Pular para o conteúdo
Publicidade

Gênesis 14

BIBEL1930

Abram verlos Lot. Melgisédek.

1 EN in die dae van Ámrafel, die koning van Sínear, Áriog, die koning van Ellásar, Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies,

2 het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Birsa, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit is Soar.

3 Hulle het almal hulle leërs verenig in die laagte Siddim, dit is die Soutsee.

4 Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laómer toe al gedien, maar in die dertiende jaar het hulle opstandig geword.

5 Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refaïete in Ásterot-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van Kirjatáim

6 en die Horiete op hulle gebergte Seïr, tot by El- Paran wat aan die woestyn .

7 Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die Amalekiete verower en ook die Amoriete wat in Háseson-Tamar woon.

8 Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Sebóim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op,

9 teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, en Ámrafel, die koning van Sínear, en Áriog, die koning van Ellásar: vier konings teen vyf.

10 Maar die laagte Siddim was vol gate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug.

11 En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek.

12 Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek want hy was in Sodom woonagtig.

13 Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram.

14 Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agtien, en hulle tot by Dan agtervolg

15 hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus .

16 En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.

17 sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.

18 En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.

20 En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.

21 En die koning van Sodom vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.

22 Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die Here, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,

23 dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan nie: Ek het Abram ryk gemaak.

24 Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem.

1 I den tid da Amrafel var konge i Sinear, Arjok konge i Ellasar, Kedorlaomer konge i Elam, og Tideal konge over Gojim, 2 da hendte det at disse konger førte krig med Bera, kongen i Sodoma, og Birsa, kongen i Gomorra, og Sineab, kongen i Adma, og Semeber, kongen i Sebo’m, og kongen i Bela, det er Soar. 3 Alle disse slo sig sammen og drog til Siddim-dalen, der hvor Salthavet nu er. 4 Tolv år hadde de tjent Kedorlaomer, men i det trettende år var de falt fra. 5 Og i det fjortende år kom Kedorlaomer og de konger som var med ham, og slo refa’ttene i Asterot-Karnam og susittene i Ham og emittene i Sjave-Kirjatam 6 og horittene deres fjell(-)Se’r-fjellene(-)like til El-Paran ved utkanten av ørkenen. 7 Derefter vendte de om og kom til En-Mispat, det er Kades, og la under sig hele amalekittenes land og likeså amorittene, som bodde i Haseson-Tamar. 8 Da drog kongen i Sodoma ut og kongen i Gomorra og kongen i Adma og kongen i Sebo’m og kongen i Bela, det er Soar, og stilte sig i fylkning mot dem i Siddim-dalen, 9 mot Kedorlaomer, kongen i Elam, og Tideal, kongen over Gojim, og Amrafel, kongen i Sinear, og Arjok, kongen i Ellasar, fire konger mot fem. 10 Men Siddim-dalen var full av jordbek-gruber, og kongene i Sodoma og Gomorra måtte flykte og falt da i dem; og de som blev igjen, flyktet op i fjellene. 11 tok de alt godset i Sodoma og Gomorra og all deres mat og drog bort. 12 De tok også med sig Abrams brorsønn Lot og hans gods og drog bort; for han bodde i Sodoma.

13 Da kom det nogen som var undsloppet, og fortalte det til hebreeren Abram; han bodde ved den terebinte-lund som tilhørte amoritten Mamre(-)Mamre var bror til Eskol og Aner, og de hadde alle gjort en pakt med Abram.

14 Da nu Abram hørte at hans frende var bortført som fange, lot han sine våbenvante folk, som var født i hans hus, tre hundre og atten i tallet, dra ut og forfulgte dem like til Dan. 15 Der delte han sine folk og overfalt dem om natten og slo dem; og han forfulgte dem like til Hoba, som ligger i nord for Damaskus. 16 tok han tilbake alt godset; Lot, sin frende, og hans gods tok han også tilbake, og likeså kvinnene og folket.

17 Da han vendte tilbake efter å ha slått Kedorlaomer og de konger som var med ham, gikk kongen i Sodoma ham i møte til Sjave-dalen, det er Kongedalen.

18 Og Melkisedek, kongen i Salem, kom ut med brød og vin; han var prest for den høieste Gud. 19 Og han velsignet ham og sa: Velsignet være Abram av den høieste Gud, som eier himmel og jord! 20 Og lovet være den høieste Gud, som har gitt dine fiender i din hånd! Og Abram gav ham tiende av alt.

21 Og kongen i Sodoma sa til Abram: Gi mig folket, og ta du godset!

22 Da sa Abram til kongen i Sodoma: Jeg løfter min hånd til Herren, den høieste Gud, som eier himmel og jord: 23 Jeg vil ikke ta meget som en tråd eller en skorem av alt som ditt er, forat du ikke skal si: Jeg har gjort Abram rik. 24 Jeg vil intet ha, bare det som mine folk har fortært; og det som faller de menn som drog med mig, Aner, Eskol og Mamre-la dem sin del.

Veja também