1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout -- die wingerdrank wat onder die hout van die bos is?
3 Word daar hout van geneem om vir 'n stuk werk te gebruik? Of neem 'n mens daar 'n pen van om allerhande goed aan op te hang?
4 Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; as die vuur sy twee ente verteer het en sy middelste stuk geskroei is, sal dit deug vir 'n stuk werk?
5 Kyk, toe dit heel was, kon daar niks van gemaak word nie; hoeveel minder, as die vuur dit verteer het en dit geskroei is, sal daar dan nog iets van gemaak kan word.
6 Daarom, so sê die Here HERE: Soos die hout van die wingerdstok is onder die hout van die bos, wat Ek aan die vuur oorgegee het om verteer te word, so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee:
7 Ek sal my aangesig teen hulle rig: uit die vuur het hulle voortgekom, en die vuur sal hulle verteer; en julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my aangesig teen hulle rig
8 en die land 'n wildernis maak, omdat hulle troubreuk begaan het, spreek die Here HERE.
1 Viešpats kalbėjo man:
2 "Žmogaus sūnau, kuo geresnis vynmedis, lyginant jį su kitais medžiais?
3 Ar iš jo daro ką nors, ar naudoja padaryti kabliui kam nors pakabinti?
4 Jis tinka tik sudeginti. Jo abu galai sudega, o vidurys pajuoduoja. Ar jis dar kam nors tinka?
5 Jei sveikas netiko jokiam daiktui pagaminti, tai ką bekalbėti, kai jis sudegaiš jo jokios naudos!
6 Todėl Viešpats Dievas sako: ‘Aš padarysiu Jeruzalės gyventojams kaip vynmedžiui, kuris sudega ugnyje.
7 Aš atsigręšiu į juos, ir, išėję iš vienos ugnies, jie sudegs kitoje. Jūs žinosite, kad Aš esu Viešpats, kai atsigręšiu į juos.
8 Kraštą paversiu dykuma, nes jie sulaužė ištikimybę man,sako Viešpats Dievas’ ".