Then I saw all the work of God, and that man may not get knowledge of the work which is done under the sun; because, if a man gives hard work to the search he will not get knowledge, and even if the wise man seems to be coming to the end of his search, still he will be without knowledge.