Publicidade

Juízes 19

1 En in die dae was daar geen koning in Israel nie. En 'n Levitiese man het as vreemdeling vertoef agter in die gebergte van Efraim; en hy het vir hom 'n vrou, 'n byvrou, geneem uit Betlehem-Juda.2 Maar sy byvrou het by hom gehoereer en van hom weggegaan na haar vader se huis, na Betlehem-Juda; en sy was daar vier maande lank.3 Daarop maak haar man klaar en gaan haar agterna om na haar hart te spreek en haar terug te bring; sy dienaar was by hom met 'n paar esels. En toe sy hom in die huis van haar vader bring en die vader van die jong vrou hom sien, was hy bly om hom te ontmoet.4 En sy skoonvader, die vader van die jong vrou, het hom teruggehou, sodat hy drie dae by hom gebly het; en hulle het geëet en gedrink en die nag daar oorgebly.5 Maar terwyl hulle op die vierde dag vroeg in die môre opstaan en hy klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou vir sy skoonseun: Versterk jou hart met 'n stukkie brood, en daarna kan julle weggaan.6 En hulle het gebly, en hulle twee het saam geëet en gedrink. Daarop sê die vader van die jong vrou aan die man: Bly tog asseblief die nag oor, en laat jou hart vrolik wees.7 Toe die man egter klaarmaak om weg te gaan, het sy skoonvader by hom aangedring, sodat hy weer die nag daar oorgebly het.8 Terwyl hy op die vyfde dag vroeg in die môre klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou: Versterk jou hart tog, en vertoef julle tot agtermiddag. En hulle twee het geëet.9 Maar toe die man klaarmaak om weg te gaan, hy en sy byvrou en sy dienaar, sê sy skoonvader, die vader van die jong vrou, vir hom: Kyk, die son sak, dit wil aand word; bly julle maar die nag oor: kyk, dit is al laat, bly die nag hier oor, en laat jou hart vrolik wees; dan kan julle môre vroeg klaarmaak vir julle reis en na jou tente toe gaan.10 Maar die man wou nie die nag oorbly nie en het klaargemaak en weggetrek en gekom tot teenoor Jebus -- dit is Jerusalem -- met 'n paar opgesaalde esels by hom; ook sy byvrou was by hom.11 En toe hulle by Jebus kom en die son al baie gesak het, sê die dienaar aan sy heer: Kom tog, laat ons uitdraai na hierdie stad van die Jebusiete en daarin vernag.12 Maar sy heer sê aan hom: Ons kan nie uitdraai na 'n vreemde stad waar nie van die kinders van Israel is nie, maar ons moet verbytrek tot by G¡bea.13 Verder sê hy aan sy dienaar: Trek, laat ons nader kom by een van die plekke en in G¡bea of Rama vernag.14 So het hulle dan verder verbygetrek; en die son het vir hulle ondergegaan by G¡bea wat aan Benjamin behoort.15 Toe draai hulle daar uit om in G¡bea te gaan vernag. En hy het ingekom en gebly op die plein van die stad, want daar was niemand wat hulle in sy huis opgeneem het om te vernag nie.16 Maar kyk, in die aand kom daar 'n ou man uit die veld van sy werk af, en die man was van die gebergte van Efraim afkomstig en het in G¡bea as vreemdeling vertoef; maar die manne van die plek was Benjaminiete.17 En toe hy sy oë opslaan, sien hy die reisiger op die plein van die stad, en die ou man vra: Waar gaan u heen, en waar kom u vandaan?18 En hy sê vir hom: Ons trek deur van Betlehem-Juda tot agter in die gebergte van Efraim; ek kom daarvandaan en het tot by Betlehem-Juda gereis, en ek gaan na die huis van die HERE; maar hier is niemand wat my in sy huis opneem nie,19 alhoewel ons esels strooi sowel as voer het, en daar ook brood en wyn is vir myself en vir u dienares en vir die bediende wat by u dienaars is; daar is aan geen ding gebrek nie.20 Toe sê die ou man: Vrede vir jou! alleenlik, al wat u kortkom, is vir my rekening; u moet net nie op die plein vernag nie.21 Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan die esels voer gegee; en nadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en gedrink.22 Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van die stad, slegte manne, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met die ou man, die eienaar van die huis, en sê: Bring die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan beken.23 Daarop gaan die man, die eienaar van die huis, uit na hulle en sê aan hulle: Nee, my broers, moet tog nie kwaad doen nie, aangesien hierdie man in my huis ingekom het; moet nie hierdie skanddaad begaan nie.24 Hier is my dogter wat 'n jongmeisie is, en sy byvrou; laat ek hulle uitbring, onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so 'n skanddaad nie begaan nie.25 Toe die manne nie na hom wou luister nie, gryp die man sy byvrou en bring haar uit na hulle daarbuite; en hulle het haar beken en die hele nag deur haar mishandel, tot die môre toe, en haar laat loop toe die rooidag uitkom.26 En teen dagbreek het die vrou gekom en neergeval voor die ingang van die man se huis waar haar heer was, totdat dit lig was.27 En toe haar heer die môre opstaan en die huisdeure oopmaak en uitgaan om sy reis voort te sit -- kyk, daar lê die vrou, sy byvrou, voor die ingang van die huis met haar hande op die drumpel.28 En hy sê vir haar: Staan op en laat ons trek; maar niemand antwoord nie. Daarop het hy haar op die esel gelaai, en die man het klaargemaak en na sy woonplek getrek.29 Maar toe hy in sy huis kom, het hy 'n mes geneem en sy byvrou gegryp en haar stukkend gesny volgens haar gebeente in twaalf stukke en dit in die hele grondgebied van Israel rondgestuur.30 En elkeen wat dit sien, het gesê: So iets het nie gebeur en is nie gesien van die dag af dat die kinders van Israel uit Egipteland opgetrek het tot vandag toe nie; neem dit tog ter harte, gee raad en spreek!

1 Tuo metu, kai Izraelyje nebuvo karaliaus, vienas levitas gyveno kaip ateivis Efraimo kalnyno pakraštyje. Jis turėjo sugulovę iš Judo Betliejaus.2 Sugulovė buvo jam neištikima. Ji pabėgo nuo jo į savo tėvo namus, į Judo Betliejų, ir buvo ten keturis mėnesius.3 Jos vyras, nuėjęs į jos tėvo namus, maloniai kalbėjo su ja ir norėjo parsivesti ją atgal. Jis buvo pasiėmęs savo tarną ir porą asilų. Merginos tėvas džiaugėsi jį sutikdamas.4 Uošvis užlaikė jį, ir jis pasiliko ten tris dienas. Jie valgė, gėrė ir nakvojo.5 Ketvirtą dieną, atsikėlę anksti rytą, jie ruošėsi keliauti. Merginos tėvas sakė savo žentui: "Pavalgyk, o paskui galėsite keliauti".6 Jie abu valgė ir gėrė. Po to merginos tėvas tarė: "Pasilik nakčiai! Tegul pasidžiaugia tavo širdis".7 Jis norėjo keliauti, bet uošvis jį perkalbėjo, kad jis pasiliktų nakvoti.8 Penktąją dieną atsikėlęs anksti norėjo keliauti. Merginos tėvas tarė: "Pasistiprink ir pasilik iki popietės". Juodu pavalgė.9 Kai levitas, jo sugulovė ir tarnas pasiruošė keliauti, uošvis vėl kalbėjo: "Žiūrėk, diena jau eina vakarop. Pasilikite nakčiai. Tegul pasidžiaugia tavo širdis, o rytoj, anksti atsikėlę, galėsite keliauti į namus".10 Tačiau jis nebenorėjo nakvoti ir iškeliavo. Jis atvyko iki Jebuso (dabartinė Jeruzalė). Jis turėjo su savimi porą pabalnotų asilų ir sugulovę.11 Saulei leidžiantis, jie buvo prie Jebuso. Tarnas sakė savo šeimininkui: "Pasukime į šitą jebusiečių miestą ir nakvokime ten".12 O šeimininkas atsakė: "Ne, mes nesuksime į svetimtaučių miestą. Jie nėra Izraelio vaikai. Keliausime toliau iki Gibėjos miesto".13 Ir jis sakė savo tarnui: "Eime nakvoti į Gibėją arba į Ramą".14 Jie praėjo Jebusą ir keliavo toliau. Kai jie buvo prie Gibėjos miesto, priklausančio Benjaminui, nusileido saulė.15 Ir jie pasuko į Gibėją, kad apsistotų nakčiai. Atėję jie pasiliko miesto gatvėje, nes neatsirado nė vieno, kuris būtų juos priėmęs į savo namus nakvynei.16 Tuo metu senas vyras grįžo iš lauko darbų. Jis buvo nuo Efraimo aukštumų ir gyveno kaip ateivis Gibėjoje. Tos vietos gyventojai buvo benjaminai.17 Jis pamatė pakeleivį miesto gatvėje. Senas žmogus paklausė: "Iš kur atvykai ir kur eini?"18 Tas jam atsakė: "Mes einame iš Judo Betliejaus į Efraimo kalnyno pakraštį, nes ten gyvenu. Buvau nuvykęs į Judo Betliejų, o dabar einu į Viešpaties namus. Neatsirado nė vieno, kuris priimtų mane nakvoti.19 Turime šiaudų ir pašaro asilams, taip pat duonos ir vyno man, tavo tarnaitei ir jaunuoliui, kuris yra su tavo tarnais. Mums nieko netrūksta".20 Senas vyras atsakė: "Ramybė tau. Visa, ko reikia, parūpinsiu, tik nenakvok gatvėje".21 Jis įvedė juos į savo namus ir pašėrė asilus. Jie nusiplovė kojas, valgė ir gėrė.22 Kai jie linksmino savo širdis, miesto vyrai, Belialo sūnūs, apsupo namą ir daužė duris, šaukdami: "Išvesk tą vyrą, kuris atvyko į tavo namus, kad jį pažintume!"23 Namų šeimininkas išėjęs tarė: "Ne, broliai. Meldžiu, nesielkite taip piktai. Šitas vyras yra svečias mano namuose, nedarykite tokios kvailystės.24 Aš turiu dukterį, nekaltą mergaitę, ir tas vyras turi sugulovę. Aš jas išvesiu jums. Jūs galite žeminti jas ir daryti su jomis, kas jums atrodo tinkama. Tačiau su tuo vyru nesielkite taip bjauriai".25 Bet vyrai nenorėjo jo klausyti. Tada vyras paėmė savo sugulovę ir išvedė jiems. Jie išniekino ją ir vargino ją visą naktį. Dienai brėkštant, jie ją paleido.26 Ta moteris atėjo auštant ir parkrito prie to vyro namo durų, kur buvo jos šeimininkas, ir gulėjo, iki prašvito.27 Atsikėlęs rytą, jos šeimininkas atidarė duris, norėdamas keliauti. Moteris, jo sugulovė, gulėjo parkritusi prie namo durų, ištiesusi rankas ant slenksčio.28 Jis tarė jai: "Kelkis, keliaukime". Bet ji neatsakė. Jis ją užkėlė ant asilo ir parkeliavo į savo namus.29 Namuose paėmė peilį ir supjaustė savo sugulovę į dvyliką gabalų, ir išsiuntė visoms Izraelio giminėms.30 Tai matydami, visi kalbėjo: "Tokių įvykių nėra buvę nuo izraelitų išvykimo iš Egipto iki šios dienos. Apsvarstykime, pasitarkime ir nuspręskime, ką daryti".

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-