Publicidade

Juízes 7

1 Daarna het Jerubba„l, dit is G¡deon, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan by die fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van die heuwel More af in die dal.2 Toe sê die HERE vir G¡deon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.3 Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van G¡lead af. Toe het daar van die manskappe twee en twintig duisend omgedraai, en tien duisend het oorgebly.4 Daarop sê die HERE vir G¡deon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan -- die mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie -- die mag nie gaan nie.5 Hy bring toe die manskappe af na die water; en die HERE sê vir G¡deon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos 'n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, anderkant.6 En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was drie honderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink.7 Toe sê die HERE vir G¡deon: Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.8 Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die drie honderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was.9 En daardie nag het die HERE vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand.10 En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe11 en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was.12 En die Midianiete en Amalekiete en al die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaar soos die sand aan die seestrand in menigte.13 En toe G¡deon aankom, vertel 'n man aan 'n ander juis 'n droom en sê: Kyk, ek het 'n droom gehad: Daar rol 'n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar!14 En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van G¡deon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee.15 Toe G¡deon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die HERE gee die laer van die Midianiete in julle hand.16 En hy het die drie honderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee17 en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak.18 En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir die HERE en vir G¡deon!19 Toe kom G¡deon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.20 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die HERE en van G¡deon!21 En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug.22 En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Ser,da toe, tot by die oewer van Abel-Mehola by Tabbat.23 En die manskappe van Israel uit N ftali en uit Aser en uit die hele Manasse is opgeroep, en hulle het die Midianiete agternagejaag.24 Ook het G¡deon boodskappers gestuur in die hele gebergte van Efraim om te sê: Trek af die Midianiete tegemoet, en sny hulle van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe van Efraim bymekaargekom en die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan.25 En hulle het twee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedood by die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na G¡deon gebring, oorkant die Jordaan.

1 Jerubaalas, kitaip Gedeonas, anksti atsikėlęs, su savo žmonėmis pasistatė stovyklą prie En Harodo versmės, o Midjano stovykla buvo į šiaurę nuo jo, prie Morės kalvos, slėnyje.2 Viešpats tarė Gedeonui: "Turi per daug vyrų, kad atiduočiau Midjaną į tavo rankas, kad Izraelis negalėtų didžiuotis prieš mane, sakydamas: ‘Aš išsilaisvinau savo jėgomis’.3 Paskelbk žmonėms: ‘Kas bijo ir nedrąsus, tegrįžta namo!’ " Pasitraukė dvidešimt du tūkstančiai, o dešimt tūkstančių vyrų pasiliko.4 Viešpats tarė Gedeonui: "Dar per daug žmonių. Nuvesk juos prie vandens. Ten Aš juos tau atrinksiu. Apie kuriuos sakysiu: ‘Tas eis su tavimi’, tuos pasiimk, o apie kuriuos sakysiu: ‘Tas neis su tavimi’, tie tegrįžta!"5 Gedeonas nuvedė žmones prie vandens. Viešpats tarė Gedeonui: "Atskirk kiekvieną, kuris laks vandenį kaip šuo ir kuris klaupsis gerti ant kelių".6 Skaičius lakusių iš rankos buvo trys šimtai vyrų, o likusieji gėrė atsiklaupę ant kelių.7 Tada Viešpats tarė Gedeonui: "Per tuos tris šimtus vyrų, kurie gėrė iš rankos, Aš jus išgelbėsiu ir atiduosiu midjaniečius į tavo rankas; visi kiti žmonės tegrįžta į savo namus".8 Paėmęs maisto atsargas ir trimitus iš žmonių, pasiuntė juos į savo palapines, o tuos tris šimtus vyrų paliko stovykloje. Midjaniečių stovykla buvo žemiau, slėnyje.9 Tą pačią naktį Viešpats tarė Gedeonui: "Pulk midjaniečių stovyklą, Aš juos atidaviau į tavo rankas.10 O jei bijai eiti, tai su savo tarnu Pura nusileisk į stovyklą11 ir pasiklausyk, ką jie kalba. Tuomet sutvirtės tavo rankos kovoti prieš juos". Jis nusileido su savo tarnu Pura prie stovyklos sargybų.12 Midjaniečių, amalekiečių ir rytų gyventojų slėnyje buvo tiek daug kaip skėrių, o jų kupranugarių buvo be skaičiaus, kaip smilčių ant jūros kranto.13 Gedeonas nuėjęs išgirdo vieną pasakojant sapną savo draugui: "Sapnavau miežinės duonos kepalą, riedantį į midjaniečių stovyklą. Jis pasiekė palapinę ir taip į ją atsitrenkė, kad ji apvirto ir subyrėjo".14 Jo draugas atsakė: "Tai ne kas kita kaip izraelito Gedeono, Jehoašo sūnaus, kardas. Dievas atidavė į jo rankas midjaniečius ir visą stovyklą".15 Gedeonas, išgirdęs sapną ir jo aiškinimą, pagarbino ir, sugrįžęs į Izraelio stovyklą, tarė: "Kilkite, Viešpats atidavė midjaniečių stovyklą į jūsų rankas".16 Gedeonas padalino tris šimtus vyrų į tris būrius, padavė jiems į rankas trimitus ir ąsočius su deglais viduje17 ir įsakė: "Žiūrėkite į mane ir darykite, ką aš darysiu.18 Kai mes visi nueisime prie midjaniečių stovyklos, aš trimituosiu ir jūs trimituokite iš visų pusių aplink stovyklą, šaukdami: ‘Viešpaties ir Gedeono kardas!’ "19 Gedeonas ir šimtas su juo buvusiųjų vyrų nuėjo prie stovyklos. Tik pasikeitus vidurnakčio sargybai, jie visi trimitavo ir sudaužė ąsočius, kuriuos laikė rankose.20 Visi trys būriai trimitavo, sudaužė ąsočius ir, laikydami trimitus dešinėje rankoje bei deglus kairėje, šaukė: "Viešpaties ir Gedeono kardas!"21 Kiekvienas iš jų stovėjo savo vietoje aplinkui stovyklą. Stovykloje kilo panika, visa stovykla lakstė, šaukė ir ėmė bėgti.22 Trys šimtai trimitavo, ir Viešpats atgręžė midjaniečių kardus vienas prieš kitą visoje stovykloje. Jie bėgo ligi Bet Šitos, Cereros link, ligi Abel Meholos sienos, prie Tabato.23 Susirinko izraelitai iš Neftalio, Ašero ir Manaso ir vijosi midjaniečius.24 Gedeonas siuntė pasiuntinius į Efraimo kalnyną, sakydamas: "Nusileiskite prieš midjaniečius ir atkirskite jiems kelią į Bet Barą ir prie Jordano!" Susirinko visi efraimai ir atkirto praėjimą į Bet Barą ir prie Jordano.25 Efraimai pagavo du midjaniečių kunigaikščius­Orebą ir Zeebą. Orebą jie nužudė ant Orebo uolos, o Zeebą­prie Zeebo vyno spaustuvo ir persekiojo midjaniečius. Orebo ir Zeebo galvas nunešė Gedeonui į kitą Jordano pusę.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-