1 Toe Simson afgegaan het na Timna, sien hy in Timna 'n vrou uit die dogters van die Filistyne;2 en hy het opgegaan en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het 'n vrou uit die dogters van die Filistyne in Timna gesien; neem haar dan nou as vrou vir my.3 Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar onder die dogters van jou broers en onder my hele volk nie 'n vrou, dat jy heengaan om 'n vrou uit die Filistyne, die onbesnedenes, te neem nie? En Simson sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my.4 Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die HERE kom nie; want hy het rede gesoek teen die Filistyne; in die tyd naamlik het die Filistyne oor Israel geheers.5 En Simson het met sy vader en sy moeder afgegaan na Timna; en toe hulle by die wingerde van Timna kom, storm daar 'n jong leeu brullende op hom af.6 Maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword; en hy het dit verskeur soos 'n mens 'n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie.7 Toe gaan hy af en praat met die vrou; en sy het Simson geval.8 En 'n tyd daarna het hy teruggegaan om haar te gaan haal; en toe hy uitdraai om na die dooie leeu te kyk, was daar 'n swerm bye in die dooie liggaam van die leeu, en heuning.9 En hy het dit uitgehaal in sy hande en aldeur geloop en eet, en na sy vader en sy moeder gegaan en aan hulle gegee; en hulle het geëet, maar dat hy die heuning uit die dooie liggaam van die leeu uitgehaal het, vertel hy hulle nie.10 Daarop gaan sy vader na die vrou toe af, en Simson het daar 'n maaltyd berei; want so het die jongmanne gewoonlik gedoen.11 En toe hulle hom sien, neem hulle dertig vriende om by hom te wees.12 En Simson sê aan hulle: Laat my tog vir julle 'n raaisel opgee; as julle dit vir my reg uitlê gedurende die sewe dae van die maaltyd en dit uitvind, dan sal ek julle dertig hemde en dertig stel klere gee;13 maar as julle dit vir my nie kan uitlê nie, dan moet julle my dertig hemde en dertig stel klere gee. Toe sê hulle vir hom: Gee maar jou raaisel op, dat ons dit hoor.14 En hy sê vir hulle: Spys het uit die eter uitgegaan, en soetigheid uit die sterke. En drie dae lank kon hulle die raaisel nie uitlê nie.15 En op die vierde dag sê hulle aan die vrou van Simson: Haal jou man oor dat hy die raaisel vir ons uitlê, anders verbrand ons jou en die huis van jou vader met vuur; het julle ons genooi om ons te berowe, of hoe?16 Toe huil die vrou van Simson by hom en sê: Jy haat my net en het my nie lief nie; jy het my volksgenote die raaisel opgegee, maar vir my het jy dit nie uitgelê nie. En hy antwoord haar: Kyk, vir my vader en my moeder het ek dit nie uitgelê nie, sou ek dit dan vir jou uitlê?17 Maar sy het die sewe dae wat hulle maaltyd geduur het, by hom gehuil; en op die sewende dag het hy dit vir haar uitgelê; want sy het hom gepers en so die raaisel vir haar volksgenote uitgelê.18 Daarop sê die manne van die stad aan hom op die sewende dag voor sonsondergang: Wat is soeter as heuning, en wat is sterker as 'n leeu? En hy antwoord hulle: As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle my raaisel nie geraai het nie.19 En die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword. Toe gaan hy af na Askelon en slaan dertig man van hulle dood, en neem hulle uitrustings en gee die stelle klere aan die wat die raaisel uitgelê het; en hy het kwaad geword en opgegaan na die huis van sy vader.20 En sy vriend wat as sy bruidsjonker gedien het, het die vrou van Simson gekry.
1 Samsonas, nuėjęs į Timną, pamatė vieną filistinų mergaitę.2 Sugrįžęs jis sakė tėvams: "Mačiau Timnoje filistinų mergaitę. Leiskite man ją vesti".3 Jo tėvai atsakė: "Nejaugi tarp tavo giminių ir visoje tautoje nėra mergaitės, kad nori vesti iš neapipjaustytų filistinų?" Bet Samsonas atsakė: "Leiskite man ją vesti, nes ji man labai patinka".4 Tėvai nežinojo, kad Viešpats taip padarė, ieškodamas progos prieš filistinus. Tuo metu filistinai valdė Izraelį.5 Samsonas su tėvais ėjo į Timną. Prie Timnos vynuogynų jis sutiko jauną liūtą.6 Viešpaties Dvasia galingai nužengė ant jo, ir jis sudraskė jį kaip ožiuką plikomis rankomis, bet viso to nepapasakojo tėvams.7 Nuėjęs pas mergaitę, kalbėjosi, ir ji patiko Samsonui.8 Po kurio laiko jis grįžo jos paimti. Eidamas jis pasuko iš kelio, norėdamas pamatyti liūto dvėselieną. Ir štai liūto dvėselienoje bičių spiečius ir medus.9 Jis paėmė medaus ir ėjo toliau valgydamas. Parėjęs pas savo tėvus, jis davė ir jiems to medaus, ir jie valgė. Bet jis nepasakė jiems, kad tą medų jis buvo ėmęs iš liūto dvėselienos.10 Jo tėvas nuėjo pas tą mergaitę, ir Samsonas suruošė ten puotą; taip darydavo jaunikiai.11 Filistinai, jį pamatę, atvedė trisdešimt pabrolių, kad jie būtų su juo.12 Samsonas tarė: "Aš užminsiu jums mįslę. Jei ją įminsite per septynias puotos dienas, aš jums duosiu trisdešimt apatinių ir trisdešimt išeiginių drabužių,13 o jei neįminsite, tai jūs man duosite trisdešimt apatinių ir trisdešimt išeiginių drabužių". Jie atsakė jam: "Užmink mums tą mįslę, norime ją išgirsti".14 Jis tarė jiems: "Iš ėdiko išėjo maistas, iš stipruoliosaldumas". Jie negalėjo įminti mįslės per tris dienas.15 Ketvirtą dieną jie tarė Samsono žmonai: "Išgauk iš savo vyro mįslės įminimą. Jei neišgausi, sudeginsime tave ir tavo tėvo namus. Argi mus čia pasikvietėte apiplėšti?"16 Samsono žmona verkdama kalbėjo: "Tu nemyli manęs. Tu užminei mįslę mano tautos sūnums, o man jos nesakai". Jis jai tarė: "Aš jos nepasakiau nei savo tėvui, nei motinai, kodėl turėčiau tau ją pasakyti?"17 Ji verkė septynias dienas, kol vyko puota. Septintą dieną, netekęs kantrybės, jis pasakė mįslės įminimą. Ji viską pasakė savo tautos sūnums.18 Septintą dieną, prieš saulės nusileidimą, miesto vyrai Samsonui tarė: "Kas saldesnis už medų? Ir kas stipresnis už liūtą?" Jis jiems atsakė: "Jei nebūtumėte arę su mano telyčia, nebūtumėt įminę mįslės".19 Tada Viešpaties Dvasia nužengė ant jo ir jis, nuėjęs į Aškeloną, užmušė trisdešimt vyrų, paėmė jų drabužius ir atidavė juos tiems, kurie įminė mįslę. Po to, labai supykęs, jis sugrįžo į savo tėvo namus.20 Samsono žmona buvo atiduota vienam iš pabrolių.