Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Crônicas 26

SYNOD

Verdeling van die tempelwagters.

1 WAT die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Korē, van die seuns van Ébjasaf.

2 En Meselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde,

3 Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.

4 Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde,

5 Ámmiël die sesde, Íssaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.

6 Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.

7 Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja.

8 Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee-en-sestig van Obed-Edom.

9 Meselémja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien.

10 En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.

11 Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.

12 Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die Here.

13 En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.

14 En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat 'n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;

15 op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;

16 op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag.

17 Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.

18 By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.

19 Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.

Skatbewaarders.

20 EN die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:

21 die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die familiehoofde van Láedan, die Gersoniet: Jehiëli;

22 die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van die Here.

23 Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref,

24 Sébuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte.

25 En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Rehábja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot.

26 Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het

27 van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die Here daarmee uit te rus

28 ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.

Leviete wat benoem is as opsigters en regters.

29 VAN die Jishariete was Kenánja en sy seuns opsigters en regters oor Israel vir die uitwendige sake;

30 van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend-sewehonderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die Here en vir die diens van die koning.

31 Van die Hebroniete was Jería die hoof daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, 'n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind in Jaéser in Gílead

32 en sy broers, dapper manne, tweeduisend-sewehonderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van God en enige saak van die koning.

1 Глава 26. [1]Пс 41:1. Вот распределение привратников: из Кореян: Мешелемия, сын Корея, из сыновей Асафовых. 2 Сыновья Мешелемии: первенец Захария, второй Иедиаил, третий Зевадия, четвертый Иафниил, 3 пятый Елам, шестой Иегоханан, седьмой Елиегоэнай. 4 Сыновья Овед-Едома: первенец Шемаия, второй Иегозавад, третий Иоах, четвертый Сахар, пятый Нафанаил, 5 шестой Аммиил, седьмой Иссахар, восьмой Пеульфай, потому что Бог благословил его. 6 У сына его Шемаии родились также сыновья, начальствовавшие в своем роде, потому что они были люди сильные. 7 Сыновья Шемаии: Офни, Рефаил, Овед и Елзавад, братья его, люди сильные, Елия и Семахия [и Иеваком]. 8 Все они из сыновей Овед-Едома; они и сыновья их, и братья их были люди прилежные и к службе способные: их было у Овед-Едома шестьдесят два. 9 У Мешелемии сыновей и братьев, людей способных, было восемнадцать. 10 У Хосы, из сыновей Мерариных, сыновья: Шимри главный, хотя он не был первенцем, но отец его поставил его главным; 11 второй Хелкия, третий Тевалия, четвертый Захария; всех сыновей и братьев у Хосы было тринадцать. 12 Вот распределение привратников по главам семейств, способных на службу вместе с братьями их, для служения в доме Господнем. 13 [13]1 Пар 24:31. И бросили они жребии, как малый, так и большой, по своим семействам, на каждые ворота. 14 И выпал жребий на восток Шелемии; и Захарии, сыну его, умному советнику, бросили жребий, и вышел ему жребий на север; 15 Овед-Едому на юг, а сыновьям его при кладовых. 16 Шупиму и Хосе на запад, у ворот Шаллехет, где дорога поднимается и где стража против стражи. 17 К востоку по шести левитов, к северу по четыре, к югу по четыре, а у кладовых по два. 18 К западу у притвора на дороге по четыре, а у самого притвора по два. 19 Вот распределение привратников из сыновей Кореевых и сыновей Мерариных.

20 [20]3 Цар 7:51. Левиты же, братья их, смотрели за сокровищами дома Божия и за сокровищницами посвященных вещей. 21 [21]1 Пар 23:8. Сыновья Лаедана, сына Герсонова от Лаедана, гла́вы семейств от Лаедана Герсонского: Иехиел. 22 Сыновья Иехиела: Зефам и Иоиль, брат его, смотрели за сокровищами дома Господня, 23 вместе с потомками Амрама, Ицгара, Хеврона, Озиила. 24 [24]1 Пар 23:16. Шевуил, сын Гирсона, сына Моисеева, был главным смотрителем за сокровищницами. 25 У брата его Елиезера сын Рехавия, у него сын Исаия, у него сын Иорам, у него сын Зихрий, у него сын Шеломиф. 26 [26]3 Цар 7:51. Шеломиф и братья его смотрели за всеми сокровищницами посвященных вещей, которые посвятил царь Давид и главы семейств и тысяченачальники, стоначальники и предводители войска. 27 [27]Чис 31:28. Из завоеваний и из добыч они посвящали на поддержание дома Господня. 28 [28]1 Цар 9:9.1 Пар 9:22. И все, что посвятил Самуил пророк, и Саул, сын Киса, и Авенир, сын Нира, и Иоав, сын Саруи, все посвященное было на руках у Шеломифа и братьев его.

29 Из племени Ицгарова: Хенания и сыновья его определены на внешнее служение у Израильтян, писцами и судьями. 30 Из племени Хевронова: Хашавия и братья его, люди мужественные, тысяча семьсот, имели надзор над Израилем по эту сторону Иордана к западу, по всяким делам служения Господня и по службе царской. 31 [31]1 Пар 23:19. У племени Хевронова Иерия был главою Хевронян, в их родах, в поколениях. В сороковой год царствования Давида они исчислены, и найдены между ними люди мужественные в Иазере Галаадском. 32 И братья его, люди способные, две тысячи семьсот, были главы семейств. Их поставил царь Давид над коленом Рувимовым и Гадовым и полуколеном Манассииным, по всем делам Божиим и делам царя.

Veja também