Pular para o conteúdo
Publicidade

Gênesis 28

BIBEL1930

Droom en gesig van Jakob by Bet-el.

1 TOE het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie.

2 Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis van Bétuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar 'n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.

3 En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy 'n menigte van volke kan word.

4 En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.

5 So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van Bétuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau.

6 Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom 'n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseën en hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie;

7 en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan;

8 en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän sleg was in die van sy vader Isak,

9 het Esau na Ismael gegaan en Máhalat, die dogter van Ismael, die seun van Abraham, die suster van Nébajot, by sy vroue vir hom as vrou geneem.

10 En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran gegaan.

11 Daarop kom hy by 'n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan en slaap op dié plek.

12 En hy het gedroom daar is 'n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.

13 En kyk, die Here het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;

14 en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.

15 En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.

16 Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en : Waarlik, die Here is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.

17 En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 'n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.

18 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as 'n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.

19 En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.

20 En Jakob het 'n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,

21 en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die Here my God wees.

22 En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal 'n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.

1 Da kalte Isak Jakob til sig og velsignet ham og bød ham og sa til ham: Du skal ikke ta nogen av Kana’ns døtre til hustru. 2 Gjør dig rede og dra til Mesopotamia, til din morfar Betuels hus, og hent dig en hustru derfra, en av din morbror Labans døtre! 3 Og Gud den allmektige velsigne dig og gjøre dig fruktbar og gi dig en tallrik ætt, du blir til en hel skare av folkeslag, 4 han gi dig Abrahams velsignelse, både dig og din ætt, du kommer til å eie det land hvor du nu bor som fremmed, det som Gud gav Abraham! 5 lot Isak Jakob reise; og han drog til Mesopotamia, til arameeren Laban, Betuels sønn, som var bror til Rebekka, Jakobs og Esaus mor.

6 Da Esau at Isak hadde velsignet Jakob og sendt ham til Mesopotamia for å hente sig en hustru derfra(-)at han hadde velsignet ham og gitt ham den befaling: Du skal ikke ta nogen av Kana’ns døtre til hustru(-)

7 og at Jakob hadde adlydt sin far og sin mor og var reist til Mesopotamia, 8 og da Esau at Kana’ns døtre mishaget Isak, hans far, 9 gikk han til Ismael og tok Mahalat, datter til Abrahams sønn Ismael, Nebajots søster, til hustru foruten sine andre hustruer.

10 Jakob tok ut fra Be’rseba og gav sig veien til Karan.

11 Og han kom til et sted hvor han blev natten over, for solen var gått ned; og han tok en av stenene som der, og la den under sitt hode, og la han sig til å sove der. 12 Da drømte han og en stige som var stilt op jorden, og hvis topp nådde til himmelen, og se, Guds engler steg op og steg ned den. 13 Og se, Herren stod øverst den og sa: Jeg er Herren, din far Abrahams Gud og Isaks Gud; det land som du nu ligger i, det vil jeg gi dig og din ætt. 14 Og din ætt skal bli som støvet jorden, og du skal utbrede dig mot vest og mot øst og mot nord og mot syd, og i dig og i din ætt skal alle jordens slekter velsignes 15 Og se, jeg er med dig og vil bevare dig hvor du går, og jeg vil føre dig tilbake til dette land; jeg vil ikke forlate dig før jeg har gjort det jeg har lovt dig.

16 Da Jakob våknet av sin søvn, sa han: Sannelig, Herren er dette sted, og jeg visste det ikke.

17 Og det kom en frykt over ham, og han sa: Hvor forferdelig er ikke dette sted!Her er visselig Guds hus, her er himmelens port. 18 Morgenen efter stod Jakob tidlig op og tok den sten han hadde lagt under sitt hode, og reiste den op som en minnesten, og han helte olje over den. 19 Og han kalte dette sted Betel; {Guds hus} før hette byen Luz. 20 Og Jakob gjorde et løfte og sa: Dersom Gud vil være med mig og bevare mig denne min ferd og gi mig brød å ete og klær å klæ mig med, 21 og jeg kommer vel hjem igjen til min fars hus, skal Herren være min Gud, 22 og denne sten som jeg har reist op som en minnesten, skal være et Guds hus, og av alt det du gir mig, vil jeg gi dig tiende.

Veja também