1 En die familiehoofde van die geslag van die kinders van G¡lead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van Josef se kinders, het nader gekom en voor Moses en die owerstes, die familiehoofde van die kinders van Israel, gespreek

2 en gesê: Die HERE het aan my heer bevel gegee om die land deur die lot as erfenis aan die kinders van Israel te gee; ook het my heer van die HERE bevel ontvang om die erfdeel van ons broer Selofhad aan sy dogters te gee.

3 As hulle nou die vroue word van een van die seuns uit die ander stamme van die kinders van Israel, dan word hulle erfdeel van ons vaders se erfdeel weggeneem en gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan die erfdeel wat ons deur die lot aangewys is, ingekort word.

4 En as die jubeljaar vir die kinders van Israel aanbreek, dan word hulle erfdeel gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan hulle erfdeel van die erfdeel van ons vaders se stam weggeneem word.

5 Toe het Moses die kinders van Israel volgens die bevel van die HERE gelas en gesê: Die stam van die kinders van Josef praat reg.

6 Dit is die saak wat die HERE aangaande die dogters van Selofhad beveel het deur te sê: Laat hulle die vroue word van hom wat goed is in hulle oë; hulle moet net trou in 'n geslag van die stam van hulle vader,

7 sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou.

8 En elke dogter wat 'n erfdeel kry, uit die stamme van die kinders van Israel, moet die vrou word van een uit die geslag van die stam van haar vader, sodat die kinders van Israel elkeen die erfdeel van sy vaders kan erwe.

9 So sal dan 'n erfdeel nie van een stam na 'n ander stam oorgaan nie; want die stamme van die kinders van Israel moet elkeen sy erfdeel vashou.

10 Soos die HERE Moses beveel het, so het die dogters van Selofhad gedoen:

11 Magla, Tirsa en Hogla en Milka en Noa, die dogters van Selofhad, het die vroue geword van die seuns van hulle ooms;

12 hulle het die vroue geword van manne uit die geslagte van die kinders van Manasse, die seun van Josef. So het dan hulle erfdeel gebly in die stam van die geslag van hulle vader.

13 Dit is die gebooie en die verordeninge wat die HERE deur die diens van Moses die kinders van Israel beveel het, in die vlaktes van Moab by die Jordaan van J,rigo.

1 요셉 자손의 자손 중 므낫세의 손자 마길의 아들 길르앗 자손 가족의 두령들이 나아와 모세와 이스라엘 자손의 두령된 족장들 앞에 말하여

2 가로되 `여호와께서 우리 주에게 명하사 이스라엘 자손에게 그 기업의 땅을 제비뽑아 주게 하셨고 여호와께서 또 우리 주에게 명하사 우리 형제 슬로브핫의 기업으로 그 딸들에게 주게 하였은즉

3 그들이 만일 이스라엘 자손의 다른 지파 남자들에게 시집가면 그들의 기업은 우리 조상의 기업에서 감삭되고 그들의 속할 그 지파의 기업에 첨가되리니 그러면 우리 제비뽑은 기업에서 감삭될 것이요

4 이스라엘 자손의 희년을 당하여 그 기업이 그가 속한 지파에 첨가될 것이라 그런즉 그들의 기업은 우리 조상 지파의 기업에서 아주 감삭되리이다'

5 모세가 여호와의 말씀으로 이스라엘에게 명하여 가로되 `요셉 자손 지파의 말이 옳도다

6 슬로브핫의 딸들에게 대한 여호와의 명이 이러하니라 이르시되 슬로브핫의 딸들은 마음대로 시집가려니와 오직 그 조상 지파의 가족에게로만 시집갈지니

7 그리하면 이스라엘 자손의 기업이 이 지파에서 저 지파로 옮기지 않고 이스라엘 자손이 다 각기 조상 지파의 기업을 지킬 것이니라 하셨나니

8 이스라엘 자손의 지파 중 무릇 그 기업을 이은 딸들은 자기 조상지파 가족되는 사람에게로 시집갈 것이라 그리하면 이스라엘 자손이 각기 조상의 기업을 보존하게 되어서

9 그 기업으로 이 지파에서 저 지파로 옮기게 하지 아니하고 이스라엘 자손 지파가 각각 자기 기업을 지키리라'

10 슬로브핫의 딸들이 여호와께서 모세에게 명하신 대로 행하니라

11 슬로브핫의 딸 말라와 디르사와 호글라와 밀가와 노아가 다 그 아비 형제의 아들들에게로 시집가되

12 그들이 요셉의 아들 므낫세 자손의 가족에게로 시집 간고로 그 기업이 그 아비 가족의 지파에 여전히 있었더라

13 이는 여리고 맞은편 요단가 모압 평지에서 여호와께서 모세로 이스라엘 자손에게 명하신 명령과 규례니라