1 En toe die sewende maand aankom en die kinders van Israel in die stede was, het die volk soos een man in Jerusalem byeengekom.2 En J,sua, die seun van Josadak, met sy broers, die priesters, en Serubb bel, die seun van Se ltiël, met sy broers, het klaargemaak en die altaar van die God van Israel gebou om daar brandoffers op te offer soos geskrywe staan in die wet van Moses, die man van God.3 En hulle het die altaar op sy grondveste opgerig, omdat die skrik vir die volke van die lande op hulle gekom het; en hulle het daar brandoffers op geoffer aan die HERE, brandoffers smôre ns en saans.4 En hulle het die huttefees gehou soos geskrywe staan, en brandoffers dag vir dag volgens die getal, na die eis van elke dag, soos voorgeskrywe was;5 en daarna die voortdurende brandoffer en die van die nuwemane en van al die geheiligde feestye van die HERE en van elkeen wat aan die HERE 'n vrywillige gawe gebring het.6 Van die eerste dag van die sewende maand af het hulle begin om brandoffers aan die HERE te bring, alhoewel die fondament van die tempel van die HERE nog nie gelê was nie.7 Maar hulle het geld gegee aan die klipkappers en die skrynwerkers, en aan die Sidoniërs en Tiriërs voedsel en drank en olie om sederhout van die L¡banon te bring na die see, na Jafo, volgens die verlof van Kores, die koning van Persië, aan hulle.8 En in die tweede jaar n hulle aankoms by die huis van God in Jerusalem, in die tweede maand, het Serubb bel, die seun van Se ltiël, 'n begin gemaak, hy en J,sua, die seun van Josadak, en hulle ander broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het: hulle het die Leviete van twintig jaar oud en daarbo aangestel om toesig te hou oor die werk aan die huis van die HERE.9 En J,sua het opgetree, sy seuns en sy broers, K dmiël met sy seuns, die seuns van Juda, soos een man, om toesig te hou oor die wat die werk gedoen het aan die huis van God, met die seuns van H,nadad, hulle seuns en hulle broers, die Leviete.10 Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die HERE lê, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die HERE te loof volgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.11 En hulle het aangehef met lof en dank aan die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid oor Israel is vir ewig! En die hele volk het gejuig met groot gejuig toe hulle die HERE loof, omdat die fondament van die huis van die HERE gelê was.12 Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oues wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het.13 En die volk kon die geluid van blye gejuig nie onderskei van die geluid van gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met groot gejuig, sodat die geluid tot ver weg gehoor is.
1 Izraelitams apsigyvenus savuose miestuose, septintą mėnesį visi vieningai susirinko į Jeruzalę.2 Tada Jehocadako sūnus Jozuė su savo broliais kunigais ir Salatielio sūnus Zorobabelis su savo broliais atstatė Izraelio Dievo aukurą deginamosioms aukoms, kaip parašyta Dievo vyro Mozės įstatyme.3 Jie atstatė aukurą jo senoje vietoje, nors ir bijojo aplinkui gyvenančių tautų. Jie kas rytą ir vakarą aukojo ant jo deginamąsias aukas Viešpačiui.4 Jie šventė Palapinių šventę, kaip parašyta, ir kasdien aukojo deginamųjų aukų tiek, kiek buvo nustatyta tą dieną.5 Be to, jie aukojo nuolatines deginamąsias, jauno mėnulio, visų metinių Viešpaties švenčių ir laisvos valios aukas Viešpačiui.6 Septintojo mėnesio pirmąją dieną jie pradėjo aukoti Viešpačiui deginamąsias aukas, bet Viešpaties šventyklos pamatai dar nebuvo padėti.7 Jie davė pinigų akmenskaldžiams ir statybininkams, o sidoniečiams ir Tyro gyventojams maisto, gėrimo ir aliejaus, kad jūra atgabentų kedro medžių iš Libano į Jopę, kaip jiems persų karalius Kyras buvo įsakęs.8 Po savo sugrįžimo antrųjų metų antrąjį mėnesį, Salatielio sūnus Zorobabelis ir Jehocadako sūnus Jozuė su visais savo broliais kunigais, levitais ir visais, grįžusiais iš nelaisvės į Jeruzalę, pradėjo ir paskyrė levitus, dvidešimties metų ir vyresnius, Viešpaties namų statybos darbams prižiūrėti.9 Jozuė ir jo sūnūs bei broliai, Kadmielis ir jo sūnūs iš Judo sūnų, Henadado sūnūs, jų broliai ir levitai prižiūrėjo darbininkus Dievo namų statyboje.10 Statybininkams padėjus Viešpaties šventyklos pamatus, kunigai, apsirengę savo rūbais, sustojo su trimitais rankose, o levitai, Asafo sūnūs, su cimbolais šlovino Viešpatį pagal Izraelio karaliaus Dovydo nurodymus.11 Jie pakaitomis giedojo, šlovindami ir dėkodami Viešpačiui: "Jis yra geras, ir Jo gailestingumas Izraeliui amžinas". Kai jie šlovino Viešpatį, visi žmonės garsiai šaukė, nes Viešpaties namų pamatai buvo padėti.12 Daugelis kunigų, levitų ir šeimų vyresniųjų, kurie buvo seni žmonės ir savo akimis matė pirmuosius namus, garsiai verkė, matydami šių namų pamatus; tuo tarpu kiti garsiai šaukė iš džiaugsmo.13 Nebuvo galima atskirti džiaugsmo šūksnių ir verkiančiųjų balso, nes žmonės garsiai šaukė ir garsas buvo girdimas toli.