1 Is ek nie 'n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?2 As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here.3 My verantwoording aan die wat my beskuldig, is d¡t:4 Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?5 Het ons dan geen reg om 'n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en C,fas nie?6 Of het net ek en Barnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?7 Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant 'n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas 'n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?8 Sê ek dit miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie?9 Want in die wet van Moses is geskrywe: 'n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer?10 Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word.11 As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit 'n groot saak as ons julle stoflike goed maai?12 As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.13 Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?14 So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.15 Maar ,k het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf d¡t nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemand my roem sou verydel.16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!17 Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is 'n rentmeesterskap aan my toevertrou.18 Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.19 Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win.20 Vir die Jode het ek soos 'n Jood geword om die Jode te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win.21 Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet -- al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus -- om die wat sonder die wet is, te win;22 vir die swakkes het ek soos 'n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.23 En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek 'n deelgenoot daarvan kan word.24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop so dat julle dit sekerlik kan behaal.25 En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles -- hulle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.27 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.
1 Ar aš ne apaštalas? Ar aš ne laisvas? Ar nesu regėjęs Jėzaus Kristaus, mūsų Viešpaties? Ar jūs ne mano darbo vaisius Viešpatyje?2 Jei kitiems ir nesu apaštalas, tai jums, be abejo, esu, nes mano apaštalystės antspaudas esate jūs Viešpatyje.3 Štai mano pasiteisinimas prieš tuos, kurie mane kaltina.4 Argi mes neturime teisės valgyti ir gerti?5 Ar neturime teisės vaikščioti kartu su seserimi, žmona, kaip kiti apaštalai ir Viešpaties broliai bei Kefas?6 O gal tik aš ir Barnabas neturime teisės nedirbti?7 Kas gi tarnauja kariuomenėje už savo paties pinigus? Kas sodina vynuogyną ir nevalgo jo vaisių? Arba kas gano bandą ir negeria bandos pieno?8 Ar aš tai sakau vien kaip žmogus? Argi to paties nesako ir Įstatymas?9 Mozės Įstatyme parašyta: "Neužrišk nasrų kuliančiam jaučiui!" Bet ar Dievui terūpi jaučiai?10 O gal Jis iš tiesų taiko tai mums? Juk dėl mūsų parašyta, kad artojas artų su viltimi ir kūlėjas kultų su viltimi, jog gaus savo dalį.11 Jei mes jums pasėjome dvasinių gėrybių, tai ar didelis dalykas, kad pjausime pas jus medžiaginių?12 Jei kiti turi teisių į jus, tai ar ne juo labiau mes? Vis dėlto mes nesinaudojome savo teise, bet viską pakeliame, kad tik Kristaus Evangelijai nedarytume kliūčių.13 Ar nežinote, kad tie, kurie tarnauja šventykloje, valgo iš šventyklos pajamų ir kad aukuro tarnai gauna dalį aukų?14 Taip ir Viešpats patvarkė, kad Evangelijos skelbėjai gyventų iš Evangelijos.15 Bet aš nesinaudojau šiomis teisėmis. Ir tai rašau ne tam, kad sau pritaikyčiau. Man geriau mirti, negu leisti, kad kas atimtų iš manęs šį pasigyrimą.16 Jeigu skelbiu Evangeliją, neturiu pagrindo girtis, nes tai mano būtina pareiga, ir vargas man, jei Evangelijos neskelbčiau!17 Jeigu tai darau savo valia, turiu atlygį; bet jei darau ne savo valia, tai atlieku man patikėtą tarnavimą.18 Koks tada mano atlygis? Ogi kad, skelbdamas Kristaus Evangeliją, pateikiu ją veltui ir nesinaudoju savo teise, kurią man duoda Evangelijos skelbimas.19 Būdamas nuo nieko nepriklausomas, pasidariau visų vergas, kad tik daugiau jų laimėčiau.20 Žydams buvau kaip žydas, kad laimėčiau žydus. Tiems, kurie laikosi įstatymo, tapau besilaikančiu įstatymo, kad laimėčiau besilaikančius įstatymo, nors pats nesu jam pavaldus.21 Tiems, kurie neturi įstatymo, buvau kaip neturintis įstatymo, pats būdamas ne be Dievo įstatymo, bet surištas Kristaus įstatymu,kad laimėčiau tuos, kurie neturi įstatymo.22 Silpniesiems pasidariau kaip silpnas, kad laimėčiau silpnuosius. Visiems tapau viskuo, kad vienaip ar kitaip kai kuriuos išgelbėčiau.23 Visa tai darau dėl Evangelijos, kad būčiau jos dalininkas.24 Argi nežinote, kad lenktynėse bėga visi, bet tik vienas gauna laimėtojo apdovanojimą? Taigi bėkite taip, kad laimėtumėte!25 Kiekvienas varžybų dalyvis nuo visko susilaiko; jie taip daro, norėdami gauti vystantį vainiką, o mesnevystantį.26 Todėl aš bėgu nedvejodamas ir grumiuosi ne kaip į orą smūgiuodamas,27 bet tramdau savo kūną ir darau jį klusnų, kad, kitiems skelbdamas, pats netapčiau atmestinas.