Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Crônicas 12

SYNOD

Helde van Dawid wat na hom gekom het toe hy deur Saul vervolg is.

1 EN dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog uit die teenwoordigheid van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die helde wat gehelp het in die oorlog,

2 gewapend met die boog, wat regter- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin:

3 Ahiëser, die hoof, en Joas, seuns van Semáä, die Gibeatiet; en Jésiël en Pelet, seuns van Asmáwet; en Béraga en Jehu, uit Ánatot;

4 en Jismája, die Gibeoniet, 'n held onder die dertig en hoof oor die dertig; en Jeremia en Jahásiël en Jóhanan en Jósabad, uit Gedéra;

5 Elehúsai en Jérimot en Beálja en Semárja en Sefátja, uit Harif;

6 Élkana en Jissía en Asáreël en Joëser en Jasóbeam, die Koragiete;

7 en Joëla en Sebádja, die seuns van Jeróham, uit Gedor.

8 Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge:

9 Eser, die hoof, Obádja, die tweede, Elíab, die derde;

10 Masmánna, die vierde, Jeremia, die vyfde;

11 Áttai, die sesde, Éliël, die sewende;

12 Jóhanan, die agtste, Élsabad, die negende;

13 Jeremia, die tiende, Magbánnai, die elfde.

14 Hulle was uit die seuns van Gad, hoofde oor die leër; een teen honderd, die kleinste; en die grootste, een teen duisend.

15 Dit is hulle wat deur die Jordaan gegaan het in die eerste maand terwyl hy vol was oor al sy walle; en hulle het al die bewoners van die laagtes verjaag teen die ooste en teen die weste.

16 En toe daar uit die seuns van Benjamin en Juda na die bergvesting na Dawid kom,

17 het Dawid uitgegaan hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my hande is nie mag die God van ons vaders dit dan sien en straf!

18 Toe het die Gees Amásai, die hoof van die dertig, vervul, en hy het gesê: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Ísai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende.

19 Ook uit Manasse het sommige oorgeloop na Dawid toe hy saam met die Filistyne gekom het om teen Saul te veg, maar sonder om hulle te help; want met oorleg het die vorste van die Filistyne hom weggestuur en gesê: Ten koste van ons hoofde sal hy na sy heer Saul toe oorloop.

20 Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en Jósabad en Jedíael en Mígael en Jósabad en Elíhu en Sílletai, hoofde van die geslagte van Manasse.

21 En hulle het Dawid gehelp teen die bende, want hulle was almal dapper helde en owerstes in die leër.

22 Want dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër was soos 'n leër van God.

Krygsowerstes uit die twaalf stamme wat na Hebron gekom het om Dawid koning te maak.

23 EN dít is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van die Here.

24 Die seuns van Juda wat skild en spies gedra het, was sesduisend-agthonderd, gewapend vir oorlog;

25 van die seuns van Símeon, dapper helde vir krygsdiens, seweduisend-eenhonderd;

26 van die seuns van Levi, vierduisend-seshonderd;

27 en Jehójada, die bevelhebber van die Aäroniete, en saam met hom drieduisend-sewehonderd;

28 en Sadok, 'n jongman, 'n dapper held, met sy familie: twee-en-twintig owerstes;

29 en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drieduisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly;

30 en van die seuns van Efraim, twintigduisend-agthonderd, dapper helde, manne van naam in hulle families;

31 en van die halwe stam van Manasse agttienduisend wat met hulle naam aangewys was om Dawid koning te gaan maak;

32 en van die seuns van Íssaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was tweehonderd, en al hulle broers onder hulle bevel;

33 van Sébulon wat op kommando moet uittrek, toegerus vir oorlog met allerhande krygswapens, vyftigduisend aaneengesluit, en nie met 'n dubbele hart nie;

34 en van Náftali duisend owerstes, en saam met hulle sewen-en-dertigduisend met skild en spies;

35 en van die Daniete, toegerus vir oorlog, agt-en-twintigduisend-seshonderd;

36 en van Aser wat op kommando moet uittrek om hulle in slagorde op te stel, veertigduisend;

37 en van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, honderd-en-twintigduisend met allerhande wapens vir krygsdiens.

38 Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met 'n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die orige Israeliete was een van hart om Dawid koning te maak.

39 En hulle het daar saam met Dawid drie dae lank geëet en gedrink, want hulle broers het dit vir hulle berei.

40 En selfs hulle nabestaandes tot by Íssaskar en Sébulon en Náftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in Israel.

1 Глава 12. [1]1 Цар 27:6. И сии также пришли к Давиду в Секелаг, когда он еще укрывался от Саула, сына Кисова, и были из храбрых, помогавших в сражении. 2 [2]Суд 20:16. Вооруженные луком, правою и левою рукою бросавшие каменья и стрелявшие стрелами из лука, из братьев Саула, от Вениамина: 3 главный Ахиезер, за ним Иоас, сыновья Шемаи, из Гивы; Иезиел и Фелет, сыновья Азмавефа; Бераха и Иегу из Анафофа; 4 Ишмаия Гаваонитянин, храбрый из тридцати и начальствовавший над тридцатью; Иеремия, Иахазиил, Иоханан и Иозавад из Гедеры. 5 Елузай, Иеримоф, Веалия, Шемария, Сафатия Харифиянин; 6 Елкана, Ишшияху, Азариил, Иоезер и Иошавам, Кореяне; 7 и Иоела и Зевадия, сыновья Иерохама, из Гедора.

8 [8]1 Цар 23:14.2 Цар 2:18. И из Гадитян перешли к Давиду в укрепление, в пустыню, люди мужественные, воинственные, вооруженные щитом и копьем; лица львиные лица их, и они быстры как серны на горах. 9 Главный Езер, второй Овадия, третий Елиав, 10 четвертый Мишманна, пятый Иеремия, 11 шестой Афай, седьмой Елиел, 12 восьмой Иоханан, девятый Елзавад, 13 десятый Иеремия, одиннадцатый Махбанай. 14 Они из сыновей Гадовых были главами в войске: меньший над сотнею, и больший над тысячею. 15 [15]Нав 3:15.Сир 24:28. Они-то перешли Иордан в первый месяц, когда он выступает из берегов своих, и разогнали всех живших в долинах к востоку и западу.

16 Пришли также и из сыновей Вениаминовых и Иудиных в укрепление к Давиду. 17 Давид вышел навстречу им и сказал им: если с миром пришли вы ко мне, чтобы помогать мне, то да будет у меня с вами одно сердце; а если для того, чтобы коварно предать меня врагам моим, тогда как нет порока на руках моих, то да видит Бог отцов наших и рассудит. 18 [18]Суд 6:34. И объял дух Амасая, главу тридцати, и сказал он: мир тебе Давид, и с тобою, сын Иессеев; мир тебе, и мир помощникам твоим; ибо помогает тебе Бог твой. Тогда принял их Давид и поставил их во главе войска.

19 [19]1 Цар 29:4. И из колена Манассиина перешли некоторые к Давиду, когда он шел с Филистимлянами на войну против Саула, но не помогал им, потому что предводители Филистимские, посоветовавшись, отослали его, говоря: на нашу голову он перейдет к господину своему Саулу. 20 Когда он возвращался в Секелаг, тогда перешли к нему из Манассиян: Аднах, Иозавад, Иедиаел, Михаил, Иозавад, Елигу и Цилльфай, тысяченачальники у Манассиян. 21 [21]1 Цар 27:8. И они помогали Давиду против полчищ, ибо все это были люди храбрые и были начальниками в войске. 22 Так с каждым днем приходили к Давиду на помощь до того, что его ополчение стало велико, как ополчение Божие.

23 [23]1 Цар 16:12.2 Цар 5:1.1 Пар 11:3. Вот число главных в войске, которые пришли к Давиду в Хеврон, чтобы передать ему царство Саулово, по слову Господню: 24 сыновей Иудиных, носящих щит и копье, было шесть тысяч восемьсот готовых к войне; 25 из сыновей Симеоновых, людей храбрых, в войске было семь тысяч и сто; 26 из сыновей Левииных четыре тысячи шестьсот; 27 и Иоддай, князь от племени Аарона, и с ним три тысячи семьсот; 28 [28]2 Цар 8:17;15:24. и Садок, мужественный юноша, и род его, двадцать два начальника; 29 [29]2 Цар 3:6. из сыновей Вениаминовых, братьев Сауловых, три тысячи, но еще многие из них держались дома Саулова; 30 из сыновей Ефремовых двадцать тысяч восемьсот людей мужественных, людей именитых в родах своих; 31 из полуколена Манассиина восемнадцать тысяч, которые вызваны были поименно, чтобы пойти воцарить Давида; 32 из сынов Иссахаровых пришли люди разумные, которые знали, что́ когда надлежало делать Израилю, их было двести главных, и все братья их следовали слову их; 33 из колена Завулонова готовых к сражению, вооруженных всякими военными оружиями, пятьдесят тысяч, в строю, единодушных; 34 из колена Неффалимова тысяча вождей и с ними тридцать семь тысяч с щитами и копьями; 35 из колена Данова готовых к войне двадцать восемь тысяч шестьсот; 36 от Асира воинов, готовых к сражению, сорок тысяч; 37 из-за Иордана, от колена Рувимова, Гадова и полуколена Манассиина, сто двадцать тысяч, со всяким воинским оружием.

38 Все эти воины, в строю, от полного сердца пришли в Хеврон воцарить Давида над всем Израилем. Да и все прочие Израильтяне были единодушны, чтобы воцарить Давида. 39 И пробыли там у Давида три дня, ели и пили, потому что братья их всё приготовили для них; 40 да и близкие к ним, даже до колена Иссахарова, Завулонова и Неффалимова, привозили все съестное на ослах, и верблюдах, и мулах, и волах: муку, смоквы, и изюм, и вино, и елей, и крупного и мелкого скота множество, так как радость была для Израиля.

Veja também