1 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

2 Stuur vir jou manne uit, dat hulle die land Kana„n wat Ek aan die kinders van Israel sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen 'n owerste onder hulle.

3 En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die HERE -- hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel.

4 En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: S mmua, die seun van Sakkur.

5 Van die stam van S¡meon: Safat, die seun van Hori.

6 Van die stam van Juda: Kaleb, die seun van Jefunne.

7 Van die stam van Issaskar: J¡geal, die seun van Josef.

8 Van die stam van Efraim: Hos,a, die seun van Nun.

9 Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu.

10 Van die stam van S,bulon: G ddiël, die seun van Sodi.

11 Van die stam van Josef, vir die stam van Manasse: Gaddi, die seun van Susi.

12 Van die stam van Dan: Amm¡ël, die seun van Gem lli.

13 Van die stam van Aser: Setur, die seun van M¡gael.

14 Van die stam van N ftali: Nagbi, die seun van Wofsi.

15 Van die stam van Gad: G,huel, die seun van Magi.

16 Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken; En Moses het Hos,a, die seun van Nun, Josua genoem.

17 En Moses het hulle gestuur om die land Kana„n te verken en vir hulle gesê: Trek hier in die Suidland op en beklim die gebergte.

18 En bekyk die land, hoe dit is, en die volk wat daarin woon, of dit sterk of swak, of dit min of baie is;

19 en hoe die land is waar hulle in woon, of dit goed of sleg is; en hoe die stede is waar hulle in woon, laers of vestings;

20 ook hoe die land is, of dit vet of skraal is, of daar bome in is of nie; en wees dapper en bring van die vrugte van die land saam. Dit was toe die tyd van die eerste druiwe.

21 En hulle het opgetrek en die land verken van die woestyn Sin af tot by Rehob, na die ingang van Hammat --

22 hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ah¡man, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou.

23 Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar 'n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan 'n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye.

24 Di, plek het hulle die dal Eskol genoem vanweë die tros wat die kinders van Israel daar afgesny het.

25 En n verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken.

26 En hulle het weggegaan en by Moses en A„ron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn Paran, in Kades, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die land laat sien.

27 En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en d¡t is sy vrugte.

28 Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.

29 Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kana„niete woon by die see en aan die kant van die Jordaan.

30 Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.

31 Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.

32 So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is 'n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.

33 Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.

1 And the Lord said to Moses,

2 Send men to get knowledge about the land of Canaan, which I am giving to the children of Israel; from every tribe of their fathers you are to send a man, every one a chief among them.

3 And Moses sent them from the waste land of Paran as the Lord gave orders, all of them men who were heads of the children of Israel.

4 And these were their names: of the tribe of Reuben, Shammua, the son of Zaccur.

5 Of the tribe of Simeon, Shaphat, the son of Hori.

6 Of the tribe of Judah, Caleb, the son of Jephunneh.

7 Of the tribe of Issachar, Igal, the son of Joseph.

8 Of the tribe of Ephraim, Hoshea, the son of Nun.

9 Of the tribe of Benjamin, Palti, the son of Raphu.

10 Of the tribe of Zebulun, Gaddiel, the son of Sodi.

11 Of the tribe of Joseph, that is of the family of Manasseh, Gaddi, the son of Susi.

12 Of the tribe of Dan, Ammiel, the son of Gemalli.

13 Of the tribe of Asher, Sethur, the son of Michael

14 Of the tribe of Naphtali, Nahbi, the son of Vophsi.

15 Of the tribe of Gad, Gevel, the son of Machi.

16 These are the names of the men whom Moses sent to get knowledge about the land. And Moses gave to Hoshea, the son of Nun, the name of Joshua.

17 So Moses sent them to have a look at the land of Canaan, and said to them, Go up into the South and into the hill-country;

18 And see what the land is like; and if the people living in it are strong or feeble, small or great in number;

19 And what sort of land they are living in, if it is good or bad; and what their living-places are, tent-circles or walled towns;

20 And if the land is fertile or poor, and if there is wood in it or not. And be of good heart, and come back with some of the produce of the land. Now it was the time when the first grapes were ready.

21 So they went up and got a view of the land, from the waste land of Zin to Rehob, on the way to Hamath.

22 They went up into the South and came to Hebron; and Ahiman and Sheshai and Talmai, the children of Anak, were living there. (Now the building of Hebron took place seven years before that of Zoan in Egypt.)

23 And they came to the valley of Eshcol, and cutting down a vine-branch with its grapes, two of them took it on a rod between them; and they took some pomegranates and figs.

24 That place was named the valley of Eshcol because of the grapes which the children of Israel took from there.

25 At the end of forty days they came back from viewing the land.

26 And they came back to Moses and Aaron and all the children of Israel, to Kadesh in the waste land of Paran; and gave an account to them and to all the people and let them see the produce of the land.

27 And they said, We came to the land where you sent us, and truly it is flowing with milk and honey: and here is some of the produce of it.

28 But the people living in the land are strong, and the towns are walled and very great; further, we saw the children of Anak there.

29 And the Amalekites are in the South; and the Hittites and the Jebusites and the Amorites are living in the hill-country; and the Canaanites by the sea and by the side of Jordan.

30 Then Caleb made signs to the people to keep quiet, and said to Moses, Let us go up straight away and take this land; for we are well able to overcome it.

31 But the men who had gone up with him said, We are not able to go up against the people, for they are stronger than we.

32 And they gave the children of Israel a bad account of the land they had been to see, saying, This land through which we went is a land causing destruction to those living in it; and all the people we saw there are men of more than common size.

33 There we saw those great men, the sons of Anak, offspring of the Nephilim: and we seemed to ourselves no more than insects, and so we seemed to them.