Publicidade

Juízes 6

1 Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank.2 En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings.3 Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op:4 slaan laers teen hulle op en verwoes die opbrings van die land in die rigting na Gasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel oorbly nie.5 Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die land ingekom om dit te verwoes.6 En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die HERE aangeroep.7 En toe die kinders van Israel die HERE aanroep vanweë die Midianiete,8 het die HERE 'n profeet na die kinders van Israel gestuur, en die het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei9 en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en hulle land aan julle gegee.10 En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.11 Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun G¡deon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete.12 En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held!13 Toe vra G¡deon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.14 Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?15 Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.16 Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.17 En hy antwoord Hom: As ek dan guns in u oë gevind het, doen vir my 'n teken, dat U dit is wat met my spreek.18 Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my gawe uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom.19 Toe het G¡deon ingegaan en 'n bokkie berei, en van 'n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in 'n mandjie gesit en die sous in 'n pot gegooi; en hy het dit na Hom uitgebring onder die terpentynboom en dit naby neergesit.20 Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen.21 Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë.22 Toe G¡deon bemerk dat dit die Engel van die HERE was, sê G¡deon: Ag, Here HERE! want ek het die Engel van die HERE gesien van aangesig tot aangesig!23 Maar die HERE sê vir hom: Vrede vir jou! Vrees nie! Jy sal nie sterwe nie.24 Toe bou G¡deon daar 'n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.25 En in dieselfde nag het die HERE vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, en kap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan.26 En bou vir die HERE jou God 'n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as 'n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap.27 Toe het G¡deon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen.28 En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, lê die altaar van Ba„l daar omgegooi en die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul geoffer op die altaar wat daar gebou was!29 Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: G¡deon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen!30 Toe sê die manne van die stad vir Joas: Bring jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van Ba„l omgegooi het, en omdat hy die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap het.31 Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil julle vir Ba„l veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy 'n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.32 Daarom het hy hom op die dag Jerubba„l genoem en gesê: Laat Ba„l teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.33 Toe het al die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste aanmekaargesluit en deurgetrek en in die laagte van J¡sreël laer opgeslaan.34 En die Gees van die HERE het G¡deon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.35 Ook het hy boodskappers gestuur in die hele Manasse, en die is ook agter hom aan opgeroep; ook het hy boodskappers gestuur in Aser en in S,bulon en in N ftali, en hulle het opgetrek, hulle tegemoet.36 Toe het G¡deon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het --37 ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.38 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, 'n kom vol water.39 Toe het G¡deon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies 'n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is.40 En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.

1 Izraelitai darė pikta Viešpaties akivaizdoje, ir Viešpats juos atidavė į midjaniečių rankas septyneriems metams.2 Midjaniečiai spaudė izraelitus, todėl jie pasidarė kalnuose lindynių, olų ir tvirtovių.3 Izraelitams apsėjus dirvas, ateidavo midjaniečiai, amalekiečiai ir rytų gyventojai.4 Pasistatę stovyklas, jie sunaikindavo krašto derlių iki Gazos, nepalikdami Izraeliui jokio maisto: nei avių, nei jaučių, nei asilų.5 Jie ateidavo su savo gyvuliais ir palapinėmis, ir jų buvo daug kaip skėrių­neįmanoma suskaičiuoti nei jų, nei jų kupranugarių. Jie įsiverždavo į šalį, kad ją sunaikintų.6 Midjaniečiai labai nuskurdino Izraelį, ir izraelitai šaukėsi Viešpaties.7 Kai izraelitai šaukėsi Viešpaties dėl midjaniečių,8 Jis atsiuntė izraelitams pranašą, kuris jiems paskelbė Viešpaties, Izraelio Dievo, žodžius: "Aš jus išvedžiau iš Egipto vergijos,9 Aš išgelbėjau jus iš egiptiečių ir iš visų jūsų priešų, Aš išvariau juos nuo jūsų ir jums atidaviau jų žemę.10 O jums pasakiau: ‘Aš esu Viešpats, jūsų Dievas; negarbinkite amoritų, kurių krašte gyvenate, dievų. Bet jūs neklausėte manęs’ ".11 Atėjęs Viešpaties angelas atsisėdo po ąžuolu Ofroje, kuris priklausė abiezeriui Jehoašui. Jo sūnus Gedeonas kūlė kviečius prie vyno spaustuvo, pasislėpęs nuo midjaniečių.12 Jam pasirodė Viešpaties angelas ir tarė: "Viešpats su tavimi, galingas karžygy!"13 Gedeonas jam atsakė: "Viešpatie, jei Viešpats yra su mumis, kodėl mums taip atsitiko? Kur yra visi Jo stebuklai, apie kuriuos pasakojo mūsų tėvai, sakydami: ‘Tikrai, Viešpats išvedė mus iš Egipto’? Dabar Viešpats mus atstūmė ir atidavė į midjaniečių rankas".14 Viešpats, pažiūrėjęs į Gedeoną, tarė: "Eik šioje savo jėgoje ir išgelbėk Izraelį iš midjaniečių! Aš tave siunčiu".15 Gedeonas klausė: "Viešpatie, kaip aš išgelbėsiu Izraelį? Mano šeima yra skurdžiausia Manaso giminėje, o aš pats mažiausias savo tėvo namuose".16 Viešpats jam atsakė: "Aš būsiu su tavimi, ir tu nugalėsi midjaniečius kaip vieną vyrą".17 Gedeonas atsakė: "Jei radau malonę Tavo akyse, tai parodyk ženklą, kad Tu kalbi su manimi.18 Prašau, nepasitrauk iš čia, kol sugrįšiu ir atnešiu Tau dovaną". Jis atsakė: "Aš palauksiu, iki sugrįši".19 Gedeonas nuskubėjo į namus. Paruošęs ožiuką ir neraugintos duonos iš vienos efos miltų, mėsą sudėjo į pintinę, sriubą supylė į puodą ir viską atnešė po ąžuolu, ir davė Jam.20 Dievo angelas jam tarė: "Paimk mėsą bei neraugintą duoną ir padėk čia ant uolos, o sriubą išpilk!" Jis taip ir padarė.21 Viešpaties angelas ištiesė lazdą, kurią laikė rankoje, ir jos galu palietė mėsą. Iš uolos pakilo ugnis ir sudegino mėsą bei duoną. Tada Viešpaties angelas pradingo jam iš akių.22 Kada Gedeonas suprato, kad čia buvo Viešpaties angelas, jis tarė: "Viešpatie Dieve! Vargas man! Aš mačiau Viešpaties angelą veidas į veidą".23 Viešpats jam atsakė: "Ramybė tau! Nebijok, nemirsi!"24 Gedeonas ten pastatė aukurą Viešpačiui ir pavadino jį "Viešpats yra ramybė". Jis tebestovi iki šios dienos abiezerių Ofroje.25 Tą pačią naktį Viešpats jam liepė: "Imk jauną jautį, priklausantį tavo tėvui, ir antrą septynmetį jautį, nugriauk Baalio aukurą, kurį pastatė tavo tėvas, ir iškirsk prie jo esančią giraitę.26 Pastatyk aukurą Viešpačiui, savo Dievui, ant šitos uolos nurodytoje vietoje. Tuomet aukok antrą jautį kaip deginamąją auką ant giraitės, kurią iškirsi, malkų".27 Gedeonas su dešimčia savo tarnų padarė, kaip Viešpats jam įsakė. Tačiau, bijodamas savo tėvo namiškių ir miesto žmonių, jis padarė tai ne dienos metu, bet naktį.28 Kai miesto žmonės, atsikėlę anksti rytą, pamatė nugriautą Baalio aukurą ir prie jo buvusią giraitę iškirstą ir ant pastatyto aukuro paaukotą antrą jautį,29 jie kalbėjo vienas kitam: "Kas tai padarė?" Ieškodami ir klausinėdami jie sužinojo, kad tai padarė Jehoašo sūnus Gedeonas.30 Miesto vyrai sakė Jehoašui: "Išvesk savo sūnų­jis turi mirti, nes sugriovė Baalio aukurą ir iškirto prie jo buvusią giraitę".31 Jehoašas tarė visiems prie jo stovintiems: "Ar jūs norite ginti Baalį ir manote jį išgelbėti? Kas gins jį, tas temiršta, nesulaukęs ryto. Jei jis yra dievas, tegul pats apgina save, nes sugriautas jo aukuras".32 Tą dieną Gedeonas buvo pramintas Jerubaalu, nes jo tėvas sakė: "Tegul Baalis apgina save, nes jis sugriovė jo aukurą".33 Midjaniečiai, amalekiečiai ir rytų gyventojai susirinkę perėjo per Jordaną ir pasistatė stovyklas Jezreelio slėnyje.34 Viešpaties Dvasia nužengė ant Gedeono. Jis trimitu sušaukė Abiezerio palikuonis, kurie susirinko pas jį.35 Jis išsiuntė pasiuntinius į visą Manasą, ir jie taip pat susirinko pas jį. Jis išsiuntė pasiuntinius ir pas Ašerą, Zabuloną bei Neftalį. Jie atėjo jo pasitikti.36 Gedeonas tarė Dievui: "Jei išgelbėsi Izraelį mano ranka, kaip sakei,37 štai aš patiesiu vilną klojime; jei rasa bus tik ant vilnos, o aplink žemė bus sausa, tai žinosiu, kad išgelbėsi Izraelį mano ranka, kaip kalbėjai".38 Taip ir įvyko. Rytojaus dieną atsikėlęs anksti rytą jis išgręžė iš vilnos pilną dubenį vandens.39 Gedeonas tarė Dievui: "Teneužsidega Tavo rūstybė prieš mane, jei aš dar kartą prabilsiu. Aš prašau dar kartą leisti man pabandyti su vilna. Šį kartą tegul lieka sausa tik vilna, o ant žemės tebūna rasa".40 Dievas taip padarė tą naktį: sausa buvo tik vilna, o aplinkui ant žemės buvo rasa.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-