1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer, my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring.

3 En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as 'n voortdurende brandoffer.

4 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei;

5 met 'n tiende van 'n efa fynmeel as spysoffer, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie.

6 Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.

7 En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees 'n kwart-hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die HERE uitgiet.

8 En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei -- 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

9 Maar op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.

10 Dit is die brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

11 En by die begin van julle maande moet julle 'n brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

12 en drie-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke bul, en twee tiendes fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir die een ram;

13 en een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is 'n brandoffer, 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.

14 En hulle drankoffers moet wees 'n half-hin wyn vir 'n bul en 'n derde van 'n hin vir 'n ram en 'n kwart-hin vir 'n lam. Dit is die brandoffer by elke nuwemaan, vir die maande van die jaar.

15 Ook moet een bokram as sondoffer aan die HERE berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

16 En in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van die HERE.

17 En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word.

18 Op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.

19 Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees.

20 En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes van 'n efa vir 'n bul en twee-tiendes vir 'n ram moet julle berei.

21 Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei.

22 Daarby een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen.

23 Behalwe die môre brandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei.

24 Op die manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir die HERE berei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word -- en die drankoffer wat daarby behoort.

25 En op die sewende dag moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.

26 En op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie.

27 Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers;

28 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram,

29 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

30 een bokram om vir julle versoening te doen.

31 Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, moet julle dit berei -- hulle moet vir julle sonder gebrek wees -- en hulle drankoffers.

1 여호와께서 모세에게 일러 가라사대

2 이스라엘 자손에게 명하여 그들에게 이르라 나의 예물, 나의 식물되는 화제, 나의 향기로운 것은 너희가 그 정한 시기에 삼가 내게 드릴지니라

3 또 그들에게 이르라 너희가 여호와께 드릴 화제는 이러하니 일년되고 흠 없는 수양을 매일 둘씩 상번제로 드리되

4 한 어린 양은 아침에 드리고, 한 어린 양은 해 질 때에 드릴 것이요

5 또 고운 가루 에바 십분지 일에 빻아낸 기름 힌 사분지 일을 섞어서 소제로 드릴 것이니

6 이는 시내산에서 정한 상번제로서 여호와께 드리는 향기로운 화제며

7 또 그 전제는 어린 양 하나에 힌 사분지 일을 드리되 거룩한 곳에서 여호와께 독주의 전제를 부어 드릴 것이며

8 해질 때에는 그 한 어린 양을 드리되 그 소제와 전제를 아침 것같이 여호와께 향기로운 화제로 드릴 것이니라

9 안식일에는 일년 되고 흠 없는 수양 둘과 고운 가루 에바 십분지 이에 기름 섞은 소제와 그 전제를 드릴 것이니

10 이는 매 안식일의 번제라 상번제와 그 전제 외에니라

11 월삭에는 수송아지 둘과 수양 하나와 일년 되고 흠없는 수양 일곱으로 여호와께 번제를 드리되

12 매 수송아지에는 고운 가루 에바 십분지 삼에, 기름 섞은 소제와 수양 하나에는 고운 가루 에바 십분지 이에 기름 섞은 소제와

13 매 어린 양에는 고운 가루 에바 십분지 일에, 기름 섞은 소제를 향기로운 번제로 여호와께 화제로 드릴 것이며

14 그 전제는 수송아지 하나에 포도주 반 힌이요, 수양 하나에 삼분지 일 힌이요 어린 양 하나에 사분지 일 힌이니 이는 일년 중 매 월삭의 번제며

15 또 상번제와 그 전제 외에 수염소 하나를 속죄제로 여호와께 드릴 것이니라

16 정월 십사일은 여호와의 유월절이며

17 또 그달 십오일 부터는 절일이니 칠일동안 무교병을 먹을 것이며

18 그 첫날에는 성회로 모일 것이요 아무 노동도 하지 말 것이며

19 수송아지 둘과 수양 하나와 일년 된 수양 일곱을 다 흠없는 것으로 여호와께 화제를 드려 번제가 되게 할 것이며

20 그 소제로는 고운 가루에 기름을 섞어서 쓰되 수송아지 하나에는 에바 십분지 삼이요 수양 하나에는 에바 십분지 이를 드리고

21 어린 양 일곱에는 매 어린 양에 에바 십분지 일을 드릴 것이며

22 또 너희를 속하기 위하여 수염소 하나로 속죄제를 드리되

23 아침의 번제 곧 상번제 외에 그것들을 드릴 것이니라

24 너희는 이 순서대로 칠일 동안 매일 여호와께 향기로운 화제의 식물을 드리되 상번제와 그 전제 외에 드릴 것이며

25 제 칠일에는 성회로 모일 것이요 아무 노동도 하지 말 것이니라

26 칠칠절 처음 익은 열매 드리는 날에 너희가 여호와께 새 소제를 드릴 때에도 성회로 모일 것이요 아무 노동도 하지 말 것이며

27 수 송아지 둘과 수양 하나와 일년 된 수양 일곱으로 여호와께 향기로운 번제를 드릴 것이며

28 그 소제로는 고운 가루에 기름을 섞어서 쓰되 매 수송아지에는 에바 십분지 삼이요, 수양 하나에는 에바 십분지 이요

29 어린 양 일곱에는 매 어린 양에 에바 십분지 일을 드릴 것이며

30 또 너희를 속하기 위하여 수염소 하나를 드리되

31 너희는 다 흠 없는 것으로 상번제와 그 소제와 전제 외에 그것들을 드릴 것이니라