Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 40

BIBEL1930

Jeremia gaan na Gedálja, by Mispa.

1 DIE woord wat van die Here tot Jeremia gekom het, nadat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Rama deur hom te laat haal, terwyl hy met kettings geboei was onder al die gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap weggevoer sou word na Babel toe.

2 Die owerste van die lyfwag het naamlik Jeremia laat haal en vir hom gesê: Die Here jou God het hierdie onheil oor hierdie plek gespreek,

3 en die Here het dit laat kom en gedoen soos Hy gespreek het, omdat julle gesondig het teen die Here en nie geluister het na sy stem nie; daarom het dit oor julle gekom.

4 Nou dan, kyk, ek ontslaan jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is; as dit goed is in jou om saam met my na Babel te gaan kom, en ek sal my oog oor jou hou; maar as dit verkeerd is in jou om saam met my na Babel te kom, laat dit staan. Kyk, die hele land vir jou oop; waar dit goed en reg is in jou om te gaan, gaan daarheen.

5 En toe hy nog nie omgedraai het nie, hy: Gaan dan terug na Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, wat die koning van Babel oor die stede van Juda aangestel het, en woon by hom onder die volk, of gaan waar dit ook al reg is in jou om te gaan. Daarop het die owerste van die lyfwag vir hom padkos en 'n geskenk gegee, en hom laat gaan.

6 En Jeremia het by Gedálja, die seun van Ahíkam, in Mispa gekom en by hom gewoon onder die volk wat in die land oorgebly het.

7 Toe al die owerstes van die leërs wat in die veld was, hulle en hulle manskappe, hoor dat die koning van Babel Gedálja, die seun van Ahíkam, oor die land aangestel het en dat hy aan hom manne en vroue en kinders toevertrou het, en van die arm mense van die land, van die wat nie in ballingskap weggevoer is na Babel nie,

8 het hulle na Gedálja gekom in Mispa, naamlik Ismael, die seun van Netánja, en Jóhanan en Jónatan, die seuns van Karéag, en Serája, die seun van Tánhumet, en die seuns van Efai, die Netofatiet, en Jesánja, die seun van die Maägatiet, hulle en hulle manskappe.

9 En Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, het vir hulle en hulle manskappe gesweer en gesê: Wees nie bevrees om die Chaldeërs te dien nie; bly in die land en dien die koning van Babel; dan sal dit goed met julle gaan.

10 En ek self, kyk, ek woon in Mispa om voor die Chaldeërs te staan wat na ons sal kom. Samel julle dan wyn en somervrugte en olie in en gooi dit in julle bakke, en woon in julle stede wat julle in besit kan neem.

11 En ook al die Jode wat in Moab en onder die kinders van Ammon en in Edom en wat in al die lande was, het gehoor dat die koning van Babel vir Juda 'n oorblyfsel nagelaat het; en dat hy Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, oor hulle aangestel het;

12 daarom het al die Jode teruggekom uit al die plekke waarheen hulle verdryf was, en in die land Juda na Gedálja gekom, in Mispa; en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte ingesamel.

13 Maar Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat in die veld was, het na Gedálja gekom in Mispa

14 en vir hom gesê: Weet u wel dat Báälis, die koning van die kinders van Ammon, Ismael, die seun van Netánja, gestuur het om u dood te slaan? Maar Gedálja, die seun van Ahíkam, het hulle nie geglo nie.

15 Toe het Jóhanan, die seun van Karéag, in die geheim met Gedálja in Mispa gespreek en gesê: Laat my tog gaan en Ismael, die seun van Netánja, verslaan sonder dat iemand dit weet. Waarom sou hy u doodslaan en die hele Juda wat by u versamel is, verstrooi word en die oorblyfsel van Juda tot niet gaan?

16 Maar Gedálja, die seun van Ahíkam, het vir Jóhanan, die seun van Karéag gesê: Doen hierdie ding nie, want jy spreek onwaarheid van Ismael.

1 Dette er det ord som kom til Jeremias fra Herren efterat Nebusaradan, høvdingen over livvakten, hadde løslatt ham fra Rama, da han hentet ham mens han var bundet med lenker midt iblandt alle de fanger fra Jerusalem og Juda som blev bortført til Babel. 2 Høvdingen over livvakten hentet Jeremias og sa til ham: Herren din Gud har forkynt denne ulykke mot dette sted. 3 Og Herren lot det komme og gjorde som han hadde talt; for I hadde syndet mot Herren og ikke hørt hans røst, og hendte dette eder. 4 Og se, nu har jeg idag løst dig av lenkene om din hånd. Er det godt i dine øine å komme med mig til Babel, kom, og jeg vil la mitt øie våke over dig. Men er det ikke godt i dine øine å komme med mig til Babel, la det være! Se, hele landet ligger for dig; hvor det er godt og rett i dine øine å , dit kan du . 5 Og da han ennu ikke vendte sig til nogen kant, sa han: vend tilbake til Gedalja, sønn av Akikam, Safans sønn, som Babels konge har satt over Judas byer, og bli hos ham midt iblandt folket, eller hvor som helst det er rett i dine øine å ! Og høvdingen over livvakten gav ham mat og gaver og lot ham fare. 6 Og Jeremias kom til Gedalja, Akikams sønn, i Mispa, og han blev hos ham midt iblandt folket, blandt dem som var blitt tilbake i landet.

7 Og da alle hærførerne, som var ute landsbygden, de og deres menn, hørte at Babels konge hadde satt Gedalja, Akikams sønn, til å styre landet, og at han hadde overgitt til hans opsyn menn og kvinner og små barn og dem av almuen i landet som ikke var blitt bortført til Babel,

8 kom de til Gedalja i Mispa, både Ismael, Netanjas sønn, og Johanan og Tonatan, Kareahs sønner, og Seraja, Tanhumets sønn, og sønnene til Ofai fra Netofa og Jesanja, ma’katittens sønn, de og deres menn. 9 Og Gedalja, sønn av Akikam, Safans sønn, svor dem og deres menn en ed og sa: Frykt ikke for å tjene kaldeerne! Bli i landet og tjen Babels konge! skal det eder vel. 10 Se, jeg blir boende i Mispa for å ta imot de kaldeere som kommer til oss, men I skal samle vin og frukt og olje og legge det i eders kar, og I skal bli i eders byer, som I har tatt til eie. 11 Også alle de jøder som var i Moab og iblandt Ammons barn og i Edom, og de som var i alle andre land, hørte at Babels konge hadde latt en rest av folket bli tilbake i Juda, og at han hadde satt Gedalja, sønn av Akikam, Safans sønn, over dem. 12 Og alle disse jøder vendte tilbake fra alle de steder som de var drevet bort til, og kom til Juda land, til Gedalja i Mispa, og de samlet vin og frukt i stor mengde. 13 Men Johanan, Kareahs sønn, og alle hærførerne, som var ute landsbygden, kom til Gedalja i Mispa,

14 og de sa til ham: Vet du at Ba’lis, Ammons barns konge, har sendt Ismael, Netanjas sønn, for å slå dig ihjel? Men Gedalja, Akikams sønn, trodde dem ikke. 15 Og Johanan, Kareahs sønn, sa i lønndom til Gedalja i Mispa: La mig avsted og slå Ismael, Netanjas sønn, ihjel, uten at nogen får vite det! Hvorfor skal han slå dig ihjel, og hele Juda, som har samlet sig om dig, bli spredt, og den rest som er blitt tilbake av Juda, til grunne? 16 Men Gedalja, Akikams sønn, sa til Johanan, Kareahs sønn: Gjør ikke det; for det er løgn det du sier om Ismael.

Veja também