1 Maar 'n tyd daarna het Simson in die dae van die koringoes sy vrou besoek met 'n bokkie en gesê: Laat ek na my vrou in die kamer ingaan; maar haar vader het hom nie toegelaat om in te gaan nie.2 En haar vader het gesê: Ek het vir seker gedink dat jy niks om haar gee nie; daarom het ek haar aan jou metgesel gegee; is haar jonger suster nie mooier as sy nie? Laat sy tog joue word in haar plek.3 Maar Simson het vir hulle gesê: Hierdie keer is ek onskuldig teenoor die Filistyne as ek hulle kwaad aandoen.4 Toe gaan Simson weg en vang drie honderd jakkalse; en hy neem fakkels en draai stert teen stert, en sit 'n fakkel in die middel tussen elke twee sterte in;5 en hy steek die fakkels aan die brand en los hulle in die ongesnyde graan van die Filistyne; en hy het die miede sowel as die ongesnyde graan en die wingerde en olyfbome aan die brand gesteek.6 Toe vra die Filistyne: Wie het dit gedoen? En hulle sê: Simson, die skoonseun van die Timniet, omdat die sy vrou geneem en haar aan sy metgesel gegee het. En die Filistyne het opgetrek en haar en haar vader se huis met vuur verbrand.7 Daarop sê Simson vir hulle: As julle so maak, sal ek sekerlik nie rus voordat ek my op julle gewreek het nie.8 En hy het hulle lendelam geslaan, 'n groot slag. En hy het afgegaan en gebly in die rotskloof van Etam.9 Toe trek die Filistyne nader en slaan laer op in Juda en sprei hulleself uit by Legi.10 En die manne van Juda vra: Waarom het julle teen ons opgetrek? En hulle sê: Ons het opgetrek om Simson te bind, om aan hom te doen soos hy aan ons gedoen het.11 Daarop trek drie duisend man uit Juda af na die rotskloof van Etam en vra vir Simson: Weet jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen? En hy sê aan hulle: Soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen.12 Toe sê hulle vir hom: Ons het afgekom om jou te bind, om jou oor te gee in die hand van die Filistyne. En Simson sê aan hulle: Sweer vir my dat julle nie self op my sal aanval nie.13 En hulle antwoord hom: Nee, ons sal jou net vasbind en oorgee in hulle hand, maar doodmaak sal ons jou stellig nie. Daarop bind hulle hom vas met twee nuwe toue en bring hom op uit die rots.14 Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af.15 En hy het 'n vars eselskakebeen gevind en sy hand uitgesteek en dit geneem en daar duisend man mee verslaan.16 En Simson het gesê: Met 'n eselskakebeen het ek een klomp, twee klompe, met 'n eselskakebeen het ek duisend man verslaan.17 En toe hy klaar gespreek het, gooi hy die kakebeen uit sy hand en noem die plek Kakebeenshoogte.18 Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val?19 Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe. Daarom noem hulle dit Roepersfontein, wat vandag nog by Legi is.20 En hy het Israel gerig in die dae van die Filistyne, twintig jaar lank.
1 Po kurio laiko, kviečių pjūties metu, Samsonas atėjo aplankyti savo žmonos ir atnešė jai ožiuką. Samsonas sakė: "Aš noriu įeiti į kambarį pas savo žmoną". Bet jos tėvas jo neleido,2 tardamas: "Aš tikrai maniau, kad tu jos nekenti, todėl ją atidaviau tavo pabroliui. Argi jos jaunesnioji sesuo nėra gražesnė už ją? Imk ją vietoj anos".3 Tada Samsonas atsakė: "Šį kartą nenusikalsiu, atkeršydamas filistinams".4 Samsonas, sugavęs tris šimtus lapių, surišo jas po porą uodegomis ir tarp uodegų įrišo po deglą.5 Uždegęs deglus, jis paleido lapes į filistinų javus. Taip jis padegė javų pėdus, nepjautus javus, vynuogynus ir alyvmedžių sodus.6 Filistinai klausė: "Kas tai padarė?" Jiems atsakė: "Samsonas, timniečio žentas, keršydamas už žmonos atidavimą pabroliui". Atėję filistinai sudegino ją ir jos tėvą.7 Samsonas jiems tarė: "Nors jūs tai padarėte, nurimsiu tik tada, kai jums atkeršysiu".8 Jis smarkiai puolė juos ir, sulaužęs jų blauzdų ir šlaunų kaulus, nuėjo į Etamą ir apsigyveno ant uolos.9 Tada filistinai atėję pasistatė stovyklas Judo žemėje iki Lehio.10 Judas klausė: "Kodėl išėjote prieš mus?" Tie atsakė: "Samsono surišti ir padaryti jam taip, kaip jis mums padarė".11 Tada trys tūkstančiai Judo vyrų atėjo prie Etamo uolos ir klausė Samsoną: "Argi nežinai, kad mus valdo filistinai? Kodėl taip padarei?" Jis atsakė: "Kaip jie man padarė, taip aš jiems padariau".12 Judo vyrai tarė jam: "Mes atėjome tavęs surišti ir atiduoti filistinams". Samsonas atsakė: "Prisiekite man, kad jūs patys manęs nenužudysite".13 Jie jam atsakė: "Mes tave tvirtai surišime ir atiduosime filistinams, bet patys tavęs nenužudysime". Jie surišo jį dviem naujomis virvėmis ir nusivedė.14 Prie Lehio filistinai pasitiko jį šūkaudami iš džiaugsmo. Viešpaties Dvasia galingai nužengė ant jo, ir virvės ant jo rankų sutrūko kaip sudegę linai ir nukrito nuo jo.15 Jis susirado šviežią asilo žandikaulį ir, paėmęs jį, užmušė juo tūkstantį filistinų.16 Tuomet Samsonas tarė: "Asilo žandikauliu nužudžiau tūkstantį vyrų ir suverčiau į krūvas".17 Taip pasakęs, jis nusviedė žandikaulį. Tą vietą pavadino Ramat Lehiu.18 Labai ištroškęs, jis šaukėsi Viešpaties: "Tu davei man šitokią pergalę, o dabar mirštu iš troškulio ir pateksiu į neapipjaustytųjų rankas!"19 Dievas atvėrė daubą Lehyje, ir iš jos tekėjo vanduo. Atsigėręs jis atsigaivino ir atgavo jėgas. Tą vietą pavadino En Korės versme; ji tebėra ten iki šios dienos.20 Filistinų laikais Samsonas teisė Izraelį dvidešimt metų.