Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 28

BIBEL1930

Stryd van Jeremia teen die valse profeet Hanánja.

1 EN in dié jaar, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, in die vierde jaar, in die vyfde maand, het Hanánja, die seun van Assur, die profeet, wat uit Gíbeon afkomstig was, met my gespreek in die huis van die Here in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk en gesê:

2 So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Ek het die juk van die koning van Babel verbreek.

3 In nog twee jaar bring Ek in hierdie plek terug al die voorwerpe van die huis van die Here wat Nebukadnésar, die koning van Babel, uit hierdie plek weggeneem en na Babel gebring het.

4 Ook Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en al die ballinge van Juda wat na Babel gegaan het, bring Ek in hierdie plek terug, spreek die Here; want Ek sal die juk van die koning van Babel verbreek.

5 Toe het die profeet Jeremia aan die profeet Hanánja gesê in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk wat in die huis van die Here gestaan het,

6 en die profeet Jeremia het gesê: Amen, laat die Here so doen! Laat die Here vervul jou woorde wat jy geprofeteer het, deur die voorwerpe van die huis van die Here en al die ballinge uit Babel na hierdie plek terug te bring!

7 Maar luister tog na hierdie woord wat ek spreek voor jou ore en voor die ore van die hele volk:

8 Die profete wat daar voor my en voor jou gewees het, van ouds af, het geprofeteer teen magtige lande en teen groot koninkryke van oorlog en onheil en pes.

9 Die profeet wat profeteer van vrede as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die Here waarlik gestuur het.

10 Daarop het die profeet Hanánja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en dit verbreek.

11 En Hanánja het gespreek in teenwoordigheid van die hele volk en gesê: So spreek die Here: So sal Ek verbreek die juk van Nebukadnésar, die koning van Babel, in nog twee jaar, van die nek van al die nasies. En die profeet Jeremia het weggegaan.

12 Maar die woord van die Here het tot Jeremia gekom, nadat die profeet Hanánja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en verbreek het, en gesê:

13 Gaan spreek met Hanánja en : So spreek die Here: Houtjukke het jy verbreek, maar jy moet in die plek daarvan ysterjukke maak.

14 Want so die Here van die leërskare, die God van Israel: Ek het 'n ysterjuk gelê op die nek van al hierdie nasies om Nebukadnésar, die koning van Babel, te dien, en hulle sal hom dien; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee.

15 En die profeet Jeremia het aan die profeet Hanánja gesê: Luister tog, Hanánja! Die Here het jou nie gestuur nie, maar het hierdie volk op leuens laat vertrou.

16 Daarom, so die Here: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van die Here verkondig het.

17 En die profeet Hanánja het in dié jaar, in die sewende maand, gesterwe.

1 I det samme år, i begynnelsen av Judas konge Sedekias’regjering, i det fjerde år, i den femte måned, sa Hananja, Assurs sønn, profeten fra Gibeon, til mig i Herrens hus i prestenes og alt folkets nærvær: 2 sier Herren, hærskarenes Gud, Israels Gud: Jeg har brutt i stykker Babels konges åk. 3 Om to år fører jeg tilbake til dette sted alle de kar i Herrens hus som Babels konge Nebukadnesar tok fra dette sted og førte til Babel. 4 Og Judas konge Jekonja, Jojakims sønn, og alle de bortførte fra Juda som er kommet til Babel, fører jeg tilbake til dette sted, sier Herren; for jeg vil bryte Babels konges åk. 5 Da sa profeten Jeremias til profeten Hananja prestene og alt folket som stod i Herrens hus, hørte det(-)

6 profeten Jeremias sa: Amen! Det gjøre Herren! Herren opfylle de ord som du profeterte, han fører karene i Herrens hus og alle de bortførte tilbake fra Babel til dette sted! 7 Men hør nu dette ord som jeg taler for dine og for alt folkets ører: 8 De profeter som har vært før mig og før dig fra fordums tid, de profeterte mot mange land og mot store riker om krig og ulykke og pest. 9 Den profet som profeterer om fred, når hans ord går i opfyllelse, da kan alle se at han er en profet som Herren i sannhet har sendt.

10 Da tok profeten Hananja åket av profeten Jeremias’nakke og brøt det i stykker.

11 Og Hananja sa i alt folkets nærvær: sier Herren: Således vil jeg om to år bryte i stykker Babels konge Nebukadnesars åk og ta det av alle folkeslags nakke. Da gikk profeten Jeremias sin vei. 12 Men efterat profeten Hananja hadde brutt i stykker åket og tatt det av profeten Jeremias’nakke, kom Herrens ord til Jeremias, og det lød :

13 og si til Hananja: sier Herren: Et åk av tre har du brutt i stykker, men i stedet for det har du gjort et åk av jern. 14 For sier Herren, hærskarenes Gud, Israels Gud: Et åk av jern har jeg lagt alle disse folkeslags nakke, forat de skal tjene Babels konge Nebukadnesar, og de skal tjene ham; også markens dyr har jeg gitt ham. 15 Da sa profeten Jeremias til profeten Hananja: Hør nu, Hananja! Herren har ikke sendt dig, og du har fått dette folk til å sette sin lit til løgn.

16 Derfor sier Herren : Se, jeg tar dig bort fra jorden; i dette år skal du , fordi du har preket frafall fra Herren. 17 Og profeten Hananja døde i det samme år, i den syvende måned.

Veja também