1 In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet.2 Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.3 Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie -- toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het --4 hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?5 Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?6 En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier.7 Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;8 want die Seun van die mens is Here ook van die sabbat.9 En Hy het daarvandaan weggegaan en in hulle sinagoge gekom.10 En daar was 'n man met 'n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat gesond te maak? -- sodat hulle Hom sou kan aanklae.11 Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in 'n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?12 Hoeveel meer is 'n mens dan nie werd as 'n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die sabbat goed te doen.13 Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een.14 Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.15 Toe Jesus dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,16 en hulle 'n streng bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie,17 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet:18 Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel 'n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig.19 Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.20 'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.21 En op sy Naam sal die heidene hoop.22 Toe het hulle 'n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.23 En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie?24 Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.25 Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.26 En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?27 En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.28 Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.29 Of hoe kan iemand in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.30 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.31 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.32 En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.33 Julle moet •f die boom goed maak en sy vrugte goed, •f julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.34 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.35 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.37 Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.38 Toe spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag 'n teken van U sien.39 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: 'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.40 Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.41 Die manne van Ninev, sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en -- meer as Jona is hier!42 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en -- meer as Salomo is hier!43 En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.44 Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.45 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. So sal dit ook wees met hierdie bose geslag.46 En terwyl Hy nog met die skare spreek, staan sy moeder en broers daarbuite en wou graag met Hom praat.47 Toe sê iemand vir Hom: D r staan u moeder en u broers buite en wil graag met U praat.48 Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: Wie is my moeder? En wie is my broers?49 En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit en sê: D r is my moeder en my broers.50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, die is my broer en suster en moeder.
1 Anuo metu sabato dieną Jėzus ėjo per javų lauką. Jo mokiniai buvo išalkę, tad skynė varpas ir valgė.2 Tai pamatę, fariziejai Jam sakė: "Žiūrėk, Tavo mokiniai daro, kas per sabatą draudžiama".3 Jis jiems atsakė: "Ar neskaitėte, ką darė Dovydas ir jo palydovai, būdami išalkę?4 Kaip jie įėjo į Dievo namus ir valgė padėtinės duonos, nors nevalia buvo jos valgyti nei jam, nei jo palydovams, o vien tik kunigams.5 Arba, ar neskaitėte Įstatyme, jog per sabatą kunigai šventykloje pažeidžia sabatą ir nenusikalsta?6 Bet sakau jums: čia daugiau negu šventykla!7 Jei būtumėte supratę, ką reiškia ‘Aš noriu gailestingumo, o ne aukos’, nebūtumėte pasmerkę nekaltų.8 Žmogaus Sūnus yra ir sabato Viešpats".9 Iš ten išėjęs, Jis atėjo į jų sinagogą.10 Ir štai ten buvo žmogus padžiūvusia ranka. Jie paklausė Jėzų (kad galėtų apkaltinti): "Ar leistina sabato dieną gydyti?"11 Jis jiems atsakė: "Kas iš jūsų, turėdamas vieną avį, jeigu ji per sabatą įkris į duobę, nestvers ir neištrauks?12 O kaip daug brangesnis už avį žmogus! Todėl leistina daryti gera sabato dieną".13 Tada Jis tarė žmogui: "Ištiesk ranką!" Tas ištiesė, ir ji tapo sveika kaip ir antroji.14 Tuomet išėję fariziejai tarėsi, kaip Jėzų pražudyti.15 Tai sužinojęs, Jėzus pasitraukė iš ten. Didelės minios sekė paskui Jį, ir Jis visus išgydė,16 bet įspėjo, kad Jo negarsintų.17 Kad išsipildytų, kas buvo pasakyta per pranašą Izaiją:18 "Štai mano išrinktasis tarnas, mano mylimasis, kuriuo gėrisi mano siela. Aš duosiu Jam savo Dvasią, ir Jis skelbs pagonims teisingumą.19 Jis nesiginčys, nešauks, ir niekas gatvėje negirdės Jo balso.20 Jis nenulauš palūžusios nendrės ir neužgesins rusenančio dagčio, kol nenuves teisingumo į pergalę;21 o Jo vardas teiks viltį pagonims!"22 Tuomet atvedė pas Jį demono apsėstąjį, kuris buvo aklas ir nebylys. Jėzus išgydė jį, ir šis prakalbo ir praregėjo.23 Ištisos minios netvėrė iš nuostabos ir klausinėjo: "Ar nebus šitas Dovydo Sūnus?!"24 Tai išgirdę, fariziejai sakė: "Jis išvaro demonus ne kitaip, kaip tik demonų valdovo Belzebulo jėga".25 Žinodamas jų mintis, Jėzus tarė: "Kiekviena suskilusi karalystė bus nusiaubta, ir joks suskilęs miestas ir namas neišsilaikys.26 Jeigu tad šėtonas išvarinėtų šėtoną, irgi būtų savyje susiskaldęs. Kaipgi tada galėtų išsilaikyti jo karalystė?27 Ir jeigu Aš išvarau demonus Belzebulo jėga, tai kieno jėga išvaro jūsų sūnūs? Todėl jie bus jūsų teisėjai.28 Bet jeigu Aš išvarau demonus Dievo Dvasia, tai tikrai pas jus atėjo Dievo karalystė.29 Argi gali kas nors įeiti į galiūno namus ir pasigrobti jo turtą, pirmiau nesurišęs galiūno? Tik tada jis apiplėš jo namus.30 Kas ne su manimi, tas prieš mane, ir kas su manimi nerenka, tas barsto".31 "Sakau jums: kiekviena nuodėmė ir piktžodžiavimas bus žmonėms atleisti, bet piktžodžiavimas Dvasiai nebus jiems atleistas.32 Jei kas tartų žodį prieš Žmogaus Sūnų, tam bus atleista, o kas kalbėtų prieš Šventąją Dvasią, tam nebus atleista nei šiame, nei būsimajame amžiuje.33 Arba sakykite medį esant gerą ir jo vaisių gerą, arba sakykite medį esant blogą ir jo vaisių blogą, nes medis pažįstamas iš vaisių.34 Angių išperos, kaip jūs galite kalbėti gera, būdami blogi?! Juk lūpos kalba tai, ko pertekusi širdis.35 Geras žmogus iš gero širdies lobyno iškelia gera, o blogas iš blogo lobyno iškelia bloga.36 Todėl sakau jums: teismo dieną žmonės turės duoti apyskaitą už kiekvieną pasakytą tuščią žodį.37 Pagal savo žodžius būsi išteisintas ir pagal savo žodžius būsi pasmerktas".38 Tada kai kurie Rašto žinovai ir fariziejai sakė: "Mokytojau, norime, kad parodytum ženklą".39 Jis jiems atsakė: "Pikta ir svetimaujanti karta ieško ženklo, bet nebus jai duota kito ženklo, kaip tik pranašo Jonos ženklas.40 Kaip Jona išbuvo tris dienas ir tris naktis banginio pilve, taip ir Žmogaus Sūnus išbus tris dienas ir tris naktis žemės širdyje.41 Ninevės žmonės teismo dieną prisikels drauge su šia karta ir ją pasmerks, nes jie atgailavo, išgirdę Jonos pamokslą, o štai čia daugiau negu Jona.42 Pietų šalies karalienė teismo dieną prisikels drauge su šia karta ir ją pasmerks, nes ji atkeliavo nuo žemės pakraščių pasiklausyti Saliamono išminties, o štai čia daugiau negu Saliamonas".43 "Netyroji dvasia, išėjusi iš žmogaus, klaidžioja bevandenėse vietose, ieškodama poilsio, ir neranda.44 Tada ji sako: ‘Grįšiu į savo namus, iš kur išėjau’. Sugrįžusi randa juos tuščius, iššluotus ir išpuoštus.45 Tada eina, pasiima kitas septynias dvasias, dar piktesnes už save, ir įėjusios jos ten apsigyvena. Ir paskui tam žmogui darosi blogiau negu pirma. Taip atsitiks ir šiai piktai kartai".46 Jam tebekalbant minioms, štai Jo motina ir broliai stovėjo lauke ir norėjo su Juo pasikalbėti.47 Tada kažkas pranešė Jam: "Štai Tavo motina ir broliai stovi lauke ir nori su Tavim pasikalbėti".48 Jis atsakė pranešusiam: "Kas yra mano motina ir kas yra mano broliai?"49 Ir, ištiesęs ranką į savo mokinius, tarė: "Štai mano motina ir mano broliai!50 Kiekvienas, kas vykdo mano dangiškojo Tėvo valią, yra mano brolis, ir sesuo, ir motina".