1 Op die dag het Debora en Barak, die seun van Abinoam, gesing en gesê:2 Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het -- prys die HERE!3 Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing.4 HERE, toe U uitgetrek het uit Se‹r, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.5 Berge het gewankel voor die aangesig van die HERE uit, hierdie Sinai voor die aangesig van die HERE, die God van Israel.6 In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan.7 Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debora, opgestaan het, ek, 'n moeder in Israel, opgestaan het.8 Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertig duisend in Israel?9 My hart is vir die aanvoerders van Israel wat hulle gewillig betoon het onder die volk -- prys die HERE!10 Julle wat op wit eselinne ry, wat op tapyte sit, wandelaars langs die paaie, dink na!11 Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van die HERE, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van die HERE afgetrek na die poorte toe.12 Word wakker, word wakker, Debora! Word wakker, word wakker, hef 'n lied aan! Staan op, Barak! en voer jou gevangenes weg, seun van Abinoam!13 Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het die HERE vir my afgetrek onder die helde.14 Uit Efraim, die wat hulle wortel in Amalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uit Magir trek die aanvoerders af, en uit S,bulon die wat met die werwerstaf uittrek;15 en vorste in Issaskar met Debora saam; en Issaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.16 Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.17 G¡lead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.18 S,bulon is 'n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook N ftali op die hoogvlaktes.19 Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kana„n geveg by T änag, by die waters van Meg¡ddo -- geen stuk silwer het hulle geneem nie.20 Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen S¡sera geveg;21 die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!22 Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.23 Vloek Meros, sê die Engel van die HERE; ja, vervloek sy inwoners, omdat hulle die HERE nie tot hulp gekom het nie, die HERE tot hulp onder die helde.24 Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!25 Water het hy gevra, melk het sy gegee, in 'n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.26 Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer S¡sera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.27 Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy -- morsdood.28 Deur die venster kyk die moeder van S¡sera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?29 Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde:30 Hulle het seker buit gevind en verdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; 'n buit van bont klere vir S¡sera, 'n buit van bont klere, veelkleurige; 'n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals.31 So moet al u vyande, HERE, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.
1 Debora ir Abinoamo sūnus Barakas tą dieną giedojo:2 "Šlovinkite Viešpatį, nes Izraelis atkeršijo, kai žmonės noriai aukojosi.3 Išgirskite, karaliai, klausykitės, kunigaikščiai! Aš giedosiu Viešpačiui ir girsiu Viešpatį, Izraelio Dievą!4 Viešpatie, Tau išeinant iš Seyro ir žygiuojant iš Edomo laukų, žemė drebėjo, dangūs verkė ir iš debesų lašėjo vanduo.5 Kalnai tirpo prieš Viešpatį, net Sinajus Viešpaties, Izraelio Dievo, akivaizdoje.6 Anato sūnaus Šamgaro ir Jaelės dienomis keliai ištuštėjo ir keliautojai pasuko aplinkiniais keliais.7 Gyventojai kaimuose nyko, kol aš, Debora, iškilau kaip motina Izraelyje.8 Jie pasirinko naujus dievus, ir kilo karas prie jų vartų. Ar buvo skydas arba ietis tarp keturiasdešimties tūkstančių izraelitų?9 Mano širdis palinkusi prie Izraelio vadovų, kurie noriai aukojasi už tautą! Girkite Viešpatį,10 kurie jojate ant baltų asilų, sėdite ant brangių kilimų ir einate keliu.11 Toli nuo šaulių balsų, prie vandens šulinių skelbkite Viešpaties teisius darbus, kuriuos Jis padarė Izraelio kaimams. Tada Viešpaties tauta nusileido prie vartų.12 Pabusk, pabusk, Debora! Pabusk, pabusk ir giedok giesmę! Pakilk, Barakai, Abinoamo sūnau, vesk savo belaisvius!13 Tam, kuris pasiliko, Jis atidavė valdyti kilniuosius tautoje. Viešpats pavedė man valdyti galinguosius.14 Būriai iš Efraimo, gyveną Amaleko krašte, atėjo paskui Benjamino būrius, taip pat Machyro valdytojai ir Zabulono raštininkai.15 Isacharo kunigaikščiai su Debora ir Baraku skubėjo į slėnį. Rubenas buvo pasidalinęs.16 Ko pasilikai tarp avių gardų ir klausai kaimenės bliovimo? Rubeno pulkuose kilo nesutarimai.17 Gileadas pasiliko anapus Jordano, Danasprie laivų, o Ašeras liko ant jūros kranto.18 Bet Zabulono ir Neftalio vyrai statė mirties pavojun savo gyvybes aukštumose.19 Kanaano karaliai kariavo Taanache, prie Megido vandenų; sidabro grobio jie negavo.20 Ir dangaus žvaigždės kovojo su Sisera.21 Kišono upė nunešė juos. Mano siela, tu pamynei jėgą.22 Žirgams kanopos sutrupėjo nuo bėgimo, kai bėgo jų galingieji.23 Viešpaties angelas tarė: ‘Prakeikite Merozą, prakeikite jo gyventojus, nes jie neatėjo Viešpačiui į pagalbą kovoje su galiūnais’.24 Kainito Hebero žmona Jaelė palaiminta labiau už visas moteris, labiau už visas moteris savo palapinėje.25 Vandens jis prašė, bet ji davė jam pieno, brangiame dubenyje ji atnešė sviesto.26 Į savo ranką ji paėmė kuolelį, o į savo dešinędarbininkų kūjį. Ji užmušė Siserą, sutriuškino jo galvą ir pervėrė jam smilkinius.27 Prie jos kojų jis susmuko, parkrito ir gulėjo, prie jos kojų susmuko, parkrito. Kur jis susmuko, ten parkrito negyvas.28 Pro lango groteles žiūrėjo Siseros motina, laukdama jo grįžtant: ‘Kodėl taip ilgai neparvažiuoja jo kovos vežimas? Kodėl užtrunka jo kovos vežimo ratai?’29 Jos išmintingosios moterys jai sakė, o motina pakartojo jų žodžius:30 ‘Tikrai jie dalinasi grobį: po vieną, o gal po dvi mergaites kiekvienam vyrui. Margi grobio audiniai Siserai. Iš abiejų pusių išsiuvinėti audiniai jo kaklui’.31 Sunaikink visus savo priešus, Viešpatie! Tave mylintieji tebūna kaip saulė, tekanti savo jėgoje". Kraštas ilsėjosi keturiasdešimt metų.