Pular para o conteúdo
Publicidade

Gênesis 11

BIBEL1930

Die toring van Babel.

1 EN die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.

2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.

3 Daarop hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.

4 En hulle : Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.

5 Toe daal die Here neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.

6 En die Here : Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.

7 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.

8 So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.

9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi.

Afstammelinge van Sem.

10 DIT is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpágsad geword, twee jaar die vloed.

11 En Sem het die geboorte van Arpágsad nog vyfhonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

12 Toe Arpágsad vyf-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.

13 En Arpágsad het die geboorte van Selag nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

14 Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword.

15 En Selag het die geboorte van Heber nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

16 Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.

17 En Heber het die geboorte van Peleg nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

18 Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword.

19 En Peleg het die geboorte van Rehu nog tweehonderd-en-nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

20 Toe Rehu twee-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword.

21 En Rehu het die geboorte van Serug nog tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

22 Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword.

23 En Serug het die geboorte van Nahor tweehonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

24 Toe Nahor negen-en-twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword.

25 En Nahor het die geboorte van Tera nog honderd-en-negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

26 Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran.

27 En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.

28 En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs.

29 En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.

30 En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.

31 En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.

32 En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.

1 Og hele jorden hadde ett tungemål og ens tale. 2 Og da de drog frem mot øst, fant de en slette i landet Sinear, og de bosatte sig der. 3 Og de sa til hverandre: Kom, la oss gjøre teglsten og brenne dem vel! Og de brukte tegl istedenfor sten, og jordbek istedenfor kalk. 4 sa de: Kom, la oss bygge oss en by med et tårn som når op til himmelen, og gjøre oss et navn, vi ikke skal spres over hele jorden!

5 Da steg Herren ned for å se byen og tårnet som menneskenes barn hadde begynt å bygge.

6 Og Herren sa: Se, de er ett folk, og ett tungemål har de alle; dette er det første de tar sig fore, og nu vil intet være umulig for dem, hvad de får i sinne å gjøre. 7 La oss da stige ned der og forvirre deres tungemål, den ene ikke forstår den andres tungemål! 8 spredte Herren dem derfra over hele jorden, og de holdt op med å bygge byen. 9 Derfor kalte de den Babel; for der forvirret Herren hele jordens tungemål, og derfra spredte Herren dem ut over hele jorden.

10 Dette er historien om Sems ætt: Da Sem var hundre år gammel, fikk han sønnen Arpaksad to år efter vannflommen.

11 Og efterat Sem hadde fått Arpaksad, levde han ennu fem hundre år og fikk sønner og døtre. 12 Da Arpaksad var fem og tretti år gammel, fikk han sønnen Salah. 13 Og efterat Arpaksad hadde fått Salah, levde han ennu fire hundre og tre år og fikk sønner og døtre. 14 Da Salah var tretti år gammel, fikk han sønnen Eber. 15 Og efterat Salah hadde fått Eber, levde han ennu fire hundre og tre år og fikk sønner og døtre. 16 Da Eber var fire og tretti år gammel, fikk han sønnen Peleg. 17 Og efterat Eber hadde fått Peleg, levde han ennu fire hundre og tretti år og fikk sønner og døtre. 18 Da Peleg var tretti år gammel, fikk han sønnen Re'. 19 Og efterat Peleg hadde fått Re', levde han ennu to hundre og ni år og fikk sønner og døtre. 20 Da Re' var to og tretti år gammel, fikk han sønnen Serug. 21 Og efterat Re' hadde fått Serug, levde han ennu to hundre og syv år og fikk sønner og døtre. 22 Da Serug var tretti år gammel, fikk han sønnen Nakor. 23 Og efterat Serug hadde fått Nakor, levde han ennu to hundre år og fikk sønner og døtre. 24 Da Nakor var ni og tyve år gammel, fikk han sønnen Tarah. 25 Og efterat Nakor hadde fått Tarah, levde han ennu hundre og nitten år og fikk sønner og døtre. 26 Da Tarah var sytti år gammel, fikk han sønnene Abram, Nakor og Haran.

27 Dette er historien om Tarah og hans ætt: Tarah fikk sønnene Abram, Nakor og Haran. Og Haran fikk sønnen Lot.

28 Og Haran døde hos sin far Tarah i sitt fedreland, i Ur i Kaldea. 29 Og Abram og Nakor tok sig hustruer; Abrams hustru hette Sarai, og Nakors hustru hette Milka og var en datter av Haran, far til Milka og Jiska. 30 Og Sarai var ufruktbar, hun hadde ikke noget barn. 31 Og Tarah tok med sig Abram, sin sønn, og Lot, Harans sønn, sin sønnesønn, og Sarai, sin sønnekone, sin sønn Abrams hustru; og de drog ut sammen fra Ur i Kaldea for å reise til Kana’ns land, og de kom til Karan og bosatte sig der. 32 Og Tarahs dager blev to hundre og fem år; døde Tarah i Karan.

Veja também