1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen die berg Se‹r en profeteer teen hom.
3 En sê vir hom: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o berg Se‹r! En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou 'n wildernis en 'n woesteny maak.
4 Ek sal jou stede 'n puinhoop maak, en jy self sal 'n wildernis word; en jy sal weet dat Ek die HERE is.
5 Omdat jy 'n ewige vyandskap koester en die kinders van Israel in die mag van die swaard oorgelewer het in die tyd van hulle onheil, in die tyd van uiteindelike afrekening,
6 daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek sal jou tot bloed maak, en bloed sal jou vervolg; omdat jy bloed nie gehaat het nie, sal bloed jou vervolg.
7 En Ek sal die berg Se‹r 'n woesteny en wildernis maak, en uit hom uitroei die wat deurtrek en wat terugkom.
8 En Ek sal sy berge vol maak met die wat uit hom verslaan is; jou heuwels en jou dale en al jou klowe -- die wat verslaan is deur die swaard, sal daarin val.
9 Ewige wildernisse sal Ek jou maak, en jou stede sal nie bewoon word nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
10 Omdat jy sê: Die twee nasies daar en die twee lande sal myne wees, en ons sal dit in besit neem -- terwyl tog die HERE daar gewees het --
11 daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek sal handel volgens jou toorn en jou naywer waarmee jy uit jou haat teen hulle gehandel het; en Ek sal onder hulle bekend word as Ek jou oordeel.
12 En jy sal weet dat Ek, die HERE, al jou lasterlike woorde gehoor het wat jy teen die berge van Israel gespreek het deur te sê: Hulle lê woes, hulle is aan ons gegee tot spys.
13 So het julle dan jul groot gehou teen My met julle mond en julle woorde teen My opgehoop; Ek het dit gehoor.
14 So sê die Here HERE: Tot vreugde van die hele aarde sal Ek jou 'n wildernis maak.
15 Soos jy vrolik was oor die erfdeel van die huis van Israel, omdat dit verwoes is, so sal Ek met jou maak: jy sal 'n wildernis word, o berg Se‹r en die hele Edom, almal saam. En hulle sal weet dat Ek die HERE is.
1 Viešpats kalbėjo man:
2 "Žmogaus sūnau, pranašauk prieš Seyro kalną.
3 Sakyk jiems: ‘Taip sako Viešpats Dievas: ‘Seyro kalne, Aš esu prieš tave! Aš ištiesiu savo ranką prieš tave ir paversiu tave visiška dykyne.
4 Tavo miestus paversiu griuvėsiais, tu tapsi dykyne. Tada žinosi, kad Aš esu Viešpats’.
5 Kadangi tu visada buvai izraelitų priešas ir naikinai juos priespaudos metu,
6 todėl taip sako Viešpats: ‘Aš atiduodu tave kraujui, ir kraujas persekios tave.
7 Aš visiškai sunaikinsiu Seyro kalnyną ir paversiu jį dykyne.
8 Aš pripildysiu kalnus užmuštųjų; jie gulės kalvose, slėniuose ir tarpekliuose.
9 Tavo miestai bus negyvenami griuvėsiai. Tada jūs žinosite, kad Aš esu Viešpats.
10 Tu sakei: ‘Šios dvi tautos bus mano, aš jas paveldėsiu’, nors Aš, Viešpats, buvau su jais.
11 Todėl, kaip Aš gyvas,sako Viešpats Dievas,atlyginsiu tau tuo pačiu, ką jie patyrė iš tavęs, pagal tavo darbus teisiu tave.
12 Tada tu žinosi, kad Aš esu Viešpats. Aš girdėjau, kaip tu piktžodžiavai ir kalbėjai prieš Izraelio kraštą: ‘Jis yra tuščias, mes lengvai jį prarysime!’
13 Tu didžiavaisi prieš mane ir kalbėjai daugybę žodžių; Aš išgirdau tai’.
14 Taip sako Viešpats Dievas: ‘Kai visa žemė džiaugsis, Aš padarysiu tave dykyne.
15 Kaip tu džiaugeisi Izraelio sunaikinimu, taip Aš tau padarysiu. Seyro kalne ir visa Idumėja, jūs tapsite dykyne! Tada jie žinos, kad Aš esu Viešpats’ ".