1 In die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien.
2 Op die vyfde van die maand -- dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jojagin --
3 het die woord van die HERE uitdruklik gekom tot Es,giël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; en die hand van die HERE was daar op hom.
4 Toe het ek gekyk -- en daar het 'n stormwind uit die noorde gekom, 'n groot wolk met onophoudelike vuur; en 'n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.
5 En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dit was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van 'n mens gehad;
6 en elkeen het vier aangesigte gehad en elkeen van hulle vier vlerke;
7 en hulle bene was reguit bene en hulle voetsole soos die sole van 'n kalfspoot; en hulle het geglinster soos blink geskuurde koper;
8 en mensehande was onder hulle vlerke aan hulle vier kante. Maar aangaande die aangesigte en die vlerke van al vier,
9 hulle vlerke was aanmekaar verbind. Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan.
10 En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van 'n mens; en al vier het die gesig van 'n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van 'n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van 'n arend gehad.
11 En hulle vlerke het uitgesprei na boontoe; elkeen het twee gehad wat met mekaar verbind was, en twee wat hulle liggame bedek het.
12 En hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan; waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan; hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie.
13 Aangaande die gestalte van die wesens: hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole, soos die voorkoms van fakkels; die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het 'n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan.
14 En die wesens het heen en weer gesnel, in aansien soos 'n bliksemstraal.
15 Ek het toe die wesens nader bekyk: daar was een wiel op die grond langs die wesens aan elkeen van die vier voorkante.
16 Die voorkoms van die wiele en hulle maaksel was soos die van 'n chrisoliet; en al vier het dieselfde vorm gehad; daarby was hulle voorkoms en hulle maaksel asof daar 'n wiel binne-in 'n wiel was.
17 Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan: hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.
18 En hulle vellings -- die was hoog en die was wonderbaar; en hulle vellings was by al vier rondom vol oë.
19 En as die wesens gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die wesens hulle van die grond af ophef, word die wiele opgehef.
20 Waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan in die rigting wat die gees wou gaan; en die wiele is gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wese was in die wiele.
21 As die gaan, gaan hulle; en as die bly staan, staan hulle; en as die hulle van die grond af ophef, word die wiele gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wesens was in die wiele.
22 En oor die hoofde van die wesens was iets in die vorm van 'n uitspansel wat blink soos die wonderbare kristal, bo-oor hulle hoofde uitgesprei.
23 En onder die uitspansel heen was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek; en elkeen het twee gehad wat duskant en anderkant hul liggame bedek het.
24 En as hulle gaan, het ek die geruis van hulle vlerke gehoor soos die geruis van baie waters, soos die stem van die Almagtige -- 'n gedruis soos die gedreun van 'n leër. As hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.
25 En daar het 'n stem gekom bo van die uitspansel af wat oor hulle hoof was; as hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.
26 En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van 'n troon; en op die troongestalte 'n gestalte wat soos 'n mens gelyk het.
27 Ek sien toe iets soos blinkende metaal; van wat soos sy lendene gelyk het boontoe soos vuur, rondom in 'n omhulsel gevat; en van wat soos sy lendene gelyk het ondertoe, het ek iets gesien soos vuur met 'n glans daaromheen.
28 Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op 'n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning van die heerlikheid van die HERE gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.
1 Tai buvo trisdešimtaisiais metais, ketvirto mėnesio penktą dieną, man esant tarp tremtinių prie Kebaro upės. Atsivėrė dangūs, ir aš mačiau Dievo regėjimus.
2 Penktaisiais karaliaus Joachino tremties metais, penktą mėnesio dieną,
3 Viešpats kalbėjo kunigui Ezechieliui, Buzio sūnui, chaldėjų krašte prie Kebaro upės. Viešpaties ranka buvo ten ant jo.
4 Aš mačiau iš šiaurės kylantį viesulą ir debesis, aplinkui liepsnojo ugnis. Ugnies vidurys spindėjo lyg žėrintis gintaras.
5 Liepsnų viduryje mačiau keturias būtybes. Jų išvaizda buvo panaši į žmogaus.
6 Kiekviena jų turėjo keturis veidus ir keturis sparnus.
7 Jų kojos buvo tiesios, o kojų pėdos panašios į veršio kanopas. Būtybės žibėjo kaip išlydytas varis.
8 Po jų sparnais keturiuose šonuose buvo žmogaus rankos. Veidus ir sparnus jos turėjo keturiose pusėse.
9 Sparnai lietė vienas kitą. Eidamos jos nesisuko, kiekviena ėjo tiesiai.
10 Visų keturių veidai atrodė taip: priekyje buvo žmogaus veidas, dešinėjeliūto veidas, kairėjeveršio veidas ir užpakalyjeerelio veidas.
11 Jų sparnai buvo ištiesti ir pakelti į viršų. Du sparnai lietė vienas kitą, kiti dudengė jų kūnus.
12 Jos ėjo kiekviena tiesiai pirmyn. Kur dvasia norėjo eiti, ten jos ir ėjo, ir eidamos nepasisukdavo.
13 Būtybės atrodė kaip degančios anglys, kaip žibintai. Ugnis judėjo tarp būtybių. Ji buvo labai šviesi, o iš jos žybčiojo žaibai.
14 Būtybės judėjo pirmyn ir atgal tarsi žaibai.
15 Žiūrėdamas į būtybes, mačiau ant žemės prie kiekvienos iš jų po ratą.
16 Ratai atrodė lyg berilis. Visi keturi buvo vienodi ir taip pat padaryti. Kiekvienas iš jų atrodė lyg būtų ratas rate.
17 Jie judėdavo į keturias puses nepasisukdami.
18 Jų ratlankiai buvo aukšti ir keliantys baimę. Visi keturi ratlankiai buvo pilni akių.
19 Einant būtybėms, drauge ėjo ir ratai; pakilus būtybėms aukštyn, pakildavo ir ratai.
20 Kur dvasia ėjo, ir jie ėjo; pakilus dvasiai, ir ratai pakildavo, nes būtybių dvasia ir buvo ratuose.
21 Jei jos ėjo, ir jie ėjo drauge, jei jos sustodavo, sustodavo ir jie; jei jos pakildavo nuo žemės, pakildavo ir ratai, nes būtybių dvasia buvo ratuose.
22 Virš būtybių galvų buvo kažkas panašaus į dangaus skliautą, kuris žėrėjo kaip krištolas ir gaubė jas.
23 Po skliautu kiekviena būtybė dviem sparnais dengė savo kūną, o kiti du sparnai buvo ištiesti.
24 Joms judant, girdėjau jų sparnų ūžimą lyg galingo vandenyno, lyg Visagalio balsą, lyg didelės kariuomenės stovyklos triukšmą. Joms sustojus, sparnai nusileisdavo.
25 Nuo skliauto, esančio virš jų galvų, aidėjo balsas. Kai jos stovėjo, sparnai buvo nuleisti.
26 Virš skliauto, kuris buvo virš jų galvų, mačiau lyg sostą iš safyro ir ant jo sėdinčią į žmogų panašią būtybę.
27 Būtybė nuo juosmens aukštyn ir žemyn spindėjo lyg gintaras, lyg ugnies liepsnos,
28 lyg lankas, kuris pasirodo debesyse lyjant, Jį supo spindėjimas. Tai buvo Viešpaties šlovės pasirodymas. Pamatęs tai, kritau veidu žemėn ir išgirdau balsą.